EXODUS 6

1 VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is dieHere.

2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God,die Almagtige, maar met my NaamHerehet Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

3 Ook het Ek my verbond met hulle opgerigom hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;

4 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.

5 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is dieHere, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julleverlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

6 en Ek sal julle as my volkaanneem envir julle ’n God wees. En julle sal erken dat Ek dieHerejulle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

7 En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek, dieHere.

8 Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

9 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

10 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.

11 Maar Moses het voor die aangesig van dieHeregespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luisterterwyl ek onbesnede van lippe is?

12 Daarop het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en hulle met ’n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.

Geslagsregister van Moses en Aäron.

13 DIT is die hoofde van hulle families.Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.

14 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.

15 En dit is die name vandie seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.

16 Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.

17 Endie seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

18 En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.

19 EnAmram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.

20 Endie seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

21 En die seuns van Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.

22 En Aäron het Eliséba, die dogter vanAmmínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar:Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

23 En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

24 En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en syhet vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

25 Dit is Aäron en Moses aan wie dieHeregesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulleleërskare.

26 Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.

Moses en die towenaars van Egipte.

27 DIE dag toe dieHeremet Moses gespreek het in Egipteland,

28 het dieHereMoses aangespreek met die woorde: Ek is dieHere. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

29 Toe sê Moses voor die aangesig van dieHere:Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + seven =