I SAMUEL 29

Dawid word deur die Filistyne teruggestuur.

1 ENdie Filistyne het hulle hele leër byAfek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het bydie fontein wat byJísreël is.

2 Toedie vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoedemet Agis saam verbytrek,

3 vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van Israel, watnou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind hetvan die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe.

4 Maar die owerstes van die Filistyne het baie kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: Stuur die man terug, dat hy kan teruggaan na die plekwat u hom aangewys het, en laat hom nie met ons saam in die geveg aftrek, dat hy nie vir ons in die geveg ’n teëstander word nie. Want waarmee kan hierdie man hom aangenaam maak by sy heer? Is dit nie met die hoofde van hierdie manne nie?

5 Is dit nie dié Dawid nie, van wie hulle in die koordanse gesing en gesê het:Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?

6 Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as dieHereleef, sekerlik, jy is opreg,en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is goed in my oë; want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie goed nie.

7 Draai dan nou om en gaan in vrede, en doen niks wat verkeerd is in die oë van die vorste van die Filistyne nie.

8 Hierop sê Dawid vir Agis: Maar wat het ek gedoen? Of wat het u in u dienaar gevind van die dag af dat ek voor u gewees het tot vandag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my heer die koning nie?

9 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet dat jy goed is in my oësoos ’n engel van God, maar die owerstes van die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie.

10 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die dienaars van jou heer wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg.

11 En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne, om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die land van die Filistyne; maar die Filistyne het opgetrek naJísreël.

I SAMUEL 30

Siklag word geplunder en verbrand. Dawid neem wraak.

1 EN toe Dawid met sy manne die derde dag bySiklag aankom, het dieAmalekiete ’n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.

2 En hulle het die vroueen almalwat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.

3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.

4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.

5 Ook Dawid setwee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.

6 En Dawid het dit baie benoud gehad,want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maarDawid het homself versterk in dieHeresy God.

7 En Dawid sê virÁbjatar, die priester, die seun van Ahiméleg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Ábjatar die skouerkleed na Dawid gebring.

8 EnDawid het dieHeregeraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.

9 Daarop het Dawid weggetrek, hy metdie seshonderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly.

10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vierhonderd man, terwyl tweehonderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.

11 Toe vind hulle in die veld ’n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.

12 Daarby gee hulle hom’n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het,het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.

13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is ’n Egiptiese seun, die slaaf van ’n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het.

14 Ons het ’n inval gedoen in die Suidland vandie Kretiërs en in dié van Juda en in die Suidland vanKaleb, en Siklag met vuur verbrand.

15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.

16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele land, besig om te eet en te drink en fees te vier met die ganse groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land Juda saamgeneem het.

17 En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vierhonderd jongmanne wat opkamele gespring en gevlug het.

18 So het Dawid dan allesgered wat die Amalekiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry.

19 Niks van hulle is vermis nie — klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.

20 En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor dieandervee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.

21 Toe Dawid by dietweehonderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.

22 Daarop het al die slegte mense endie deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.

23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat dieHereons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.

24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Wantsoos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deelvan die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.

25 So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as ’n insetting en ’n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.

26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van dieHere:

27 aan dié inBet-el en aan dié inRamot in die Suidland en aan dié inJattir

28 en aan dié in Ároër en aan dié in Sifmot en aan dié inEstemóa

29 en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van dieJeragmeëliete en aan dié in die stede vandie Keniete

30 en aan dié inHorma en aan dié inBor-Asan en aan dié in Atag

31 en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.

I SAMUEL 31

Neerlaag en dood van Saul op Gilbóa.

1 TERWYLdie Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergteGilbóa gelê.

2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne hetJónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.

3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.

4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders komhierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard enval daarin.

5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.

6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ookal sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.

7 Daarop sien die manne van Israel wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.

8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.

9 Enhulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Filistyne rondgestuur omdie blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk.

10 Daarna het hulle sy wapens in dieAstárte-tempel neergelê, maarsy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan.

11 Toe die inwoners vanJabes in Gílead daarvan hoor — wat die Filistyne aan Saul gedoen het —

12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand.

13 En hulle het hul gebeente geneem en onderdie tamarisk in Jabesbegrawe ensewe dae lankgevas.

RUT 1

Naómi en haar skoondogter.

1 EN in die dae toedie rigters geregeer het, was daarhongersnood in die land; daarom het ’n man uitBetlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.

2 En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon,Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.

3 En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.

4 En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.

5 En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,

6 het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat dieHereop sy volk ag gegee hetdeur aan hulle brood te gee.

7 So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan,

8 sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag dieHereaan julle guns bewys soos julle aandie dode en aan my bewys het.

9 Mag dieHeregee dat julle ’nrusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween

10 en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk.

11 Maar Naómi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam,dat hulle julle mans kan word?

12 Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om ’n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan ’n man mag behoort en ook seuns baar —

13 sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om nie aan ’n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle datdie hand van dieHereteen my uitgestrek is.

14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.

15 Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe;draai om agter jou skoonsuster aan!

16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef;u volk is my volk, en u God is my God.

