NÚMERI 31

Die Israeliete oorwin die Midianiete.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete;daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.

3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van dieHereaan Mídian te voltrek.

4 Duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.

5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalfduisend watvir die oorlog gewapen was.

6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe endie trompette by hom om alarm te blaas.

7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos dieHereMoses beveel het, enal die manlike persone gedood.

8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het:Ewi en Rekem enSur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulleBíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.

9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.

10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand

11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.

12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer,in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is.

13 En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,

14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.

15 En Moses het vir hulle gesê: Het julleal die vroue laat lewe?

16 Kyk, hulle was,deur die raad van Bíleam,vir die kinders van Israel ’n oorsaak van troubreuk teenoor dieHerein die saak vanPeor, sodat die plaag in die vergadering van dieHerewas.

17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ’n man gehad het.

18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.

19 En julle,slaan sewe dae lank ’n kamp op buitekant die laer; elkeen wat ’n mens gedood enelkeen wat aan ’n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dagontsondig, julle en jul gevangenes.

20 Ookmoet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.

21 En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat dieHereMoses beveel het.

22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —

23 elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet ditdeur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.

24 Julle moetook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.

25 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;

27 enverdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.

28 En hef ’n bydrae vir dieHerevan die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het —een uit elke vyfhonderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.

29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as ’n offergawe aan dieHere.

30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jyeen neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete geewat die diens by die tabernakel van dieHerewaarneem.

31 En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos dieHereMoses beveel het.

32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;

33 en twee-en-sewentigduisend beeste;

34 en een-en-sestigduisend esels;

35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37 Endie bydrae aan dieHereuit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38 En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan dieHeretwee-en-sewentig.

39 En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan dieHereeen-en-sestig.

40 En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan dieHeretwee-en-dertig siele.

41 En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan dieHerebestem was,soos dieHereMoses beveel het.

42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —

43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;

44 en die beeste was ses-en-dertigduisend;

45 en die esels dertigduisend-vyfhonderd;

46 en mensesiele sestienduisend —

47 uitdie helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van dieHerewaarneem, soos dieHereMoses beveel het.

48 Toe hetdie aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses

49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.

50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan dieHerewat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade,om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van dieHere.

51 Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.

52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan dieHereafgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.

53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.

54 So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van dieHerein gedagtenis te bring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + twenty =