RIGTERS 3

1 EN dit isdie nasies wat dieHerelaat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel —

2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet — om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:

3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergteLíbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.

4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van dieHerewat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

Ótniël bevry die volk uit die mag van die koning van Mesopotámië.

5 SO het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,

6 enhúl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.

7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereen dieHerehulle God vergeet en dieBaäls endie heilige boomstamme gedien.

8 Daarop het die toorn van dieHereteen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.

9 Maar toe die kinders van IsraeldieHereaanroep, het dieHere’n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het:Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.

10 Endie Gees van dieHerehet op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en dieHerehet Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.

11 Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Ótniël, die seun van Kenas, het gesterwe.

Ehud, die verlosser teen Moab. Samgar.

12 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere. Toe maak dieHereEglon,die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van dieHere;

13 en hy versamel by hom die kinders vanAmmon enÁmalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het diePalmstad in besit geneem.

14 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.

15 Maar toe die kinders van Israel dieHereaanroep, het dieHerevir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ’n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.

16 En Ehud het vir hom ’n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;

17 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was ’n baie vet man.

18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;

19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het ’n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.

20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het ’n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,

21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,

22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.

23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.

24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.

25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar — hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!

26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug endie gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap.

27 En toe hy aankom,blaas hy op die ramshoringop die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.

28 Toe sê hy vir hulle: Volg my,want dieHeregee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabietevan die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

29 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.

30 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel;en die land het tagtig jaar lank gerus.

31 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ’n osdrywerstok verslaan het;en ook hy het Israel verlos.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 − 13 =