NÚMERI 25

Die Israeliete bedryf hoerery en afgodery by Sittim.

1 TOE Israel inSittim gebly het, hetdie volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete —

2 diéhet die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.

3 Sohet Israel hom dan gekoppel aanBaäl-Peor, en die toorn van dieHerehet teen Israel ontvlam.

4 Toe sê dieHerevir Moses:Neem al die hoofde van die volk en hang dieoortredersop in die volle son vir dieHere,sodat die toorngloed van dieHerevan Israel afgewend kan word.

5 Daarop het Moses aandie rigters in Israel gesê:Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.

6 En daar het ’n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ’n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulleween by die ingang van die tent van samekoms.

7 Toe Pínehas,die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand geneem

8 en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna hetdie plaag onder die kinders van Israel opgehou.

9 Endie wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.

10 Toe het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

11 Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron,het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel inmy ywer nie verteer het nie.

12 Daarom spreek:Kyk, Ek sluit met hom my vredeverbond,

13 en dit sal vir hom en synageslag ná hom die verbond vanewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.

14 En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van ’n familie van die Simeoniete.

15 En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter vanSur. Hy was stamhoof van ’n familie in Mídian.

16 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

17 Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,

18 want hulle het julle as vyand behandel deur hulleliste wat hulle teen julle bedink het in die saak vanPeor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.

NÚMERI 26

Telling van die Israeliete wat geskik was vir oorlog.

1 EN ná die plaag het dieHeremet Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:

2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op,van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel.

3 En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreekin die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:

4 Laat hulle opneemvan twintig jaar oud en daarbo, soos dieHereMosesbeveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:

5 Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was:vanHenog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluïete;

6 van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.

7 Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes wasdrie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig.

8 En die seuns van Pallu was: Elíab;

9 en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, watgetwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen dieHeregetwis is.

10 En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot’n teken geword.

11 Maardie seuns van Korag het nie gesterf nie.

12 Die seuns vanSímeon volgens hulle geslagte: van Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete;

13 van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete.

14 Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee-en-twintigduisend-tweehonderd.

15 Die seuns vanGad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete;

16 van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete;

17 van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete.

18 Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd.

19 Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.

20 En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.

21 En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete.

22 Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd.

23 Die seuns van Íssaskar volgens hulle geslagte:vanTola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete;

24 van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete.

25 Dit is die geslagte van Íssaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd.

26 Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete.

27 Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd.

28 Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim.

29 Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete.

30 Dit is die seuns van Gílead:vanJeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete;

31 envanÁsriël die geslag van die Asriëliete; envanSegem die geslag van die Sigmiete;

32 envanSemída die geslag van die Semidaïete; envanHefer die geslag van die Hefriete.

33 Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.

34 Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd.

35 Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete.

36 En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete.

37 Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.

38 Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete;

39 van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.

40 En die seuns van Bela was: Ard en Naäman;van Arddie geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.

41 Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.

42 Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.

43 Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd.

44 Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaïete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriïete;

45 van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.

46 En die naam van die dogter van Aser was Serag.

47 Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

48 Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;

49 van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete.

50 Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.

51 Dit is die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.

52 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

53 Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name.

54 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elkestammoet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.

55 Nogtans moet die landdeur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.

56 Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.

57 En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.

58 Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.

59 En die naam van Amram se vrou wasJogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.

60 En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

61 EnNadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van dieHeregebring het.

62 En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat manlik was van ’n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie.

63 Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo.

64 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.

65 Want dieHerehet van hulle gesê:Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly niebuiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

NÚMERI 27

Wette oor erfdogters en die erfgename van iemand wat kinderloos sterwe.

1 DAARNA het nader gekom die dogters vanSelófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef — dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa —

2 en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê:

3 Ons vaderhet in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen dieHerevergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.

4 Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie?Gee ons ’n besitting onder die broers van ons vader.

5 Toebring Moses hulle regsaak voor die aangesig van dieHere.

6 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

7 Die dogters van Selófhad praat reg.Jy moet hulle sekerlik ’n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.

8 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.

9 En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee.

10 En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.

11 En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sybloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel’n regsinsetting wees, soos dieHereMoses beveel het.

Josua word aangewys as opvolger van Moses.

12 DAARNA het dieHereaan Moses gesê: Klim ophierdie gebergte Abárim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het.

13 En as jy dit gesien het,sal jy ook by jou volksgenote versamel word soos jou broer Aäron versamel is;

14 omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het,teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit isdie water van Mériba by Kades, in die woestyn Sin.

