JOSUA 13

Verdeling van die land oos van die Jordaan.

1 EN toe Josuaoudenver op sy dae was, het dieHerevir hom gesê: Jy is oudenver op jou dae, en daar het nog ’n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.

2 Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,

3 vandie Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; dievyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Áskelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete

4 in die suide; die hele land van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;

5 en die land van die Gibliete en die hele Líbanon aan die oostekant,van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot bydie ingang na Hamat.

6 Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs — Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe;laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.

7 Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.

8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvangwat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van dieHere, dit aan hulle gegee het:

9 van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die helegelykveld van Medéba af tot by Dibon;

10 enal die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;

11 enGílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die heleberg Hermon en die hele Basan tot by Salka;

12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was inÁstarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).

13 Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.

14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van dieHere, die God van Israel, dit is sy erfdeel,soos Hy hom beloof het.

15 En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;

16 sodat hulle die grondgebied ontvang het:van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;

17 Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon

18 en Jahas en Kedémot en Mefáät;

19 en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;

21 en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het,wat Moses verslaan hetsaam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, dievorste van Sihon, inwoners van die land.

22 By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.

23 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24 En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;

25 sodat hulle die grondgebied ontvang het vanJaéser en al die stede van Gílead en diehelfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba lê,

26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en vanMahanáim af tot by die grens van Lídbir;

27 en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van dieKinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.

28 Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

29 Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasseontvang hetvolgens hulle geslagte —

30 hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, enal die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;

31 en die halwe Gílead enÁstarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders vanMagir, die seun van Manasse — aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

32 Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel hetin die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;

33 maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; dieHere, die God van Israel, is self hulle erfdeel,soos Hy hulle beloof het.

JOSUA 14

Kaleb ontvang Hebron vir homself.

1 EN dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het,wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het

2 deur verloting van hulle erfdeel, soos dieHeredeur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en ’n halwe stam.

3 Want Moses het die erfdeel van die twee en ’n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.

4 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.

5 Soos dieHereMoses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.

6 Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, dieKenissiet, het vir hom gesê: U weetdie woord wat dieHeremet Moses,die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

7 Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van dieHere,my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;

8 maarmy broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwylek volgehou het om dieHeremy God te volg.

9 En dié dag het Moses gesweer en gesê:Waarlik, die landwat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as ’n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om dieHeremy God te volg.

10 En nou, kyk, dieHerehet my laat lewe,soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert dieHerehierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandagvyf-en-tagtig jaar oud;

11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg enom uit te gaan en in te gaan.

12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan dieHeredaardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáárEnakiete is en groot versterkte stede; miskien sal dieHeremet my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos dieHeregespreek het.

13 Toe het Josuahom geseën enaan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.

14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om dieHere, die God van Israel, te volg.

15 Endie naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete.En die land het gerus van oorlog.

JOSUA 15

Beskrywing van Juda se erfdeel.

1 EN vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval:teen die grens van Edom,suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;

2 en hulle suidelike lyn wasvan die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;

3 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;

4 dan loop dit oor na Asmon en loop aanna die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.

5 En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af

6 loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Áraba; dan loop die lyn opna die klip van Bohan, die seun van Ruben.

7 Verder loop die lyn op na Debir, vandie dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fonteinRogel.

8 Verder loop die lyn opna die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van dieJebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voordie dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refáim is.

9 Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na Báäla, dit is Kirjat-Jeárim.

10 Dan swaai die lyn van Báäla af weg in westelike rigting na die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, dit is Késalon, en loop af naBet-Semes en loop oor naTimna.

11 Verder loop die lyn aan noord na die hang vanEkron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na Jábneël, sodat die lyn doodloop by die see.

12 Die westelike grens wasdie Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.

13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy ’n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van dieHereaan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.

14 En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.

15 En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;

16 en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

17 Daarop het Ótniël,die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

18 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

19 En sy sê:Gee my tog ’n geskenk; omdat u my na ’n dor land versit het,moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

20 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.

