RIGTERS 2

Die Engel van God bestraf Israel by Bogim.

1 TOE trek die Engel van dieHerevan Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het, en gesê:Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

2 maarjulle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie;hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?

3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees,en hulle gode ’n strik vir julle.

4 En terwyl die Engel van dieHeremet hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;

5 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan dieHeregeoffer.

Algemene beskrywing van Israel se geskiedenis in die tyd van die rigters.

6 DAARNA hetJosua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.

7 En die volk het dieHeregedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van dieHeregesien het wat Hy vir Israel gedoen het.

8 Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van dieHere, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;

9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres,op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.

10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op watdieHereen ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.

11 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere: hulle het die Baäls gedien

12 en dieHere, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agterander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en dieHeregeterg.

13 Maar toe hulle dieHereverlaat endie Baäl en die Astártes dien,

14 hetdie toorn van dieHereteen Israel ontvlam,en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; enHy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.

15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van dieHereteen hulle ten kwade, soos dieHeregespreeken soos dieHerevir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,

16 verwek dieHererigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maaragter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van dieHere: so het hulle nie gedoen nie.

18 En wanneer dieHerevir hulle rigters verwek,was dieHeremet die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdatdieHeremedelyde gehad het vanweë hullegekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

19 Maarwanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.

20 Daarom het die toorn van dieHereteen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,

21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie —

22 om Israel deur hulleop die proef te stel, of hulle die weg van dieHeresal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.

23 Daarom het dieHeredaardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × 1 =