15 Toe het Moses met dieHeregespreek en gesê:

16 Laat dieHere,die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel

17 wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van dieHerenie mag weessoos skape wat geen wagter het nie.

18 Toe sê dieHereaan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ’n manin wie die Gees is; enlê hom die hand op,

19 en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, engee hom ’n opdrag voor hulle oë;

20 en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israelna homkan luister.

21 En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat diévir hom die beslissingvan die Urim kan vra voor die aangesig van dieHere; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.

22 En Moses het gedoen soos dieHerehom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,

23 en hy het hom die hande opgelê en hom ’n opdrag gegee soos dieHeredeur die diens van Moses gespreek het.

NÚMERI 28

Wette oor die daaglikse brandoffer met spys- en drankoffer.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer,my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

3 En jy moet vir hulle sê:Dit is die vuuroffer wat julle aan dieHeremoet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ’n voortdurende brandoffer.

4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

5 met’n tiende van ’n efa fynmeel asspysoffer, gemeng met’n kwart-hin uitgestampte olie.

6 Dit isdie voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

7 En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees ’n kwart-hin vir elke lam.In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan dieHereuitgiet.

8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei — ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

Wette oor die sabbat-offer en oor dié van die nuwemaan.

9 MAAR op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendesvan ’n efafynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

10 Dit isdie brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11 Enby die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer aan dieHerebring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

12 endrie-tiendesvan ’n efafynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

13 en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer, ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

14 En hulle drankoffers moet wees ’n half-hin wyn vir ’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15 Ook moeteen bokram as sondoffer aan dieHereberei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

Wette oor die groot feeste.

16 EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van dieHere.

17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

18 Op dieeerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan dieHerebring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers;sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendesvan ’n efavir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.

21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22 Daarbyeen bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23 Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir dieHereberei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort.

25 Enop die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

26 Enop die dag van die eerstelinge, as julle ’n nuwe spysoffer by jullefeesvan die weke aan dieHerebring, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

27 Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan dieHerebring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

30 een bokram om vir julle versoening te doen.

31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei —hulle moet vir julle sonder gebrek wees — en hulle drankoffers.

NÚMERI 29

1 EN in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie;dit moet vir julle ’n dag vantrompetgeklank wees.

2 Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur vir dieHereberei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

3 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendesvan ’n efavir die bul, twee-tiendes vir die ram,

4 en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

5 en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;

6 behalwedie brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, endie voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif — tot ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

7 Enop die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees, en jullemoet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.

8 Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan dieHerebring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers;sonder gebrek moet hulle vir julle wees;

9 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,

10 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

11 een bokram as sondoffer, behalwedie sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort — en hulle drankoffers.

12 Enop die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir dieHere’n fees vier.

13 Enjulle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan dieHerebring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;

14 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,

15 en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;

16 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

17 Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

18 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal,volgens die voorskrif;

19 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.

20 En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

21 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

22 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

23 Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

24 hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

25 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

26 En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

27 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

28 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

29 Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

30 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

31 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

32 En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

33 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;

34 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

35 Op die agtste dag moet daar vir julle’n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan dieHerebring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

37 hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

38 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

39 Dit moet julle tot eer van dieHereop jul feestye berei, behalwe jullegeloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.

40 En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos dieHereMoses beveel het.

NÚMERI 30

Wette oor die geloftes wat deur vroue gedoen is.

1 EN Moses het metdie stamhoofde van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat dieHerebeveel het:

2 As iemand aan dieHere’n gelofte doen of’n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moethandel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.

3 Maar as ’n vrou aan dieHere’n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,

4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.

5 Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en dieHeresal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.

6 Maar as sy trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het,

7 en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.

8 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en dieHeresal haar dit vergewe.

9 Maar die gelofte van ’n weduwee of van ’n vrou wat verstoot is — alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.

10 En as sy in die huis van haar man ’n gelofte doen of haarself met ’n eed verbind om haar te onthou,

11 en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.

12 Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en dieHeresal haar dit vergewe.

13 Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig — haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.

14 Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.

15 Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dandra hy haar ongeregtigheid.

16 Dit is die insettinge wat dieHereMoses beveel het tussen ’n man en sy vrou, tussen ’n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.

NÚMERI 31

Die Israeliete oorwin die Midianiete.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete;daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.

3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van dieHereaan Mídian te voltrek.

