II KORINTHIËRS 13

1 DIT isdie derde keer dat ek na julle toe kom.In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

2 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom,ek nie sal spaar nie,

3 aangesien julle ’n bewys soek van Christus wat in my spreek, enHy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.

4 Wantal is Hy gekruisig uit swakheid,lewe Hy tog uit die krag van God.Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.

5 Ondersoek julself of julle in die geloof is;stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself datJesus Christus in julle is nie — as julle ten minste nieverwerplik is nie!

6 Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons nie verwerplik is nie.

7 Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie — nie datons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.

8 Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.

9 Want ons is blyas ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om jullevolmaking.

10 Daarom skryf ek dit in my afwesigheidom nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.

11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan;wees eensgesind;hou vrede, en die God van liefde envrede sal met julle wees.

12 Groet mekaar met ’n heilige kus.Al die heiliges groet julle.

13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God endie gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

I KORINTHIËRS 1

Opskrif, seëngroet en danksegginge.

1 PAULUS,’n geroepe apostel van Jesus Christusdeur die wil van God, en die broederSósthenes,

2 aan die gemeente van God wat inKorinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus,die geroepeheiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onseHere:

3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,

5 dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, inelke woord en allekennis;

6 soosdie getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,

7 sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie,terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,

8 wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, omin die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.

9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot diegemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

Die onenighede in die gemeente van Korinthe.

10 MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus,om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

11 Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.

12 Ek bedoel dit,dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek vanApollos, en ek vanCéfas, en ek van Christus.

13 Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of isjulle in die naam van Paulus gedoop?

14 Ek dank God datek niemand van julle gedoop het nie, behalweCrispus enGajus,

15 sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.

16 Ek het ook nog die huisgesin vanStéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.

Die wysheid van God en die wysheid van die wêreld.

17 WANT Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig,nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

18 Want die woord van die kruis is weldwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir onswat gered word, is ditdie krag van God;

19 want daar is geskrywe:Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheidvan hierdie wêrelddwaas gemaak nie?

21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;

22 wantdie Jode vra ’n teken en die Grieke soek wysheid,

23 maarons verkondig Christus wat gekruisig is,’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;

24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus,die krag van God endie wysheid van God.

25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.

26 Want let op julleroeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie,nie baie magtiges, nie baie edeles nie;

27 maarwat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, enwat niks is nie, omwat iets is, tot niet te maak,

29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword hetwysheid uit God engeregtigheid enheiligmaking enverlossing.

31 Daarom, soos geskrywe is:Die wat roem, moet in die Here roem.

I KORINTHIËRS 2

Die aard van Paulus se prediking in Korinthe.

1 EN toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julledie getuienis van God kom verkondigmet voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,

2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nieas Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

3 Ek was ook by jullein swakheid en in vrees en in veel bewing;

4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maarin die betoning van gees en krag,

5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maarin die krag van God.

6 Tog spreek ons wysheid onderdie volwassenes, maar ’n wysheid nie van hierdie wêreld,of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.

7 Maar ons spreek die wysheid van God,wat bestaanin verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,

8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie — wantas hulle dit geken het, sou hulledie Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie —

9 maar soos geskrywe is:Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat Godberei het vir die wat Hom liefhet.

10 Maar God het dit aan onsdeur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

11 Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwedie Gees van God.

12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

13 Daarvan spreek ons ook,nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat onsgeestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maardie natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;want dit is vir hom dwaasheid, enhy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maarons het die sin van Christus.

I KORINTHIËRS 3

Die vleeslike gesindheid ’n oorsaak van verdeeldheid.

1 EN ek, broeders, kon met julle nie spreek soos metgeestelike mense nie, maar soos metvleeslike, soos metklein kinders in Christus.

2 Ek het julle metmelk gevoed, nie met vaste spys nie,want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid entwis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

4 Wantas die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek vanApollos — is julle nie vleeslik nie?

5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos andersas dienaars deur wie julle gelowig geword het? Endit soos die Here aan elkeen gegee het.

6 Ek het geplant,Apollos het natgemaak,maar God het laat groei.

7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maarelkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.

Die gelowiges ’n gebou van God; Christus die fondament van die gebou.

9 WANTons is medewerkers van God; die akker van God,die gebou van God is julle.

10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

11 Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie,dit is Jesus Christus.

