I KRONIEKE 29

Vrywillige offers vir die tempel.

1 VERDER het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het,is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir ’n mens is die paleis nie, maar vir dieHereGod.

2 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer- en koper vir die koper-, yster vir die yster- en hout vir die houtwerke;oniksstene ensteneom in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.

3 Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:

4 drieduisend talente goud, uit goud vanOfir, en seweduisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;

5 goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpeen vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vulvir ’n offeraan dieHere?

6 Toe het vrywillig gegee: diefamilie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ookdie owerstes oor die diens van die koning.

7 En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyfduisend talente en tienduisenddarieke; en aan silwer tienduisend talente; en aan koper agttienduisend talente; en aan yster honderdduisend talente.

8 En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van dieHereonder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.

9 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met ’n volkome hart het hullevrywillig aan dieHeregegee, en ook koning Dawid was baie bly.

Gebed van Dawid. Sy dood.

10 EN Dawid het dieHeregeloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê:U sy geloofd,Here, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.

11 Aan U,Here, kom toe diegrootheid en diemag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U,Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; enin u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

13 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.

14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

15 Want ons isvreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders;ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.

16 Hereonse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ’n huis te bou — dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.

17 En ek weet, my God, dat Udie hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.

18 Here, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so ’ngesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;

19 en gee aan my seun Salomo ’nvolkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om diepaleis te bou watek voorberei het.

20 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou dieHerejulle God. Toe het die hele vergaderingdieHere, die God van hulle vaders, geloof; enhulle het gebuig en voor dieHereen voor die koning neergeval.

21 En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan dieHeregeoffer enbrandoffers aan dieHeregebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.

22 En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van dieHeremet groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid,vir die tweede maal koning gemaak enas vors gesalf vir dieHereen Sadok as priestergesalf.

23 So het Salomo dan op die troon van dieHeregaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.

24 En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.

25 En dieHerehet Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, enHy het ’n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.

26 So was dan Dawid, die seun van Ísai, koning oor die hele Israel;

27 en die dae wat hy oor Israel geregeer het, wasveertig jaar;in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig geregeer.

28 En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword.

29 En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis vandie siener Samuel en in die Geskiedenis vandie profeet Natan en in die Geskiedenis vandie siener Gad,

30 saam met sy hele koningskap en sy heldedade endie tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.

II KONINGS 1

Siekte en dood van Ahásia, koning van Israel, volgens die voorspelling van Elía.

1 EN Moab het na die doodvan Agab van Israelafvallig geword.

2 En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god vanEkron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.

3 Maar die Engel van dieHerehet vir Elía, dieTisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?

4 Daarom dan, so sê dieHere: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.

5 En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?

6 En hulle antwoord hom: ’n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê dieHere: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

7 Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?

8 En hulle antwoord hom:’n Man met ’n harigemantelen omgord met ’n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!

9 En hy het ’n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom:Man van God, die koning spreek: Kom af!

10 Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ’n man van God is,mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.

11 En hy het weer ’n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!

12 Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek ’n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer!En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.

13 En hy het weer ’n owerste van ’n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig,kosbaar wees in u oë!

14 Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!

15 Toe sê die Engel van dieHerevir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan

16 en met hom gespreek: So sê dieHere: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg — is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? — daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

17 En hy het gesterwe volgens die woord van dieHerewat Elía gespreek het; enJoram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.

18 En die verdere geskiedenis van Ahásia, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

II KONINGS 2

Elía word in die hemel opgeneem.

1 EN toe dieHereElía in ’n storm na die hemel sou opneem, het Elía metElísa uitGilgal uitgegaan.

2 En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want dieHerestuur my naBet-el. Maar Elísa het gesê:So waar as dieHereleef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.

3 Toe gaan dieprofete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat dieHerevandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.

4 En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want dieHerestuur my naJérigo. Maar hy sê: So waar as dieHereleef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom.

5 Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na Elísa toe aan en vra hom: Weet u dat dieHerevandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.

6 En Elía sê vir hom: Bly tog hier, want dieHerestuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as dieHereleef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.

7 En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op ’n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan.

8 Toe neem Elíasy mantel en rol dit op en slaan op die water; endit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.

9 En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog’n dubbele deel van u gees op my kom.

10 En hy sê: Jy het ’n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.

11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens’n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.

12 En Elísa het dit gesien en geroep:My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.

Elísa tree as profeet op. Sy wonders.

13 DAARNA tel hy die mantel van Elía op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;

14 en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is dieHere, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.

15 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het ditop ’n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig

16 en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskiendie Gees van dieHerehom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuurhullenie!

17 Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en dié het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18 En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in Jérigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?

19 En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.

20 En hy antwoord: Bring vir my ’n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom engooi die sout daarin en sê: So spreek dieHere: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.

22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.

23 En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!

24 Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien enhulle gevloek in die Naam van dieHere; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.

25 En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan naSamaría teruggekom.

II KONINGS 3

Wonderbare verlossing van die verbonde leërs van Juda, Israel en Edom.

1 EN Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyderwat sy vader gemaak het.

3 Maar hy hetdie sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.

4 En Mesa, die koning van Moab,was ’n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol.

5 Maarná die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van Israel afvallig geword.

6 En in dieselfde tyd het koning Joram uit Samaría uitgetrek en die hele Israel gemonster.

7 Ook het hy Jósafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek;ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

8 En hy vra: Met watter pad sal ons optrek? Toe antwoord hy: Met die pad deur die woestyn van Edom.

9 So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda endie koning van Edom; maar nadat hulle ’n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.

