HANDELINGE 5

1 MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ’n eiendom verkoop,

2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ’n sekere deel gebring enaan die voete van die apostels neergelê.

3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom hetdie Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.

5 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe;en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.

6 Daarna het die jongmanne opgestaanen hom toegedraai en uitgedra en begrawe.

7 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.

8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.

9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.

10 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.

11 En ’n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.

12 Endeur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almaleendragtig saam indie pilaargang van Salomo.

13 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maardie volk het hulle baie geëer.

14 En daar is meer en meer gelowiges in die Herebygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,

15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit netsy skaduwee op iemand van hulle sou val.

16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.

Die apostels word uit die gevangenis verlos en weer deur die Raad ondervra.

17 ENdie hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was — dit is die party van die Sadduseërs — en hulle was met nydigheid vervul,

18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.

19 Maar’n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:

20 Gaan heen, staan en vertelin die tempel aan die volk aldie woorde van hierdie lewe.

21 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom endie Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.

22 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:

23 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.

24 En toe die hoëpriester endie hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.

25 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.

26 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie,uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.

27 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:

28 Hetons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; enjulle wil diebloed van hierdie Man op ons bring.

29 En Petrus en die apostels antwoord en sê:Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.

30 Die God van ons vadershet Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang.

31 Hom het God asLeidsman enVerlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israelbekering envergifnis van sondes te skenk.

32 Enons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Geeswat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

33 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.

34 Maar ’n Fariseër met die naam vanGamáliël,’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ’n bietjie buitentoe moes bring.

35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;

36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.

37 En ná hom het Judas, die Galiléër, opgestaan, in die dae vandie inskrywing, en ’n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.

38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;

39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfsteen God stry nie.

40 En hulle het na hom geluister. En nadat hulledie apostels ingeroep het, het hullehul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.

41 Hulle het toe van die Raad af weggegaan,bly dat hullewaardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.

42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel envan huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × one =