12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —

13 elkeen se werk sal aan die lig kom, wantdie dag sal dit aanwys, omdat ditdeur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15 as iemand se werk verbrand word,sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16 Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is endie Gees van God in julle woon nie?

17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18 Laat niemand homself mislei nie:as iemand meen dat hy wys is onder julle inhierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

19 wantdie wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe:Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

20 en verder:Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

21 Laat niemand dan op mense roem nie, wantalles behoort aan julle;

22 of dit Paulus is ofApollos ofCéfas of die wêreld of lewe of dood ofteenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;

23 maarjulle behoort aan Christus, en Christus aan God.

I KORINTHIËRS 4

Die dienaars van Christus en die bedienaars van die verborgenhede van God.

1 SO moet ons dan beskou word asdienaars van Christus enbedienaars van dieverborgenhede van God.

2 En verder word van die bedienaars vereis dat hullegetrou bevind moet word.

3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ’n menslike regbankbeoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,

4 wantek is my van geen ding bewus nie.Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.

5 Daarommoet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Die hoogmoed van die Korinthiërs: nederigheid en gesag van die apostels.

6 HIERDIE dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodatjulle nie die een ter wille van die anderopgeblase sou wees teen ’n derde nie.

7 Want wie trek jou voor? Enwat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?

8 Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!

9 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ’n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.

10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus.Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.

11 Tot op hierdie uur ly onshonger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,

12 enswoeg ons deur met ons eie hande te werk.Word ons uitgeskel, ons seën;word ons vervolg, ons verdra dit;

13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

14 Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maarek vermaan julle as my geliefde kinders.

15 Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; wantin Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

16 Ek vermaan julle dan,word my navolgers.

17 Daarom het ekTimótheüs,wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus,soos ek oral in elke gemeente leer.

18 Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie;

19 togsal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;

20 want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

21 Wat wil julle hê?Moet ek met die roede na julle kom of met liefde en in die gees van sagmoedigheid?

I KORINTHIËRS 5

Die sedeloosheid van die Korinthiese gemeente. Bestraffinge en vermaninge.

1 ’nMENS hoor waarlik vanhoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie:dat iemand die vrou van sy vader het.

2 En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

3 Want wat my betref, het ek,liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,

4 in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saammet die krag van onse Here Jesus Christus —

5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan wordin die dag van die Here Jesus.

6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?

7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — wantook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie —

10 dit wil sê,nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, wantdan sou julle uit die wêreld moet uitgaan —

11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan metiemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

12 Want waarom sou ek ookdie wat buite is, oordeel? Oordeel julle niedie wat binne is nie?

13 Maar die wat buite is, oordeel God.Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

I KORINTHIËRS 6

Berisping oor geskille tussen broeders.

1 DURF iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges ennie voor die heiliges nie?

2 Weet julle nie datdie heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

3 Weet julle nie dat onsengele sal oordeel nie, hoeveel te meerdie alledaagse dinge?

4 As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

6 Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?

7 Dan is dit al werklik ’n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het.Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

8 Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.

9 Of weet julle nie dat die onregverdigesdie koninkryk van God nie sal beërwe nie?

10 Moenie dwaal nie! Geenhoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

11 Endit was sommige van julle; maarjulle het jul laat afwas, maarjulle is geheilig, maarjulle is geregverdigin die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Ons liggame is die lede van Christus.

12 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

13 Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maarvir die Here; endie Here vir die liggaam.

14 EnGod het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.

15 Weet julle niedat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ’n hoer maak? Nee, stellig nie!

16 Of weet julle nie dat hy wat ’n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Wantdie twee, sê Hy, sal een vlees wees.

17 Maarwie die Here aanhang, is een gees met Hom.

18 Vlugvir die hoerery. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryfsondig teen sy eie liggaam.

19 Of weet julle nie datjulle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en datjulle nie aan julself behoort nie?

20 Wantjulle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

I KORINTHIËRS 7

Antwoord op die vrae van die Korinthiërs oor die huwelik.

1 MET betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het —dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie.

2 Maar vanweëdie hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

3 Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.

4 Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ’n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

6 Maar dit sê ek by wyse van toelating, nieby wyse van gebod nie.

7 Want ek wens dat alle mensesoos ek was; maarelkeen het sy eie genadegawe van God,die een so en die ander weer anders.

8 Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek,dit is vir hulle goed as hulle blysoos ek;

9 maaras hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as omvan begeertete brand.