4 Duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.

5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalfduisend watvir die oorlog gewapen was.

6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe endie trompette by hom om alarm te blaas.

7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos dieHereMoses beveel het, enal die manlike persone gedood.

8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het:Ewi en Rekem enSur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulleBíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.

9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.

10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand

11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.

12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer,in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is.

13 En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,

14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.

15 En Moses het vir hulle gesê: Het julleal die vroue laat lewe?

16 Kyk, hulle was,deur die raad van Bíleam,vir die kinders van Israel ’n oorsaak van troubreuk teenoor dieHerein die saak vanPeor, sodat die plaag in die vergadering van dieHerewas.

17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ’n man gehad het.

18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.

19 En julle,slaan sewe dae lank ’n kamp op buitekant die laer; elkeen wat ’n mens gedood enelkeen wat aan ’n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dagontsondig, julle en jul gevangenes.

20 Ookmoet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.

21 En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat dieHereMoses beveel het.

22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —

23 elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet ditdeur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.

24 Julle moetook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.

25 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;

27 enverdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.

28 En hef ’n bydrae vir dieHerevan die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het —een uit elke vyfhonderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.

29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as ’n offergawe aan dieHere.

30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jyeen neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete geewat die diens by die tabernakel van dieHerewaarneem.

31 En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos dieHereMoses beveel het.

32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;

33 en twee-en-sewentigduisend beeste;

34 en een-en-sestigduisend esels;

35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37 Endie bydrae aan dieHereuit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38 En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan dieHeretwee-en-sewentig.

39 En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan dieHereeen-en-sestig.

40 En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan dieHeretwee-en-dertig siele.

41 En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan dieHerebestem was,soos dieHereMoses beveel het.

42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —

43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;

44 en die beeste was ses-en-dertigduisend;

45 en die esels dertigduisend-vyfhonderd;

46 en mensesiele sestienduisend —

47 uitdie helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van dieHerewaarneem, soos dieHereMoses beveel het.

48 Toe hetdie aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses

49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.

50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan dieHerewat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade,om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van dieHere.

51 Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.

52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan dieHereafgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.

53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.

54 So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van dieHerein gedagtenis te bring.

NÚMERI 32

Die stamme van Ruben en Gad ontvang hulle erfdeel oorkant die Jordaan.

1 EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, ’n groot menigte. En toe hulle die land vanJaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ’n plek vir vee was.

2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Eleásar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:

3 Átarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en Eleále en Sebam enNebo en Behon —

4 die land wat dieHerevoor die vergadering van Israel uit verower het — is ’n land vir vee, en u dienaars het vee.

5 Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as ’n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.

6 Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil júlle hier bly?

7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan afkerig maak om deur te trek in die land wat dieHereaan hulle gegee het?

8 So het julle vaders gedoentoe ek hulle van Kades-Barnéa af gestuur het om die land te bekyk.

9 Toe hulle tot bydie dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat dieHereaan hulle gegee het.

10 Daarom het die toorn van dieHeredieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:

11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het,van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ekaan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie —

12 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne,die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun;want hulle het volhard om dieHerete volg.

13 En die toorn van dieHerehet teen Israel ontvlam, en Hyhet hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe,totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van dieHere.

14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, ’n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van dieHereteen Israel nog te vermeerder.

15 Asjulle van Hom afvallig word, sal Hy hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.

16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.

17 Maarons self sal ons haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land.

18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die kinders van Israel elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.

19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie,omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s’n geword het.

20 Toe sêMoses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van dieHerevir die oorlog wapen

21 en elke gewapende man van julle voor die aangesig van dieHeredeur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het

22 en die land voor die aangesig van dieHereonderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor dieHereen voor Israel, en hierdie land sal vir julle ’n besitting word voor die aangesig van dieHere.

23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen dieHere, en weet dan datjulle sonde julle sal uitvind.

24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het.

25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moses gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my heer beveel het.

26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van Gílead bly;

27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van dieHerena die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.

28 Toe het Moses aangaande hulle aan die priester Eleásar en aanJosua, die seun van Nun, en aan die familiehoofde uit die stamme van die kinders van Israel bevel gegee,

29 en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van dieHere, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land Gílead as ’n besitting.

30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle in die land Kanaän besittings verkry.

31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat dieHereaan u dienaars gesê het, so sal ons doen.

32 Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van dieHerena die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s’n wees.

33 So hetMoses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef,die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom.