21 En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: Kábseël en Eder en Jagur,

22 en Kina en Dimóna en Adáda,

23 en Kedes en Hasor en Jitnan,

24 Sif en Telem en Béalot,

25 en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;

26 Amam en Sema en Mólada,

27 en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,

28 en Hasar-Sual enBeër-Seba en Bisjótja,

29 Báäla en Ijjim en Esem,

30 en Éltolad en Kesil en Horma,

31 en Siklag en Madmánna en Sansánna,

32 en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam negen-en-twintig, met hulle dorpe;

33 in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna,

34 en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam,

35 Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka,

36 en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim: veertien stede met hulle dorpe;

37 Senan en Hadása en Migdal-Gad,

38 en Dilean en Mispe en Jókteël,

39 Lagis en Boskat en Eglon,

40 en Kabbon en Lagmas en Kitlis,

41 en Géderot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda: sestien stede met hulle dorpe;

42 Libna en Eter en Asan,

43 en Jiftag en Asna en Nesib,

44 en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;

45 Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe;

46 van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant vanAsdod lê, met hulle dorpe;

47 Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe;Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot bydie spruit van Egipte endie Groot See saam met sy gebied;

48 en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,

49 en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,

50 en Anab en Estémo en Anim,

51 enGosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;

52 Arab en Duma en Esean,

53 en Janum en Bet-Tappúag en Aféka,

54 en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;

55 Maon,Karmel en Sif en Jutta,

56 en Jísreël en Jókdeam en Sanóag,

57 Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle dorpe;

58 Halhul, Bet-Sur en Gedor,

59 en Máärat en Bet-Anot en Éltekon: ses stede met hulle dorpe;

60 Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;

61 in die woestyn: Bet-Áraba, Middin en Segága,

62 en Nibsan en die Soutstad en Éngedi: ses stede met hulle dorpe.

63 Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.

JOSUA 16

Die erfdeel van Efraim.

1 EN die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo,nadie woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;

2 verder loop dit van Bet-el af aan naLus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;

3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied vanBet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.

4 So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ’n erfdeel ontvang.

5 En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte — die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;

6 dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: Mígmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na Táänat-Silo en loop oos daarvan oor na Janóag;

7 en van Janóag loop dit af na Átarot en Náharat en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit.

8 Van Tappúag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;

9 endie stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.

10 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe;maar hulle moes dwangarbeid verrig.

JOSUA 17

Die erfdeel van Manasse.

1 VERDER was dít die lot vir die stam van Manasse, omdat hy dieeersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead, het, omdat hy ’n krygsman was,Gílead en Basan ontvang;

2 ookdie ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het ’n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Ásriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte.

3 Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;

4 en hulle het nader gekom voorEleásar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê:DieHerehet Moses beveel om ons ’n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle ’n erfdeel gegee, volgens die bevel van dieHere, onder die broers van hulle vader.

5 So het danaan Manasse tien aandele geval,behalwe die land Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.

6 Want die dogters van Manasse het ’n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die land Gílead aan die ander kinders van Manasse behoort het.

7 En die lyn van Manasse was: van Aser af na Mígmetat, teenoorSigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappúag —

8 die landstreek van Tappúag het behoort aan Manasse, maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim —;

9 verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit:daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.

10 Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Íssaskar.

11 En aan Manasse behoort in Íssaskar en Aser:Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners vanEn-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners vanMegíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

12 Maardie kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié land te bly woon.

13 En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kanaänietedienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie.

14 Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel neteen lot en een aandeel gegee terwyl ek tog ’ngroot volk is, omdat dieHeremy tot hiertoe geseën het?

15 En Josua het vir hulle gesê: As jy ’n groot volk is, trek dan op nadie boswêreld en kap vir jou daar’n plekskoon in die land van die Feresiete en Refaïete, ingevaldie gebergte van Efraim vir jou te nou is.

16 Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, hetysterwaens, dié van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as dié vandie laagte van Jísreël.

17 Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is ’n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;

18 want die gebergte sal joue wees — ’n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hyysterwaens, al is hy sterk.

JOSUA 18

Verdere verdeling van die land.

1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israelin Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

2 Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.

3 Toe sê Josua aan die kinders van Israel:Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat dieHere, die God van julle vaders, aan julle gegee het?

