JOSUA 14

Kaleb ontvang Hebron vir homself.

1 EN dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het,wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het

2 deur verloting van hulle erfdeel, soos dieHeredeur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en ’n halwe stam.

3 Want Moses het die erfdeel van die twee en ’n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.

4 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.

5 Soos dieHereMoses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.

6 Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, dieKenissiet, het vir hom gesê: U weetdie woord wat dieHeremet Moses,die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

7 Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van dieHere,my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;

8 maarmy broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwylek volgehou het om dieHeremy God te volg.

9 En dié dag het Moses gesweer en gesê:Waarlik, die landwat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as ’n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om dieHeremy God te volg.

10 En nou, kyk, dieHerehet my laat lewe,soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert dieHerehierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandagvyf-en-tagtig jaar oud;

11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg enom uit te gaan en in te gaan.

12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan dieHeredaardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáárEnakiete is en groot versterkte stede; miskien sal dieHeremet my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos dieHeregespreek het.

13 Toe het Josuahom geseën enaan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.

14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om dieHere, die God van Israel, te volg.

15 Endie naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete.En die land het gerus van oorlog.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × three =