10 En aan die getroudes beveel ek —nie ek nie, maar die Here —dat die vrou nie van die man moet skei nie;

11 en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

12 Maarvir die ander sê ek —nie die Here nie — as enige broeder ’n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;

13 en as ’n vrou ’n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.

14 Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.

15 Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. MaarGod het ons tot vrede geroep.

16 Wanthoe weet jy, vrou, of jy dieman sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

17 Maarelkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. Enso bepaal ekin al die gemeentes.

18 Is iemand as ’n besnedene geroep — hy moet die besnydenis nie laat verander nie;is iemand as onbesnedene geroep — hy moet hom nie laat besny nie.

19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maardie onderhouding van die gebooie van God.

20 Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.

21 Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.

22 Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ’nvrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ’nslaaf van Christus.

23 Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.

24 Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.

25 In verband met die maagdehet ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening asiemand wat deur die barmhartigheid van die Herebetroubaar is.

26 Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood —dat dit goed is vir ’n mens om so te bly.

27 Is jy aan ’n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ’n vrou, moenie ’n vrou soek nie.

28 Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ’n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, enek wil julle spaar.

29 Maar dit sê ek, broeders,die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;

30 en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hullenie besit nie;

31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; wantdie gedaante van hierdie wêreld gaan verby.

32 Enek wil hê dat julle onbesorg moet wees.Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,

33 maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.

34 Daar isookonderskeid tussen ’n vrou en ’n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.

35 Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ’n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.

36 Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.

37 Maar hy wat in sy hartvasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.

38 Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.

39 ’nVrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar netin die Here.

40 Sy is egter gelukkiger as sy so bly,volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.

I KORINTHIËRS 8

Antwoord op die vrae van die Korinthiërs oor vleis wat aan die afgode geoffer is.

1 EN met betrekking totdie offervleis aan die afgode weet ons dat ons almalkennis het.Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.

2 As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ’n mens behoort te weet nie.

3 Maar as iemand God liefhet,dié word deur Hom geken.

4 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ’nafgod niks in die wêreld is nie, en datdaar geen ander God is nie, behalwe Een.

5 Wantal is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is — soos daar baie gode en baie here is —

6 tog is daar vir ons maar een God,die Vaderuit wie alles is, en ons tot Hom, eneen Here Jesus Christusdeur wie alles is, en ons deur Hom.

7 Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige,nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ’n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is,word besoedel.

8 Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.

9 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien’n struikelblok wordvir die wat swak is nie.

10 Want as iemand jouwat kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?

11 En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis?

12 Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.

13 Daarom,as voedsel my broeder laat struikel,sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.

I KORINTHIËRS 9

Vryheid en regte van die apostel.

1 IS ek nie ’n apostel nie? Is ek nie vry nie?Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie?Is julle nie my werk in die Here nie?

2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, wantjulle is die seël op my apostelskap in die Here.

3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít:

4 Het ons dan geen vryheidom te eet en te drink nie?

5 Het ons dan geen reg om’n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels endie broers van die Here enCéfas nie?

6 Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7 Wiedien ooit as soldaat op eie koste? Wieplant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8 Sê ek ditmiskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?

9 Want in die wet van Moses is geskrywe:’n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?

10 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja,want om ons ontwil is dit geskrywe, omdathy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.

11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ’n groot saak as ons julle stoflike goed maai?

12 As ander deel het aan die reg op jullediens,het ons nie nog meer nie?Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra allesom geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

13 Weet julle nie datdie wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

14 Sohet die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

Belangeloosheid en toewyding van die apostel. Die Christelike wedloper.

15 MAAR ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemandmy roem sou verydel.

16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

17 Want as ek dit vrywillig doen,het ek loon; maar as ek dit onwillig doen,is ’n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig,ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19 Want alhoewel ek van almalvry was, hetek my aan almal diensbaar gemaak om soveelvan hulleas moontlik te win.

20 Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.

21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet — al is ek nie sonder die wet van God nie, maaronder die wet van Christus — om die wat sonder die wet is, te win;

22 vir die swakkes het ek soos ’n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ’n deelgenoot daarvan kan word.

24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie?Hardloop só dat julle dit sekerlik kanbehaal.

25 En elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ’n verwelklikekrans te ontvang, maar ons ’nonverwelklike.

26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat niein die lug slaan nie.

27 Maar ek kasty my liggaam enmaak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het,self verwerplik sou wees nie.