4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom

5 en dit onder mekaar in sewe dele verdeel:Juda moet sy gebied in die suide behou, endie huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.

6 Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en diebeskrywinghier na my toe bring;dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van dieHereonse God.

7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van dieHerehulle erfdeel is;en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van dieHere, hulle gegee het.

8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van dieHerein Silo.

9 En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in ’n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.

10 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van dieHere; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgenshulle afdelings.

Die erfdeel van Benjamin.

11 EN die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;

12 en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn vanBet-Awen;

13 en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus,dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lêvan Bet-Horon-Onder;

14 dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood byKirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;

15 en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag;

16 dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in diedal van die Refaïete lê; dan loop dit af na diedal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af nadie fontein Rogel;

17 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;

18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Áraba in noordelike rigting en loop af na die Áraba;

19 verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;

20 en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.

21 En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was:Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,

22 en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,

23 en Haäwim en Para en Ofra,

24 en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;

25 Gíbeon en Rama en Béërot,

26 en Mispe en Kefíra en Mosa,

27 en Rekem en Jírpeël en Táreala,

28 en Sela, Elef enJebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.

JOSUA 19

Die lot van die stam van Símeon.

1 EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte;en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.

2 Enhulle het in hulle erfdeel gehad:Beër-Seba en Seba en Mólada,

3 en Hasar-Sual en Bala en Esem,

4 en Éltolad en Betul en Horma,

5 en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,

6 en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;

7 Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;

8 en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.

9 Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.

Die erfdeel van Sébulon.

10 EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.

11 En hulle lyn loop opin westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;

12 en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Dáberat en loop op na Jáfia;

13 en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;

14 dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;

15 en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.

16 Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Íssaskar.

17 VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;

18 en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,

19 en Hafaráim en Sion en Anagárat,

20 en Rabbit en Kisjon en Ebes,

21 en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;

22 en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.

23 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Aser.

24 EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;

25 en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,

26 en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;

27 dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;

28 en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot byGroot-Sidon;

29 dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;

30 en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.

31 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Náftali.

32 VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;

33 en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;

34 dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;

35 en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,

36 en Adama en Rama en Hasor,

37 en Kedes en Edréï en En-Hasor,

38 en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.

39 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Die erfdeel van Dan.

40 VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.

41 En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,

42 en Saälábbin enÁjalon en Jitla,

43 en Elon en Timnáta en Ekron,

44 en Élteke en Gíbbeton en Báälat,

45 en Jehud en Bené-Berak en Gat-Rimmon,

46 en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo.

47 Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.

48 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Josua ontvang Timnat-Serag.

49 TOE hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee;

50 op bevel van dieHerehet hulle hom die stad gegee wat hy gevra het,Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.

51 Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot,in Silo, voor die aangesig van dieHere, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.

JOSUA 20

Die ses vrystede vir onopsetlike doodslag, drie duskant en drie anderkant die Jordaan.

1 EN dieHerehet met Josua gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê:Wys die vrystede vir julle aan waarvan Ek deur die diens van Moses met julle gespreek het,

3 dat hy wat ’n doodslag begaan het — wat per ongeluk, sonder opset, ’n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.

4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlugen gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;

5 en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was;

6 en hy moet in daardie stad blytotdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood vandie hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.

7 Daarop het hulle geheilig:Kedes in Galiléa, op die gebergte van Náftali, enSigem opdie gebergte van Efraim, enKirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda;

8 en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het hulle afgestaan:Beser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, enRamot in Gílead, uit die stam van Gad, enGolan in Basan uit die stam van Manasse.

9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en virdie vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.

JOSUA 21

Die Leviete verkry op hul versoek hulle stede.

1 TOE het die familiehoofde van die Leviete nader gekom naEleásar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,

2 en met hulle gespreek inSilo, in die land Kanaän, en gesê:DieHerehet deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.

3 Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van dieHere, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4 Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; endie kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete,het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

5 en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

6 endie kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

7 en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede.

8 So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos dieHeredeur die diens van Moses beveel het.

9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10 die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang — want die eerste lot was vir hulle —

11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader vanAnok, dit is Hebron,op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12 maardie saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13 En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegeeHebron, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het, met sy weiveld, enLibna met sy weiveld,

14 en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,

15 en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16 en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdietwee stamme.

