EXODUS 2

Geboorte van Moses. Hy vlug na Mídian.

1 EN’n man uit die huis van Levi het gegaan en ’n dogter van Levi geneem.

2 En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar.En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.

3 Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom ’n mandjievan biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in dieriete aan die kant van die Nyl gesit.

4 Ensy suster het op ’n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.

5 En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ’n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal.

6 Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was ’n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.

7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u ’n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?

8 En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.

9 Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.

10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy hethaar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.

11 En in dié daetoe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulleharde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ’n Egiptiese man ’n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.

12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.

13 Die volgende daghet hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?

14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!

15 En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by’n put gesit.

16 En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.

17 Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle enlaat hulle vee drink.

18 En toe hulle by hul vaderRéhuel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou?

19 En hulle antwoord: ’n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.

20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.

21 En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogterSippóra gegee.

22 En toe sy ’n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling in ’n vreemde land geword.

23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel hetgesug en geweeklaag vanweë die slawerny. Enhulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.

24 En Godhet hulle gekerm gehoor, en God hetgedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en metJakob.

25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God hethullegeken.

EXODUS 3

Die roeping van Moses.

1 EN Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb.

2 Daarop verskyndie Engel van dieHereaan hom in ’n vuurvlam uit’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!

3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.

4 Toe dieHeresien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.

5 En Hy sê: Moenie nader kom nie.Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.

6 Verder sê Hy:Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, wanthy was bevrees om God aan te sien.

7 En dieHeresê:Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.

8 Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaarste verlos en hulle te laat optrek uit daardie landna ’n goeie en wye land, na ’n landwat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van dieKanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

9 En nou, kyk,die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.

10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.

11 Maar Moses het tot God gespreek:Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?

12 En Hy antwoord:Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het,sal julle op hierdie berg God dien.

13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? — wat moet ek hulle antwoord?

14 En God sê vir Moses:Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord:Ek ishet my na julle gestuur.

15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: DieHere,die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit ismy Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

16 Gaan heen enversamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: DieHere, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek hetterdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.

17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ’n land wat oorloop van melk en heuning.

18 Enhulle sal na jou luister. Dan moetjy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: DieHere, die God van die Hebreërs, het onsontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan dieHere, onse God, offer.

19 Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur ’n sterke hand nie.

20 En Ek sal my handuitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; endaarna sal hy julle laat trek.

21 EnEk sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie,

22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer — en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.

EXODUS 4

1 TOE antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: DieHerehet nie aan jou verskyn nie?

2 Daarop vra dieHerevir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ’n Staf.

3 En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ’n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.

4 Toe sê dieHerevir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ’n staf in sy hand geword —

5 sodat hulle kan glo datdieHere, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.

6 En dieHerehet verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats,soos sneeu!

7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek,was dit weer soos syandervlees!

8 En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo.

9 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan saldie water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.

10 Toe sê Moses aan dieHere: Ag, Here, ek is nie ’n man van woorde nie — van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; wantek is swaar van mond en swaar van tong.

11 En dieHereantwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, dieHere, nie?

12 Gaan dan nou heen, en Eksal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.

13 Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.

14 Toe ontvlam die toorn van dieHereteen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.

15 Jymoet dan met hom spreek endie woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.

16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ’n mond wees enjy vir hom ’n god wees.

17 Neem dan hierdiestaf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.

Moses gaan terug na Egipte.

18 TOE gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.

19 Ook het dieHerevir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte;want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.

20 Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ’n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ookdie staf van God in sy hand geneem.

21 En dieHeresê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. MaarÉk sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.

22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek dieHere: My eersgebore seun is Israel.

23 Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk,Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.

24 En op die pad in die herberg het dieHerehomteëgekom en wou hom doodmaak.

25 Toe neem Sippóra ’n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my ’n bloedbruidegom!

26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! — met die oog op die besnydenis.

27 DieHerehet ook aan Aäron gesê: Loop Mosestegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom bydie berg van God aangetref en hom gesoen.

28 Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van dieHerewaarmee Hy hom gestuur het, en al dietekens wat Hy hom beveel het.

29 En Moses en Aäronhet vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom;

30 en Aäron het al die woorde gespreek wat dieHereaan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.

31 En die volk hetgeglo. En toe hulle hoor dat dieHereop die kinders van Israelag gegee en hulle ellende aangesien het,het hulle in aanbidding neergebuig.

EXODUS 5

Moses en Aäron verskyn voor die koning van Egipte. Die volk klae oor die swaar werk.

1 EN daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek dieHere, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My ’nfees kan hou in die woestyn.

2 Maar Farao antwoord:Wie is dieHerena wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken dieHerenie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.

