NÚMERI 28

Wette oor die daaglikse brandoffer met spys- en drankoffer.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer,my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

3 En jy moet vir hulle sê:Dit is die vuuroffer wat julle aan dieHeremoet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ’n voortdurende brandoffer.

4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

5 met’n tiende van ’n efa fynmeel asspysoffer, gemeng met’n kwart-hin uitgestampte olie.

6 Dit isdie voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

7 En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees ’n kwart-hin vir elke lam.In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan dieHereuitgiet.

8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei — ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

Wette oor die sabbat-offer en oor dié van die nuwemaan.

9 MAAR op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendesvan ’n efafynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

10 Dit isdie brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11 Enby die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer aan dieHerebring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

12 endrie-tiendesvan ’n efafynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

13 en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer, ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

14 En hulle drankoffers moet wees ’n half-hin wyn vir ’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15 Ook moeteen bokram as sondoffer aan dieHereberei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

Wette oor die groot feeste.

16 EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van dieHere.

17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

18 Op dieeerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan dieHerebring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers;sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendesvan ’n efavir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.

21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22 Daarbyeen bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23 Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir dieHereberei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort.

25 Enop die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

26 Enop die dag van die eerstelinge, as julle ’n nuwe spysoffer by jullefeesvan die weke aan dieHerebring, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

27 Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan dieHerebring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

30 een bokram om vir julle versoening te doen.

31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei —hulle moet vir julle sonder gebrek wees — en hulle drankoffers.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven − 11 =