34 En die kinders van Gad het Dibon gebou en Átarot en Ároër

35 en Áterot-Sofan en Jaéser en Jógbeha

36 en Bet-Nimra en Bet-Haran,versterkte stede en skaapkrale.

37 En die kinders van Ruben hetHesbon gebou en Eleále en Kirjatáim

38 enNebo en Baäl-Méon —met verandering van die name — en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.

39 En die seuns vanMagir, die seun van Manasse, het na Gílead gegaan en dit verower en die Amoriete verdrywe wat daarin was.

40 En Moseshet Gílead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het daarin gewoon.

41 EnJaïr, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dittentdorpe van Jaïr genoem.

42 En Nobag het gegaan en Kenat en die onderhorige plekke ingeneem en dit sy naam Nobag gegee.

NÚMERI 33

Trekke en staanplekke van Israel, van Egipte af tot in Kanaän.

1 DIT is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron.

2 Volgens die bevel van dieHerehet Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.

3 Hullehet van Raämses af opgebreekin die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israeldeur ’n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,

4 terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawewat dieHereonder hulle verslaan het, al die eersgeborenes;ook het dieHereaan hulle gode strafgerigte voltrek.

5 Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan inSukkot.

6 En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan inEtam wat aan die kant van die woestyn lê.

7 En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai naPi-Hágirot wat oos vanBaäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voorMigdol.

8 En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek endwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hullehet drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.

9 En hulle het van Mara af opgebreek en byElim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.

10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.

11 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan indie woestyn Sin.

12 En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.

13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.

14 En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan inRáfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.

15 En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer opgeslaan indie woestyn Sinai.

16 En hulle het uit die woestyn Sinai opgebreek en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.

17 En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan inHáserot.

18 En hullehet van Háserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma.

19 En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres.

20 En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna.

21 En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa.

22 En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta.

23 En hulle het van Keheláta af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Sefer.

24 En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada.

25 En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot.

26 En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat.

27 En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag.

28 En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka.

29 En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.

30 En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan inMóserot.

31 En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Bené-Jáäkan.

32 En hulle het van Bené-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan inHor-Hággidgad.

33 En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.

34 En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.

35 En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan inÉseon-Geber.

36 En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan indie woestyn Sin, dit is Kades.

37 En hulle het vanKades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.

38 Toe het die priester Aäron volgens die bevel van dieHereopdie berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.

39 En Aäron washonderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.

40 En die Kanaäniet,die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.

41 En hulle het van die bergHor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.

42 En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.

43 En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan inObot.

44 En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.

45 En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan inDibon-Gad.

46 En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.

47 En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek enlaer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo.

48 En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan indie vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.

49 En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.

50 En dieHerehet met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:

51 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek,

52 moet julle al die bewoners van die land voor julleuit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ookmoet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.

53 En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.

54 Enjulle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe.

55 Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos doringsin julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.

56 En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.

NÚMERI 34

Beskrywing van die grense van Kanaän deur God.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As jullein die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.

3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde vandie Soutsee af wees;

4 en julle grens moet suid vanSkerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid vanKades-Barnéa; dan moet dit aanloop naHasar-Addar en oor na Asmon toe.

5 Verder moet die grens swaai van Asmon afna die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek nadie berg Hor.

8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trektot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop bySedad.

9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop byHasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11 En die grens moet afloop van Sefam af naHaribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meerKinnéret gaan, aan die oostekant.

12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by dieSoutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê:Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat dieHerebeveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang — hulle het hul erfdeel ontvang.

15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.

16 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priesterEleásar en Josua, die seun van Nun.

18 Daarby moet julle uit elke stam eenowerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda — Kaleb, die seun van Jefúnne;

20 en van die stam van Símeon se kinders — Sémuel, die seun van Ámmihud;

21 van die stam van Benjamin — Elídad, die seun van Kislon;

22 en van die stam van Dan se kinders as owerste — Bukki, die seun van Jogli;

23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste — Hánniël, die seun van Efod;

24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste — Kémuel, die seun van Siftan;

25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste — Elísafan, die seun van Parnag;

26 en van die stam van Íssaskar se kinders as owerste — Páltiël, die seun van Assan;

27 en van die stam van Aser se kinders as owerste — Ahíhud, die seun van Selómi;

28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste — Pedáel, die seun van Ámmihud.

29 Dit is hulle aan wie dieHerebevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.