I KORINTHIËRS 4

Die dienaars van Christus en die bedienaars van die verborgenhede van God.

1 SO moet ons dan beskou word asdienaars van Christus enbedienaars van dieverborgenhede van God.

2 En verder word van die bedienaars vereis dat hullegetrou bevind moet word.

3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ’n menslike regbankbeoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,

4 wantek is my van geen ding bewus nie.Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.

5 Daarommoet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Die hoogmoed van die Korinthiërs: nederigheid en gesag van die apostels.

6 HIERDIE dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodatjulle nie die een ter wille van die anderopgeblase sou wees teen ’n derde nie.

7 Want wie trek jou voor? Enwat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?

8 Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!

9 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ’n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.

10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus.Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.

11 Tot op hierdie uur ly onshonger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,

12 enswoeg ons deur met ons eie hande te werk.Word ons uitgeskel, ons seën;word ons vervolg, ons verdra dit;

13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

14 Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maarek vermaan julle as my geliefde kinders.

15 Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; wantin Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

16 Ek vermaan julle dan,word my navolgers.

17 Daarom het ekTimótheüs,wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus,soos ek oral in elke gemeente leer.

18 Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie;

19 togsal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;

20 want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

21 Wat wil julle hê?Moet ek met die roede na julle kom of met liefde en in die gees van sagmoedigheid?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + 9 =