II SAMUEL 23

Laaste woorde van Dawid.

1 EN dit is die laaste woorde van Dawid:Dawid spreek, die seun van Ísai,en die man wat hoog geplaas was, spreek,die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:

2 Die Gees van dieHerespreek in my, en sy woord is op my tong.

3 Die God van Israel het gesê,die Rots van Israel het tot my gespreek: ’n Heerser oor mense, ’n regverdige, ’n heerserin die vrees van God,

4 is soos die môreligby sonsopgang, ’n môre sonder wolkeasdeur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aardeuitkom.

5 Want is my huis nie so by God nie? WantHy het ’n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?

6 Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want ’n mens vat dit nie met die hand nie;

7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met ’n yster of die steel van ’n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

Dawid se vernaamste helde.

8 DIT is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, ’n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agthonderd wat op een keer gesneuwel het.

9 En ná hom wasEleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,

10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat dieHeredaardie dag ’n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.

11 En ná hom wasSamma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar ’n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,

12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat dieHere’n groot oorwinning bewerk het.

13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid bydie spelonk van Adúllam aangekom, terwyl ’n hoop Filistyne in die laer staanin die dal Refáim.

14 En Dawid was toe indie bergvesting; en’n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

15 En Dawid het ’n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

16 Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van dieHereuitgegiet

17 en gesê: Dit is ver van my,Here, dat ek dit sou doen!Sou ekdie bloeddrinkvan die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

18 En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en het ’n naam gehad onder die drie.

19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by dieeerstedrie het hy nie gekom nie.

20 VerderBenája, die seun van Jójada, ’n sterk man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en ’n leeu binne-in ’n kuil doodgeslaan op ’n sneeudag.

21 Hy het ook ’n Egiptenaar verslaan, ’n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was ’n spies; maar hy het na hom afgegaan met ’n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

22 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie helde.

23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24 Ásahel, die broer van Joab, was onder die dertig; Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

25 Samma, die Harodiet; Elíka, die Harodiet;

26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet;

27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet;

28 Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet;

29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Íttai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin;

30 Benája, die Pirhatoniet; Híddai, uit Nahale-Gaäs;

31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die Barhumiet;

32 Éljagba, die Saälboniet; die seuns van Jasen; Jónatan;

33 Samma, die Harariet; Ahíam, die seun van Sarar, die Árariet;

34 Elifélet, die seun van Ahasbái, die seun van ’n Maägatiet;Elíam, die seun van Agitófel, die Giloniet;

35 Hesro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet;

36 Jígeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;

37 Selek, die Ammoniet; Náharai, die Béërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;

38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;

39 Uría, die Hetiet — almal saam sewen-en-dertig.

II SAMUEL 24

Telling van die volk. Pes in Israel.

1 ENdie toorn van dieHerehet weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.

2 Toe sê die koning vir Joab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van Israel,van Dan tot Berséba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet.

3 En Joab het aan die koning gesê: Ja,mag dieHereu God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?

4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab en die leërowerstes, en Joab het met die leërowerstes van die koning af uitgegaan om die volk Israel te tel.

5 En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan byÁroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Jaéser.

6 Verder het hulle in Gílead gekom en in die land Tagtim-Hodsi en na Dan-Jaän gekom en rondom na Sidon.

7 En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van Juda in Berséba.

8 So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.

9 En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee;en Israel was agthonderdduisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyfhonderdduisend man.

10 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan dieHeregesê:Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het;Here, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek hetbaie dwaas gehandel.

11 Toe Dawid die môre opstaan — die woord van dieHerehet naamlik tot die profeetGad, diesiener van Dawid, gekom en gesê:

12 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê dieHere: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen —

13 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daarsewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.

14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van dieHere, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

15 En dieHerehet ’n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentigduisend man gesterwe.

16 Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes,het dit dieHereberou oor die onheil, en Hy het aandie engel watdie verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van dieHerewas toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.

17 Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot dieHeregespreek en gesê: Kyk, ék het gesondig, en ék het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.

18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir dieHere’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.

19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos dieHerebeveel het.

20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.

21 En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid:Om die dorsvloer van jou te koop, om vir dieHere’n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.

22 Maar Arauna sê vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as die brandoffer endie sleë endie trekgoed van die beeste as hout.

23 Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag dieHereu God ’n behae in u hê.

24 Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan dieHeremy God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop virvyftig sikkels silwer.

25 Toe het Dawid daar vir dieHere’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; endieHerehet Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.

I SAMUEL 1

Die gelofte van Hanna. Geboorte van Samuel.

1 DAAR was ’n sekere man uit Ramatáim, ’n Sufiet,uit die gebergte van Efraim, en sy naam wasÉlkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, ’n Efratiet.