17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word!Mag dieHereso aan my doen en so daaraan toedoen — net die dood sal skeiding maak tussen my en u.

18 Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.

19 En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom,het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naómi?

20 Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara,want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.

21 Vol het ek weggetrek,maar leeg het dieHeremy laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl dieHereteen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?

22 So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekomin die begin van die gars-oes.

RUT 2

Rut gaan are optel en kom in die land van Boas.

1 EN Naómi het ’nbloedverwant gehad van haar man se kant, ’n vermoënde man, uit die geslag van Eliméleg, wie se naam Boas was.

2 En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die land ingaan enare optel agter dié een in wie se oë ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter.

3 Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op ’n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Eliméleg.

4 En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê:Mag dieHeremet julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag dieHereu seën!

5 Daarop sê Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?

6 En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrouwat saam met Naómi uit die veld van Moab teruggekom het;

7 en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmôre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit.

8 Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op ’n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.

9 Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep.

10 Toeval sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek ’n vreemdeling is?

11 En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertelwat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na ’n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.

12 Mag dieHerejou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van dieHere, die God van Israel,onder wie se vleuels jy kom skuil het.

13 Toe sê sy: So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek,alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.

14 En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkiein die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee, en sy het geëeten versadig geword en oorgehou.

15 Toe syweeropstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesê: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie.

16 En julle moet ook so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lê, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie.

17 En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent’n efa gars.

18 En sy het dit weggedra; en toe sy in die stad kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het; ook het sy uitgehaal en aan haar gegee wat syoorgehou het nadat sy versadig was.

19 Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseënd wees watin jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.

20 En Naómi sê vir haar skoondogter:Mag hy geseënd wees deur dieHere, wat sy gunsaan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sê Naómi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van onslossers.

21 Toe sê Rut, die Moabitiese: Hy het ook nog vir my gesê: By mydienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort.

22 Daarop het Naómi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op ’n ander land aangedoen word nie.

23 So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die gars-oes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon.

RUT 3

Die lossingsreg.

1 TOE sê haar skoonmoeder Naómi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou ’nrusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie?

2 Nou dan, is Boasby wie se diensmeisies jy gewees het, nie onsbloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

3 Was jou dan ensalf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.

4 Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; kom dan nader, maak sy voetenent oop en gaan lê; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen.

5 En sy antwoord haar: Alles wat u sê, sal ek doen.

6 Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.

7 Nadat Boas geëet en gedrink het, ensy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, hetsy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.

8 En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en — daar lê ’n vrou aan sy voetenent.

9 En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares;brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser.

10 En hy sê:Geseënd is jy deur dieHere, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.

11 Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy ’ndeugsame vrou is.

12 Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is,maar daar is nog ’n losser, nader as ek.

13 Bly vannag oor; en as hy jou môrewil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los,so waar as dieHereleef! Bly lê tot môre.

14 En sy het tot die môreaan sy voetenent bly lê. Maar nog voordat een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesê: Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie.

15 Daarna sê hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het sesmategars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.

16 Toe sy by haar skoonmoeder kom, het dié gevra: En toe, my dogter? En sy het haar alles vertel wat die man aan haar gedoen het,

17 en gesê: Hierdie sesmategars het hy my gegee, want hy het gesê: Jy moet nie met leë hande by jou skoonmoeder kom nie.

18 En sy antwoord:Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie.

RUT 4

Boas trou met Rut. Die geboorte van Obed.

1 EN Boas het opgegaan nadie poort en daar gaan sit. En toedie losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.

2 Daarop neem hy tien man uitdie oudstes van die stad en sê: Sit hier! En hulle het gaan sit.

3 En hy sê vir die losser: Die stuk grond van ons broer Eliméleg wil Naómi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, verkoop.

4 Nou het ek gedink, ek sal jou dit meedeel en sê:Koop ditvoor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek ná jou. En hy antwoord: Ek sal los.

5 Daarop sê Boas: Die dag as jy die grond uit die hand van Naómi koop, dan verwerf jy tegelyk Rut, die Moabitiese, die vrou van die dode,om die naam van die dode in stand te hou oor sy erfdeel.

6 En die losser sê: Ek kan dit nie vir my los nie, anders bederf ek my erfdeel; neem jy my lossingsreg oor, want ek kan nie los nie.

7 En dít was vroeër in Israel die gebruik by lossing enby ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was dan die bekragtiging in Israel.

8 Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop dit vir jou; en hy het sy skoen uitgetrek.

9 Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Eliméleg en alles wat aanGiljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop.

10 En ook Rut, die Moabitiese, die vrouvan Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies.

11 Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag dieHeredie vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saamdie huis van Israel gebou het; en verwerf mag inÉfrata en maak ’n naam in Betlehem!

12 En mag jou huis word soos die huis van Pereswat Tamar vir Juda gebaar het —uit die nageslag wat dieHerejou uit hierdie jong vrou sal gee!

13 So het BoasRut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, endieHerehet vir haar swangerskap gegee, en sy het ’n seun gebaar.

14 Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy dieHerewat aan jou vandag ’n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!

15 Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy watvir jou meer werd is as sewe seuns.

