NÚMERI 25

Die Israeliete bedryf hoerery en afgodery by Sittim.

1 TOE Israel inSittim gebly het, hetdie volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete —

2 diéhet die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.

3 Sohet Israel hom dan gekoppel aanBaäl-Peor, en die toorn van dieHerehet teen Israel ontvlam.

4 Toe sê dieHerevir Moses:Neem al die hoofde van die volk en hang dieoortredersop in die volle son vir dieHere,sodat die toorngloed van dieHerevan Israel afgewend kan word.

5 Daarop het Moses aandie rigters in Israel gesê:Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.

6 En daar het ’n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ’n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulleween by die ingang van die tent van samekoms.

7 Toe Pínehas,die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand geneem

8 en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna hetdie plaag onder die kinders van Israel opgehou.

9 Endie wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.

10 Toe het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

11 Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron,het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel inmy ywer nie verteer het nie.

12 Daarom spreek:Kyk, Ek sluit met hom my vredeverbond,

13 en dit sal vir hom en synageslag ná hom die verbond vanewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.

14 En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van ’n familie van die Simeoniete.

15 En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter vanSur. Hy was stamhoof van ’n familie in Mídian.

16 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

17 Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,

18 want hulle het julle as vyand behandel deur hulleliste wat hulle teen julle bedink het in die saak vanPeor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × two =