2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maarHanna het geen kinders gehad nie.

3 En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stadom te aanbid en aan dieHerevan die leërskare te offerin Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van dieHerewas.

4 En op ’n dag het Élkana geofferen aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters delevan die offervleisgegee;

5 maar aan Hanna het hy ’n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar dieHerehet haar moederskoot toegesluit.

6 En haar mededingster het haar ook bitterlik getergom haar te vertoorn, omdat dieHerehaar moederskoot toegesluit het.

7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van dieHere. Só het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.

8 En haar man Élkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef?Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?

9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos vandie tempel van dieHere.

10 En bitter bedroef het sy tot dieHeregebid en bitterlik geween;

11 en sy het ’ngelofte gedoen en gesê:Herevan die leërskare, as U waarlikdie ellende van u diensmaagd aansien enaan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan dieHeregee al die dae van sy lewe;en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.

12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van dieHereen Eli op haar mond ag gee —

13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie — het Eli gedink dat sy dronk was.

14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos ’n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.

15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is ’n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek hetmy siel voor die aangesig van dieHereuitgestort.

16 Hou tog nie u dienares vir ’n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.

17 En Eli antwoord en sê:Gaan in vrede, enmag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.

18 Daarop sê sy:Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.

19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van dieHereaanbid en teruggegaan en by hulle huis inRama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, endieHerehet aan haar gedink.

20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want,het sy gesê,ek het hom van dieHeregebid.

21 Toe die man Élkana dan met sy hele huisgesinopgaan om aan dieHeredie jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,

22 het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van dieHereen daarvir altyd bly.

23 En haar man Élkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het;mag dieHerenet sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.

24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en ’n efa meel en ’n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van dieHerein Silo. En die seun was nog jonk.

25 En hulle het die bul geslag en die seun by Eli gebring;

26 en sy het gesê: Ag, my heer,so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot dieHerete bid.

27 Om hierdie seun het ek gebid, en dieHerehet my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.

28 So staan ek hom dan ook af aan dieHereal die dae wat hy leef; hy is aan dieHereafgestaan. En hy het dieHeredaar aanbid.

I SAMUEL 2

Lofsang van Hanna.

1 TOE het Hanna gebid en gesê:My hart jubel in dieHere,my horing is hoog in dieHere; my mond is wyd oop oor my vyande, want ekverheug my in u verlossing.

2 Niemand is heilig soos dieHerenie; ja,daar is niemand buiten U, en daar isgeen rots soos onse God nie.

3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want dieHereis ’n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

4 Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.

5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus.Selfs die onvrugbare het sewe gebaar,maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.

6 DieHeremaak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.

7 DieHeremaak arm en maak ryk;Hy verneder, ook verhoog Hy.

8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, omhullete laat sit by die vorste en hulle ’n erestoel te laat beërwe. Want aan dieHerebehoortdie pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.

10 Die wat met dieHeretwis,word verpletter;oor hulle donder Hy in die hemel;dieHereoordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.

11 Daarna het Élkana na sy huis, naRama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli dieHerebly dien het.

Die goddeloosheid van Eli se seuns.

12 MAAR die seuns van Eli wasdeugniete; hulle het dieHerenie erken nie.

13 Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was só: As iemand ’n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietandvurk in sy hand,

14 en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel:alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.

15 Selfs voordat hulledie vet aan die brand steek, kom die dienaar van die priester en sê aan die man wat offer: Gee vleis om vir die priester te braai, want hy sal nie gekookte nie, maar net rou vleis van jou neem.

16 As die man vir hom sê: Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer — dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.

17 En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van dieHere,want die mense het die offer aan dieHereverag.

18 Maar Samuel het as seun gedien voor die aangesig van dieHere,omgord met ’n linneskouerkleed.

19 En sy moeder was gewoond om vir hom ’n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.

20 Dan seën Eli Élkana en sy vrou en sê: Mag dieHerejou ’n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan dieHereafgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.

21 En dieHerehetag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword ennogdrie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by dieHere.

22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seunsaan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms,

23 dan sê hy vir hulle: Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor?

24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van dieHereoortree.

25 As mens teen mens sondig,dan beslis die owerheid oor hom, maar as ’n mens teen dieHeresondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie,want dieHerewou hulle ombring.

26 Maar die seun Samuel hettoegeneem in grootte en in guns by dieHeresowel as by die mense.

Voorspelling van die val van Eli se huis.

27 EN daar het ’n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek dieHere:Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?

28 EnEk het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om dieskouerkleed te dra voor my aangesig; enEk het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.

29 Waaromverag julle my slagoffer en my spysoffer wat Ekin mywoning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My deur julle vet te voer met die beste van elke offergawe van my volk Israel?

30 Daarom spreek dieHere, die God van Israel:Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek dieHere:Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.

