JOSUA 22

Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse vertrek na hulle stede toe.

1 TOE het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep

2 en aan hulle gesê: Julle hetalles onderhou wat Moses, die kneg van dieHere, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.

3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie — dit is nou baie dae al tot vandag toe — en het die ordening van die gebod van dieHerejulle God onderhou.

4 Maar nouhet dieHerejulle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besittingwat Moses, die kneg van dieHere, julle oorkant die Jordaan gegee het.

5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van dieHere, julle beveel het,om dieHerejulle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

6 So het Josuahulle dan geseën en hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.

7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan’n erfdeelgegee,en aan die ander helfte daarvan het Josua’n deelgegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën

8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en ’n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.

9 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uitSilo wat in die land Kanaän lê, om te gaan nadie land Gílead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van dieHeredeur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.

10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar ’n altaar gebou by die Jordaan, ’n altaar groot van aansien.

11 Maar toe die kinders van Israelhoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kanaän, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel —

12 toe die kinders van Israel dit hoor, hetdie hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.

13 En die kinders van Israel hetPínehas, die seun van Eleásar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land Gílead gestuur,

14 en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; enhulle was elkeen ’n familiehoof van die stamme van Israel.

15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land Gílead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:

16 So sê die hele vergadering van dieHere: Wat is dit vir ’n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van dieHereafvallig word deur vir julle ’n altaar te bou,deur vandag teen dieHerein opstand te kom?

17 Is die ongeregtigheid in verband metPeor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie — toe die plaag oor die vergadering van dieHeregekom het?

18 En julle wil vandag van dieHereafvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen dieHere,sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.

19 As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van dieHerewaar die tabernakel van dieHeregevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen dieHerein opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle ’n altaar te bou naas die altaar van dieHereonse God nie.

20 ToeAgan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie ’n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.

21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van Israel gesê:

22 Die God van die gode, dieHere, die God van die gode, dieHere, Hyweet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen dieHereis — verlos ons nie vandag nie,Here!—

23 dat ons ’n altaar vir ons gebou het om van dieHereafvallig te word; en as dit is om daarop ’n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan magdieHereself dit wreek.

24 Maar waarlik, ons het dit uit ’n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met dieHere, die God van Israel?

25 DieHerehet tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan dieHerenie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders dieHerenie meer vrees nie.

26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie,

27 maar dat dit’n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat onsdie diens van dieHeresal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan dieHerenie.

28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van dieHerewat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar ’n getuie is hy tussen ons en julle.

29 Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen dieHereen vandag afvallig sou word van dieHeredeur ’n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van dieHereonse God wat voor sy tabernakel staan.

30 ToePínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.

31 Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat dieHerein ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen dieHerenie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van dieHere.

32 Daarop het Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad,uit die land Gílead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle ’n antwoord gebring.

33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israelhet God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.

34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen onsdat dieHereGod is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 1 =