OPENBARING 6

Die oopmaak van die eerste ses seëls.

1 ENek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: Kom kyk!

2 En ek het gesien, en kyk, daar was ’nwit perd.En hy wat daarop sit,het ’n boog; en aan hom is’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin.

3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!

4 En ’n anderperd, ’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegeeom die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is aan hom gegee.

5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was’n swart perd; en hy wat daarop sit,het ’n skaal in sy hand.

6 En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; enmoenie die olie en die wyn beskadig nie.

7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!

8 En ek het gesien, en kyk, daar was ’nvaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maakmet swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ekonder die altaardie siele van die wat gedood ister wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.

10 En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser,oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?

11 En aan elkeen van hulle iswit klere gegee; en aan hulle is gesêdat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk,daar was ’n groot aardbewing; endie son het swart geword soos ’n harige sak, endie maan het geword soos bloed;

13 endie sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

14 endie hemel het weggewyksoos ’n boek wat toegerol word, enal die berge eneilande is uit hulle plekke versit;

15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymensehet hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig vanHom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

17 wantdie groot dag van sy toorn het gekom, enwie kan bestaan?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × three =