31 Kyk,die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.

32 Dan sal jy die benoudheid vanmywoning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die daegeen bejaarde wees nie.

33 Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.

34 En dit sal vir joudie teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en Pínehas, sal kom:Op een dag sal hulle altwee sterwe.

35 EnEk sal vir My ’n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, enEk sal vir hom ’n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig vanmy gesalfde kan wandel.

36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir ’n geldstukkie en ’n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek ’n stukkie brood kan eet.

I SAMUEL 3

Die gesig van Samuel.

1 EN die seun Samuel het dieHeregedien voor Eli,en die woord van dieHerewas skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.

2 In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap — sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie —

3 toedie lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaapin die tempel van dieHerewaar die ark van God was,

4 het dieHerena Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê.

6 Verder het dieHereSamuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.

7 Maar Samuel het dieHerenog nie geken nie; ook was die woord van dieHerenog nie aan hom geopenbaar nie.

8 En dieHerehet Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat dieHeredie seun geroep het.

9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek,Here, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.

10 Toe het dieHeregekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.

11 Toe het dieHereaan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ’n ding doen in Israelwaarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.

12 Dié dag sal Ek aan Eli vervulalles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.

13 En Ek sal hom te kenne gee dat Eksy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het;want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.

14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlikdie ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.

15 En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van dieHereoopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.

16 En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.

17 Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.

18 En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê:Hy is dieHere; laat Hom doen wat goed is in sy oë.

19 En Samuel het groot geword, endieHerewas met hom; enHy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.

20 En die hele Israelvan Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as ’n profeet van dieHere.

21 En dieHerehet weer verskyn inSilo; want dieHerehet Hom geopenbaar aan Samuel in Silodeur die woord van dieHere.

I SAMUEL 4

Die Filistyne verslaan Israel en neem die verbondsark. Dood van Eli se seuns en van Eli self.

1 EN die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan byEbenhaéser; maar die Filistyne het laer opgeslaan byAfek.

2 Toe die Filistyne hulle opstel om Israel te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vierduisend man doodgeslaan.

3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het dieHereons vandag voor die Filistyne verslaan?Laat ons die verbondsark van dieHereuitSilo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande.

4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die verbondsark van dieHerevan die leërskarewat op die gérubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die verbondsark van God.

5 En net toe die verbondsark van dieHerein die laer inkom, hef die hele Israel’n groot krygsgeskreeu aan,sodat die aarde gedreun het.

6 En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van ’n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van dieHerein die laer gekom het.

7 En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: God het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets het gister en eergister nie gebeur nie.

8 Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn.

9 Wees dapper en gedra julle soos manne, Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs diensoos hulle julle gedien het nie; gedra julle dan soos manne, en veg.

10 Toe het die Filistyne geveg, enIsrael is verslaan,sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertigduisend voetgangers geval.

11 Die ark van God is ook geneem, endie twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, het gesterwe.

12 Toe het ’n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekommet geskeurde klereen grond op sy hoof.

13 Terwyl hy aankom,sit Eli juis en uitkyk op ’n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu.

14 Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor, sê hy: Wat is dit vir ’n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan Eli meegedeel.

15 (Eli was agt-en-negentig jaar oud, ensy oë het styf gestaan, sodat hy nie kon sien nie.)

16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het daar gebeur, my seun?

17 En die boodskapper antwoord en sê: Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook ’n groot neerlaag onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en Pínehas, het ook gesterwe, en die ark van God is geneem.

18 Net toe hy melding maak van die ark van God, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.

19 En sy skoondogter, die vrou van Pínehas, was vér heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.

20 En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan:Wees nie bevrees nie, want jy het ’n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie,

21 maar die seuntjie Íkabod genoem en gesê:Weggevoer is die eer uit Israel — met die oog op die wegneming van die ark van God en met die oog op haar skoonvader en haar man.

22 En sy het gesê: Weggevoer is die eer uit Israel, omdat die ark van God geneem is.

I SAMUEL 5

Die ark in Filistéa.

1 EN die Filistyne het die ark van God geneem en dit vanEbenhaéser af naAsdod gebring.

2 Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis vanDagon gebring en dit langs Dagon neergesit.

3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lêmet sy gesig op die grond voor die ark van dieHere. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.

4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van dieHere; maardie hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagonse lyfhet aan hom oorgebly.

5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.

6 Maardie hand van dieHerewas swaar op die Asdodiete, en Hy het hulleverskrik en hulle getref metgeswelle, Asdod en sy grondgebied.

7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.

8 Daarom het hulle aldie vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En dié het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan naGat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring.

9 En nadat hulle dit oorgebring het, wasdie hand van dieHereteen die stad met ’n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.

