ROMEINE 16

Aanbevelinge, groete, wense.

1 EK beveel by julle aan ons suster Fébé, wat ’n dienares is van die gemeente inKenchréë,

2 dat jullehaar ontvang in die Here, soos ditdie heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ’n beskermster enook vir my.

3 GroetPriscílla en Áquila, my medewerkers in Christus Jesus,

4 wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.

5 Groetookdie gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat dieeersteling van Acháje is vir Christus.

6 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.

7 Groet Andronícus en Júnias,my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels enreeds voor my in Christus gewees het.

8 Groet Ámplias, my geliefde in die Here.

9 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

10 Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.

11 Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.

12 Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.

13 GroetRufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.

14 Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.

15 Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en aldie heiliges wat saam met hulle is.

16 Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wattweedrag enaanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, envermy hulle.

18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maarhulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.

19 Wantjulle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat jullewys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.

20 Endie God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

21 Timótheüs, my medewerker, groet julle, enLúcius enJason enSosípater, my stamgenote.

22 Ek, Tértius,wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.

23 Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle.Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.

24 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

25 Aan Hom dan wat magtig isom julle te versterkvolgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus,ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheidwat eeue lank verswyg is,

26 maar nougeopenbaar is endeur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof —

27 aandie alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 + 3 =