17 En uit die stam van Benjamin:Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18 enÁnatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.

19 Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20 En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21 en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het:Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, enGeser met sy weiveld,

22 en Kibsáim met sy weiveld, enBet-Horon met sy weiveld: vier stede.

23 En uit die stam van Dan: Élteke met sy weiveld, Gíbbeton met sy weiveld,

24 Ájalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.

25 En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;

26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.

27 En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het:Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.

28 En uit die stam van Íssaskar: Kisjon met sy weiveld, en Dáberat met sy weiveld,

29 Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.

30 En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,

31 Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.

32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het:Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;

33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.

34 En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was — uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,

35 Dimna met sy weiveld, Náhalal met sy weiveld: vier stede.

36 En uit die stam van Ruben:Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

37 Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.

38 En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het:Ramot in Gílead met sy weiveld, enMahanáim met sy weiveld,

39 Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.

40 Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.

41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt-en-veertig stede met hulle weiveld.

42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.

43 So het dieHeredandie hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.

44 En dieHerehet hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met ’n eed beloof het;en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het dieHerein hulle hand gegee.

45 Geen woord van al die goeie woorde wat dieHeremet die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

JOSUA 22

Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse vertrek na hulle stede toe.

1 TOE het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep

2 en aan hulle gesê: Julle hetalles onderhou wat Moses, die kneg van dieHere, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.

3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie — dit is nou baie dae al tot vandag toe — en het die ordening van die gebod van dieHerejulle God onderhou.

4 Maar nouhet dieHerejulle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besittingwat Moses, die kneg van dieHere, julle oorkant die Jordaan gegee het.

5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van dieHere, julle beveel het,om dieHerejulle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

6 So het Josuahulle dan geseën en hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.

7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan’n erfdeelgegee,en aan die ander helfte daarvan het Josua’n deelgegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën

8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en ’n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.

9 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uitSilo wat in die land Kanaän lê, om te gaan nadie land Gílead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van dieHeredeur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.

10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar ’n altaar gebou by die Jordaan, ’n altaar groot van aansien.

11 Maar toe die kinders van Israelhoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kanaän, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel —

12 toe die kinders van Israel dit hoor, hetdie hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.

13 En die kinders van Israel hetPínehas, die seun van Eleásar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land Gílead gestuur,

14 en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; enhulle was elkeen ’n familiehoof van die stamme van Israel.

15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land Gílead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:

16 So sê die hele vergadering van dieHere: Wat is dit vir ’n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van dieHereafvallig word deur vir julle ’n altaar te bou,deur vandag teen dieHerein opstand te kom?

17 Is die ongeregtigheid in verband metPeor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie — toe die plaag oor die vergadering van dieHeregekom het?

18 En julle wil vandag van dieHereafvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen dieHere,sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.

19 As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van dieHerewaar die tabernakel van dieHeregevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen dieHerein opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle ’n altaar te bou naas die altaar van dieHereonse God nie.

20 ToeAgan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie ’n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.

21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van Israel gesê:

22 Die God van die gode, dieHere, die God van die gode, dieHere, Hyweet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen dieHereis — verlos ons nie vandag nie,Here!—

23 dat ons ’n altaar vir ons gebou het om van dieHereafvallig te word; en as dit is om daarop ’n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan magdieHereself dit wreek.

24 Maar waarlik, ons het dit uit ’n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met dieHere, die God van Israel?

25 DieHerehet tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan dieHerenie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders dieHerenie meer vrees nie.

26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie,

27 maar dat dit’n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat onsdie diens van dieHeresal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan dieHerenie.

28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van dieHerewat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar ’n getuie is hy tussen ons en julle.

29 Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen dieHereen vandag afvallig sou word van dieHeredeur ’n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van dieHereonse God wat voor sy tabernakel staan.

30 ToePínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.

31 Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat dieHerein ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen dieHerenie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van dieHere.

32 Daarop het Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad,uit die land Gílead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle ’n antwoord gebring.

33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israelhet God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.

34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen onsdat dieHereGod is.