JOSUA 20

Die ses vrystede vir onopsetlike doodslag, drie duskant en drie anderkant die Jordaan.

1 EN dieHerehet met Josua gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê:Wys die vrystede vir julle aan waarvan Ek deur die diens van Moses met julle gespreek het,

3 dat hy wat ’n doodslag begaan het — wat per ongeluk, sonder opset, ’n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.

4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlugen gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;

5 en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was;

6 en hy moet in daardie stad blytotdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood vandie hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.

7 Daarop het hulle geheilig:Kedes in Galiléa, op die gebergte van Náftali, enSigem opdie gebergte van Efraim, enKirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda;

8 en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het hulle afgestaan:Beser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, enRamot in Gílead, uit die stam van Gad, enGolan in Basan uit die stam van Manasse.

9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en virdie vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + eleven =