HANDELINGE 4

Petrus en Johannes voor die Joodse Raad.

1 EN terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en dieSadduseërs op hulle afgekom,

2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesusdie opstanding uit die dode verkondig.

3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.

4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne hetomtrent vyfduisend geword.

5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,

6 ookAnnas, die hoëpriester, enKájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?

8 Daarop sê Petrus,vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9 as ons vandag ondervra word oor ’n weldaad aan ’n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel datdeur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar watGod uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11 Hy isdie steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het.

12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien enverstaan dat hulle ongeleerde eneenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14 En omdat hulle die man wat genees was,by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

16 en gesê:Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ’n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, isduidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.

18 En hullehet hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle:Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.

21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulleter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oorwat gebeur het.

22 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.

23 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.

24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot Godverhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het:Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?

26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.

27 Want waarlik,Herodes enPontius Pilatus het saam metheidene endie volke van Israel vergader teenu heilige Kind Jesuswat U gesalf het,

28 om alles te doen wat u hand en u raadvooruit bepaal het om plaas te vind.

29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wondersdeur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

31 En toe hulle gebid het,is die plek geskud waar hulle saam was, enhulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Vrywillige gemeenskap van goedere by die eerste Christene. Ananías en Saffíra.

32 EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maarhulle het alles in gemeenskap gehad.

33 En met groot krag het die apostelsgetuienis gegee vandie opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.

34 Want niemand onder hulle was behoeftig nie;want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

35 Enaan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.

36 En Joses wie se bynaam onder die apostelsBárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — ’n Leviet, van geboorte uit Ciprus,

37 het ’n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × three =