I SAMUEL 5

Die ark in Filistéa.

1 EN die Filistyne het die ark van God geneem en dit vanEbenhaéser af naAsdod gebring.

2 Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis vanDagon gebring en dit langs Dagon neergesit.

3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lêmet sy gesig op die grond voor die ark van dieHere. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.

4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van dieHere; maardie hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagonse lyfhet aan hom oorgebly.

5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.

6 Maardie hand van dieHerewas swaar op die Asdodiete, en Hy het hulleverskrik en hulle getref metgeswelle, Asdod en sy grondgebied.

7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.

8 Daarom het hulle aldie vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En dié het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan naGat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring.

9 En nadat hulle dit oorgebring het, wasdie hand van dieHereteen die stad met ’n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.

10 Daarop stuur hulle die ark van God naEkron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.

11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het ’n dodelike verwarring in die hele stad gekom:die hand van God was daar baie swaar.

12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven − 5 =