3 Toe sê hulle:Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan dieHereonse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.

4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop najulle werk toe.

5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?

6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:

7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.

8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!

9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.

10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.

11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.

12 Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.

13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.

14 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?

15 Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?

16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.

17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan dieHereoffer.

18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

19 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.

20 En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,

21 en het vir hulle gesê: Mag dieHereop julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle ’n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

God beloof verlossing.

22 TOE gaan Moses weer na dieHereen sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?

23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie.

24 Daarop het dieHereMoses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Wantdeur ’n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur ’n sterke hand gedwing,sal hy hulle uit sy land uitdrywe.

EXODUS 6

1 VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is dieHere.

2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God,die Almagtige, maar met my NaamHerehet Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

3 Ook het Ek my verbond met hulle opgerigom hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;

4 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.

5 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is dieHere, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julleverlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

6 en Ek sal julle as my volkaanneem envir julle ’n God wees. En julle sal erken dat Ek dieHerejulle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

7 En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek, dieHere.

8 Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

9 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

10 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.

11 Maar Moses het voor die aangesig van dieHeregespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luisterterwyl ek onbesnede van lippe is?

12 Daarop het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en hulle met ’n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.

Geslagsregister van Moses en Aäron.

13 DIT is die hoofde van hulle families.Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.

14 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.

15 En dit is die name vandie seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.

16 Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.

17 Endie seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

18 En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.

19 EnAmram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.

20 Endie seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

21 En die seuns van Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.

22 En Aäron het Eliséba, die dogter vanAmmínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar:Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

23 En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

24 En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en syhet vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

25 Dit is Aäron en Moses aan wie dieHeregesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulleleërskare.

26 Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.

Moses en die towenaars van Egipte.

27 DIE dag toe dieHeremet Moses gespreek het in Egipteland,

28 het dieHereMoses aangespreek met die woorde: Ek is dieHere. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

29 Toe sê Moses voor die aangesig van dieHere:Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

EXODUS 7

1 EN dieHerehet aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jouas ’n god vir Farao, en jou broer Aäron saljou profeet wees.

2 Jý moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.

3 En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egiptelandvermenigvuldig.

4 Maar Farao sal na julle nie luister nie; enEk sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.

5 Dansal die Egiptenaars weet dat Ek dieHereis, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.

6 Moses en Aäron het toe gedoen soos dieHerehulle beveel het; so het hulle gedoen.

7 En Moses wastagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.

8 En dieHerehet Moses en Aäron aangespreek met die woorde:

9 As Farao met julle spreek en sê: Doen tog ’n wonderteken vir julleself — dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit ’n slang word.

10 Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos dieHerehulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ’n slang geword.

11 Daarop laat Farao óók diewyse manne en dietowenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:

12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind.

13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos dieHeregespreek het.

Eerste plaag: die water word verander in bloed.

14 TOE sê dieHerevir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.

15 Gaan môre vroeg na Farao toe — kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem diestaf wat in ’n slang verander het, in jou hand,

16 en sê vir hom:DieHere, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk,u het tot nou toe nie geluister nie.

17 So spreek dieHere: Hieraan sal jy weet dat Ek dieHereis. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal inbloed verander word.

18 En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.

19 Verder het dieHeremet Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf ensteek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout — en in klipbakke.

20 Moses en Aäron het toe so gedoen soos dieHerebeveel het — hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al diewater in die Nyl is in bloed verander.

21 En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nylnie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.

22 Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie,soos dieHeregespreek het.

23 En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie.

24 Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.

25 So het dan sewe dae verbygegaan nadat dieHeredie Nyl geslaan het.

EXODUS 8

Tweede plaag: die paddas.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek dieHere: Laat my volk trek,dat hulle My kan dien.

2 En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied metpaddas teister,

3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en injou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.

4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.

5 Verder het dieHeremet Moses gespreek: Sê aan Aäron:Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.

6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar hetpaddas opgekom en Egipteland oordek.

7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.

8 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê:Bid tot dieHere, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan dieHerekan offer.

9 Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?

10 En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daarniemand is soos dieHereonse God nie.

11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.

12 Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot dieHeregeroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.

13 En dieHerehet gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.

14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.

15 En toe Farao sien dat daarverligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos dieHeregespreek het.

Derde plaag: muskiete.

16 VERDER het dieHeremet Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.

17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, endaar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.

18 Endie towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.

19 Toe sê die towenaars vir Farao:Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos dieHeregespreek het.

Vierde plaag: steekvlieë.

20 VERDER het dieHerevir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao — kyk, hy sal na die water toe uitgaan — en sê vir hom: So spreek dieHere: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

21 Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan.

