I KORINTHIËRS 6

Berisping oor geskille tussen broeders.

1 DURF iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges ennie voor die heiliges nie?

2 Weet julle nie datdie heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

3 Weet julle nie dat onsengele sal oordeel nie, hoeveel te meerdie alledaagse dinge?

4 As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

6 Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?

7 Dan is dit al werklik ’n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het.Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

8 Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.

9 Of weet julle nie dat die onregverdigesdie koninkryk van God nie sal beërwe nie?

10 Moenie dwaal nie! Geenhoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

11 Endit was sommige van julle; maarjulle het jul laat afwas, maarjulle is geheilig, maarjulle is geregverdigin die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Ons liggame is die lede van Christus.

12 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

13 Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maarvir die Here; endie Here vir die liggaam.

14 EnGod het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.

15 Weet julle niedat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ’n hoer maak? Nee, stellig nie!

16 Of weet julle nie dat hy wat ’n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Wantdie twee, sê Hy, sal een vlees wees.

17 Maarwie die Here aanhang, is een gees met Hom.

18 Vlugvir die hoerery. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryfsondig teen sy eie liggaam.

19 Of weet julle nie datjulle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en datjulle nie aan julself behoort nie?

20 Wantjulle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 5 =