10 Daarop stuur hulle die ark van God naEkron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.

11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het ’n dodelike verwarring in die hele stad gekom:die hand van God was daar baie swaar.

12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het.

I SAMUEL 6

Die ark word teruggestuur.

1 EN toe die ark van dieHeresewe maande lank in die land van die Filistyne was,

2 het die Filistyne die priesters en diewaarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van dieHeredoen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.

3 En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nieleeg weg nie, maar gee Hom ten volle’n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.

4 Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle sê:Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf gouemuise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste.

5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise watdie land verniel, engee eer aan die God van Israel; miskien sal Hysy hand ligter maak oor julle enjulle gode en julle land.

6 Waarom tog sal julle jul hart verhardsoos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie?

7 Neem dan nou watnodig isen maak’n nuwe wa; ook twee melkkoeie waargeen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe.

8 Neem dan die ark van dieHereen sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in ’n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.

9 En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied naBet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom.

10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en dié voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou.

11 En hulle het die ark van dieHereop die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle.

12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die eengrootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.

13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien.

14 En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was ’n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as ’n brandoffer aan dieHeregeoffer.

15 En dieLeviete het die ark van dieHereafgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan dieHerebrandoffers geoffer en slagoffers geslag.

16 En toedie vyf vorste van die Filistyne dit sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan naEkron.

17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as ’n skuldoffer aan dieHereteruggegee het: virAsdod een, virGasa een, virÁskelon een, virGat een, virEkron een.

18 En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van dieonbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van dieHereop neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes.

19 EnHy het onder die mense van Bet-Semes ’n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig manenvyftigduisend man gedood, omdat hulle die ark van dieHerebekyk het; en die volk het getreur, omdat dieHere’n groot slagting onder die volk aangerig het.

20 Toe sê die manne van Bet-Semes:Wie kan diens doen voor die aangesig van dieHere,hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?

21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners vanKirjat-Jeárim om te sê: Die Filistyne het die ark van dieHereteruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.

I SAMUEL 7

1 TOE het die manne vanKirjat-Jeárim gekom en die ark van dieHeregaan haal en dit in die huis vanAbinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van dieHerete bewaak.

Neerlaag van die Filistyne by Mispa.

2 EN van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop — dit was twintig jaar — en die hele huis van Israel het agter dieHereaan geweeklaag.

3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê:As julle met jul hele hart julle tot dieHerebekeer,verwyder dan die vreemde gode endie Astártes onder julle uit, en rig julle hart op dieHereen dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.

4 Daarop het die kinders van Israeldie Baäls en die Astártes verwyder en dieHerealleen gedien.

5 Verder het Samuel gesê:Versamel die hele Israel by Mispa,dan sal ek tot dieHerevir julle bid.

6 Hulle kom toe bymekaar byMispa, en hulle hetwater geskep en dit voor die aangesig van dieHereuitgegiet, en dié dag het hullegevas en daar gesê:Ons het gesondig teen dieHere. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.

7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.

8 En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om dieHereonse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.

9 Toe het Samuel ’n suiglam geneem en dit as ’n brandoffer in sy geheel aan dieHeregeoffer, en Samuel het dieHereaangeroep vir Israel; en dieHerehet hom verhoor.

10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het dieHeredit dié dag met ’n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hullein verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.

11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.

12 Toe het Samuel’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het dieHereons gehelp.

13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie,en die hand van dieHerewas teen die Filistyne al die dae van Samuel.

14 Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, vanEkron af tot byGat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en dieAmoriete.

15 En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.

16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek naBet-el enGilgal enMispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.

17 Dan gaan hy naRama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daarvir dieHere’n altaar gebou.

I SAMUEL 8

Die volk wil ’n koning hê.

1 EN toe Samuel oud was,het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.

2 Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Abía, rigters inBerséba.

3 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle hetonregverdige wins agternageloop enomkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.

4 Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel inRama

5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie;stel nou ’n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.

6 Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ’n koning om ons te rig, en Samuel het tot dieHeregebid.

7 Toe sê dieHerevir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, wantnie jou het hulle verwerp nie, maarMy het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het — so doen hulle ook met jou.

9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulledie reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.

10 Samuel het toe al die woorde van dieHereoorgebring aan die volk wat ’n koning van hom gevra het.

11 En hy het gesê:Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer:Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;

12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en omsy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.

13 Ook julle dogters sal hy neem assalfmengsters en as kooksters en baksters.

14 Envan julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.

15 En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.

16 En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.

17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.

18 En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en dieHeresal julle in dié dag nie verhoor nie.

19 Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees,

20 dat ons ook kan weessoos al die nasies — dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.

21 En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van dieHereuitgespreek.

22 Toe sê dieHerevir Samuel:Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.