I KORINTHIËRS 3

Die vleeslike gesindheid ’n oorsaak van verdeeldheid.

1 EN ek, broeders, kon met julle nie spreek soos metgeestelike mense nie, maar soos metvleeslike, soos metklein kinders in Christus.

2 Ek het julle metmelk gevoed, nie met vaste spys nie,want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid entwis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

4 Wantas die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek vanApollos — is julle nie vleeslik nie?

5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos andersas dienaars deur wie julle gelowig geword het? Endit soos die Here aan elkeen gegee het.

6 Ek het geplant,Apollos het natgemaak,maar God het laat groei.

7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maarelkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.

Die gelowiges ’n gebou van God; Christus die fondament van die gebou.

9 WANTons is medewerkers van God; die akker van God,die gebou van God is julle.

10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

11 Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie,dit is Jesus Christus.

12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —

13 elkeen se werk sal aan die lig kom, wantdie dag sal dit aanwys, omdat ditdeur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15 as iemand se werk verbrand word,sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16 Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is endie Gees van God in julle woon nie?

17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18 Laat niemand homself mislei nie:as iemand meen dat hy wys is onder julle inhierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

19 wantdie wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe:Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

20 en verder:Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

21 Laat niemand dan op mense roem nie, wantalles behoort aan julle;

22 of dit Paulus is ofApollos ofCéfas of die wêreld of lewe of dood ofteenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;

23 maarjulle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + 6 =