22 MaarEk sal op dié dag met die land Gosen, waarin my volk woon, ’n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek dieHereis in die land.

23 En Ek sal ’n verlossing stel tussen my volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind.

24 En dieHerehet so gedoen:dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.

25 Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land.

26 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan dieHereonse God offer, is ’n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ’n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan niestenig nie?

27 Laat onsdrie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan dieHereonse God kan offer soos Hy ons sal beveel.

28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan dieHerejulle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie.Bid vir my.

29 En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot dieHerebid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao onsnet nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan dieHerete offer nie.

30 Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot dieHeregebid.

31 En dieHerehet gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.

32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.

EXODUS 9

Vyfde plaag: pes onder die vee.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek dieHere, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

2 Want as jy weier omhullete laat trek en hulle nog langer vashou,

3 kyk, dan sal die hand van dieHerewees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ’n baie swaar pes.

4 EndieHeresal ’n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.

5 En dieHerehet ’n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal dieHeredit doen in die land.

6 En dieHerehet dit die volgende dag gedoen:al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.

7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.

Sesde plaag: swere.

8 VERDER het dieHereaan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;

9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diereswere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.

10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.

11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

12 Maar dieHerehet Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos dieHereaan Moses gesê het.

Sewende plaag: hael.

13 VERDER het dieHereaan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek dieHere, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk,dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.

15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.

17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?

18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.

19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.

20 Hy wat dieHerese woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;

21 maar hy wat op dieHerese woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.

22 Toe sê dieHerevir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar salhael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.

23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en dieHerehetdonder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en dieHerehet hael op Egipteland laat reën.

24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ’n volk behoort het nie.

25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.

26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.

27 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê:Ek het dié keer sonde gedoen.DieHereis reg, maar ek en my volk het ongelyk.

28 Bid tot dieHere, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.

29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot dieHereuitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat dieaarde aan dieHerebehoort.

30 Maar wat u en u dienaars betref — ek weet dat julle nog nie ontsag het vir dieHereGod nie.

31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.

32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.

33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot dieHereuitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.

34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.

35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos dieHeredeur die diens van Moses gespreek het.

EXODUS 10

Agtste plaag: die sprinkane.

1 VERDER het dieHerevir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,

2 en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskindkan vertel watEk Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek dieHereis.

3 Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek dieHere, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

4 Want as jy weier om my volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môresprinkane in jou grondgebied,

5 en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat ’n mens die land nie sal kan sien nie. Enhulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.

6 En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees — soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.

7 Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons ’n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle dieHerehulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?

8 Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien dieHerejulle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan?

9 En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, wantons wil ’n fees vir dieHerehou.

10 Toe sê hy vir hulle: Mag dieHeresó met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, want julle het ’n verkeerde ding voor oë.

11 Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien dieHere, want dít het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.

12 Toe sê dieHerevir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.

13 En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en dieHerehet ’n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer:

14 diesprinkane het opgekom oor die hele Egipteland en in die hele gebied van Egipte gaan sit, ’n baie groot menigte —tevore was daar so ’n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie.

15 En hulle het die oppervlakte van die hele land bedek, sodat die land swart was; en hullehet al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het — daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie.

16 Toe het Farao gou vir Moses en Aäron laat roep en gesê:Ek het gesondig teen dieHerejulle God en teen julle.

17 Vergeef dan tog nou net dié keer my sonde, enbid tot dieHerejulle God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.

18 En hy het van Farao af weggegaan en tot dieHeregebid.

19 Daarop laat dieHeredie windomslaan in ’n baie sterk westewind; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.

20 Maar dieHerehet Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.

Negende plaag: duisternis.

21 VERDER het dieHerevir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ’n mens die duisternis kan gryp.

22 Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ’ndik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

23 Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

24 Toe het Farao Moses laat roep engesê: Gaan heen, dien dieHere; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs jullekinders kan met julle saamgaan.

25 Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan dieHereonse God kan aanbied.

26 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om dieHereonse God te dien. En ons weet nie waarmee ons dieHereonse God sal dien voordat ons daar kom nie.

27 Maar dieHerehet Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.

28 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.

29 En Moses antwoord: U het reg gepraat.Ek sal u aangesig nie weer sien nie.

EXODUS 11

Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes.

1 VERDER het dieHerevir Moses gesê:Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring.Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.

2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke manvan sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.

3 EndieHerehet aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.

4 Toe sê Moses: So het dieHeregespreek:Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;

5 dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavinagter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.

6 En daar sal ’n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.

7 Maar teen geeneen van die kinders van Israelsal ’n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat dieHere’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

8 Dansal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.

9 En dieHerehet vir Moses gesê:Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.

10 En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar dieHerehet Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.