16 En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword.

17 En die buurvroue het hom ’n naam gegee en gesê:Vir Naómi is ’n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Ísai, die vader van Dawid.

18 En dit is die stamboom van Peres:Peres was die vader van Hesron,

19 en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab,

20 en Ammínadab van Nagson, en Nagson van Salma,

21 en Salmon van Boas, en Boas van Obed,

22 en Obed van Ísai, en Ísai van Dawid.

RIGTERS 1

Nuwe veroweringe. Verslapping van die stamme in die verdrywing van die Kanaäniete.

1 EN ná die dood van Josua het die kinders van IsraeldieHeregeraadpleeg en gesê:Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?

2 En dieHerehet gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

3 Toe sê Juda aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg,dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek;

4 en toe Juda optrek, het dieHeredie Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van hulle byBesek verslaan het.

5 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan.

6 En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.

7 Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafelkrummelsopgetel:soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.

8 Endie kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.

9 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.

10 Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners vanHebron — maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba — en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.

11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners vanDebir — maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.

12 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

13 Daarop het Ótniël, die seun van Kenas,die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

15 En sy sê vir hom: Gee my tog ’n geskenk; omdat u my na ’n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

16 En die kinders van dieKeniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrekuit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide vanArad lê;en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.

17 En Juda het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.

18 En Juda hetGasa met sy grondgebied enÁskelon met sy grondgebied enEkron met sy grondgebied ingeneem.

19 En dieHerewas met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.

20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.

21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie,sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.

22 En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en dieHerewas met hulle.

23 En toe die huis van JosefBet-el laat bespied — maar die naam van die stad was tevoreLus —

24 sien die spioene ’n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog ’n plek om in die stad in te kom,dan sal ons jou ’n guns bewys.

25 Hy wys hulle toe ’n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.

26 En die man het weggetrek nadie land van die Hetiete, en hy het ’n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.

27 En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie land te bly woon.

28 Maar toe Israel sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.

29 En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.

30 Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.

31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners vanSidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;

32 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.

33 Náftali het die inwoners vanBet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anathet aan hulle dienspligtig geword.

34 Endie Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;

35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, inÁjalon en in Saälbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.

36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioennek, van die rots af, en verder op.

RIGTERS 2

Die Engel van God bestraf Israel by Bogim.

1 TOE trek die Engel van dieHerevan Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het, en gesê:Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

2 maarjulle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie;hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?

3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees,en hulle gode ’n strik vir julle.

4 En terwyl die Engel van dieHeremet hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;

5 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan dieHeregeoffer.

Algemene beskrywing van Israel se geskiedenis in die tyd van die rigters.

6 DAARNA hetJosua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.

7 En die volk het dieHeregedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van dieHeregesien het wat Hy vir Israel gedoen het.

8 Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van dieHere, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;

9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres,op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.

10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op watdieHereen ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.

11 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere: hulle het die Baäls gedien

12 en dieHere, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agterander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en dieHeregeterg.

13 Maar toe hulle dieHereverlaat endie Baäl en die Astártes dien,

14 hetdie toorn van dieHereteen Israel ontvlam,en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; enHy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.

15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van dieHereteen hulle ten kwade, soos dieHeregespreeken soos dieHerevir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,

16 verwek dieHererigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maaragter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van dieHere: so het hulle nie gedoen nie.

18 En wanneer dieHerevir hulle rigters verwek,was dieHeremet die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdatdieHeremedelyde gehad het vanweë hullegekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

19 Maarwanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.

20 Daarom het die toorn van dieHereteen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,

21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie —

22 om Israel deur hulleop die proef te stel, of hulle die weg van dieHeresal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.

23 Daarom het dieHeredaardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

RIGTERS 3

1 EN dit isdie nasies wat dieHerelaat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel —

2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet — om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:

3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergteLíbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.

4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van dieHerewat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

Ótniël bevry die volk uit die mag van die koning van Mesopotámië.

5 SO het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,

6 enhúl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.

7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen dieHerehulle God vergeet en dieBaäls endie heilige boomstamme gedien.

8 Daarop het die toorn van dieHereteen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.

9 Maar toe die kinders van IsraeldieHereaanroep, het dieHere’n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het:Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.

10 Endie Gees van dieHerehet op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en dieHerehet Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.

11 Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Ótniël, die seun van Kenas, het gesterwe.

Ehud, die verlosser teen Moab. Samgar.

12 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere. Toe maak dieHereEglon,die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van dieHere;

13 en hy versamel by hom die kinders vanAmmon enÁmalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het diePalmstad in besit geneem.

14 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.

15 Maar toe die kinders van Israel dieHereaanroep, het dieHerevir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ’n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.

16 En Ehud het vir hom ’n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;

17 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was ’n baie vet man.

18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;

19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het ’n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.

20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het ’n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,

21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,

22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.

23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.

24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.

25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar — hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!

26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug endie gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap.

27 En toe hy aankom,blaas hy op die ramshoringop die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.

28 Toe sê hy vir hulle: Volg my,want dieHeregee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabietevan die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

29 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.

30 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel;en die land het tagtig jaar lank gerus.

31 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ’n osdrywerstok verslaan het;en ook hy het Israel verlos.