EXODUS 11

Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes.

1 VERDER het dieHerevir Moses gesê:Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring.Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.

2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke manvan sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.

3 EndieHerehet aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.

4 Toe sê Moses: So het dieHeregespreek:Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;

5 dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavinagter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.

6 En daar sal ’n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.

7 Maar teen geeneen van die kinders van Israelsal ’n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat dieHere’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

8 Dansal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.

9 En dieHerehet vir Moses gesê:Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.

10 En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar dieHerehet Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × four =