10 Toe sê die koning van Israel: Ag, dieHerehet hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!

11 EnJósafat vra: Is hier nie ’n profeet van dieHere, dat ons deur hom dieHerekan raadpleeg nie?Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat,wat water op die hande van Elía gegiet het.

12 Daarop sê Jósafat: By hom is die woord van dieHere. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.

13 Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê:Wat het ek met u te doen?Gaan na die profete van u vader endie profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want dieHerehet hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.

14 En Elísa sê:So waar as dieHerevan die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.

15 Maar bring nou vir my ’nsiterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, hetdie hand van dieHereop hom gekom,

16 en hy het gesê: So spreek dieHere: Maak hierdie dal vol gate.

17 Want so spreek dieHere: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.

18 Ja, dit is nog tegering in die oë van dieHere: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.

19 En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.

20 En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulledie spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.

21 En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan.

22 Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op ’n afstand die water rooi soos bloed.

23 En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete!

24 Maar toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan.

25 Daarna het hulle die stede verwoes enop elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat ditdaarvanvol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net inKir-Haréset die klipmuredaarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet,

26 en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, het hy sewehonderd man wat die swaard uittrek, met hom saamgeneem om na die koning van Edom deur te breek; maar hulle kon nie.

27 Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het ’n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en nahulleland teruggegaan het.

II KONINGS 4

Die olie van die weduwee. Die seun van die Sunamitiese vrou. Die giftige kos en die twintig garsbrode.

1 EN ’n sekere vrou uit die vroue van dieprofete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar dieHeregevrees het;nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.

2 Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie.

3 En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie.

4 Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is.

5 Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in.

6 Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan.

7 Daarop kom sy om ditdie man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.

8 En op ’n dag het Elísa verbygegaan naSunem; en daar was’n vermoënde vrou wat by hom aangehou het dat hy brood sou eet. En so dikwels as hy verbygaan, het hy daarheen weggedraai om brood te eet.

9 En sy het aan haar man gesê: Kyk tog, ek merk dat dit ’n heilige man van God is wat gedurig by ons verbygaan;

10 laat ons tog ’n klein ommuurde bo-kamer maak, en laat ons daar vir hom ’n bed en ’n tafel en ’n stoel en ’n lamp neersit; wanneer hy dan by ons kom, kan hy daar intrek.

11 En toe hy op ’n dag daar kom, het hy in die bo-kamer ingetrek en daar gaan lê

12 en aan sy dienaar Gehási gesê: Roep hierdie Sunamitiese vrou. Nadat hy haar dan geroep en sy voor hom gaan staan het,

13 sê hy vir hom: Vra haar tog: Kyk, jy het al hierdie sorg aan ons bestee; wat kan daar vir jou gedoen word? Kan daar vir jou ’n goeie woord gedoen word by die koning of dieleërowerste? Maar sy antwoord: Ek woon onder my volk.

14 Daarop sê hy: Wat kan daar dan vir haar gedoen word? En Gehási antwoord: Voorwaar, sy het geen seun nie, en haar man is oud.

15 En hy sê: Roep haar. En toe hy haar geroep en sy in die deur gaan staan het,

16 sê hy:Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God,moenie vir u dienares lieg nie!

17 En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar op daardie tyd oor ’n jaar, soos Elísa met haar gespreek het.

18 Maar toe die kind groot was, het hy op ’n dag uitgegaan na sy vader, na die maaiers,

19 en vir sy vader gesê:My kop, my kop! Dié sê toe vir ’n dienaar: Dra hom na sy moeder.

20 En hy het hom gedra en by sy moeder gebring. En hy het op haar knieë gesit tot die middag en gesterwe.

21 En sy het opgeklim en homop die bed van die man van God neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan.

22 Daarop roep sy haar man en sê: Stuur tog vir my een van die dienaars met een van die eselinne, dat ek gou na die man van God kan gaan en terugkom.

23 En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geennuwemaan of sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus!

24 Toe saal sy die esel op en sê aan haar dienaar: Jaag aan en gaan voort; hou my nie op in die ry nie, behalwe as ek jou sê.

25 Sy het dan weggegaan en by die man van God opdie berg Karmel gekom. Sodra die man van God haar op ’n afstand sien, sê hy aan sy dienaar Gehási: Kyk, daar is dié Sunamitiese vrou!

26 Loop haar nou tog tegemoet en sê vir haar: Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met u kind? En sy antwoord: Goed.

27 Maar toe sy by die man van God opdie berg kom,het sy sy voete gegryp. En Gehási het aangekom om haar weg te stoot; maar die man van God sê: Laat haar staan, want haar siel is bitter bedroef in haar, en dieHerehet dit vir my verberg en my dit nie meegedeel nie.

28 En sy sê: Het ek van my heer ’n seun gevra?Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie?

29 En hy sê vir Gehási:Gord jou heupe en neem my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom,groet hom nie; en as iemand jou groet, antwoord hom nie; enlê my staf op die gesig van die seun.

30 Maar die moeder van die seun sê:So waar as dieHereleef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hy het opgestaan en agter haar aan geloop.

31 En Gehási het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê; maar daar was geen stem en geen opmerksaamheid nie. Daarop gaan hy terug hom tegemoet en bring hom die berig en sê: Die seunhet nie wakker geword nie.

32 En toe Elísa in die huis kom, was die seun dood, neergelê op sy bed!

33 En hy het ingegaan endie deur agter hulle twee toegesluiten tot dieHeregebid.

34 Daarna klim hy op en gaan lê op die kind en sit sy mond op dié se mond en sy oë op dié se oë en sy hande op dié se handeen buig oor hom neer; en die vlees van die kind het warm geword.

35 Daarop het hy teruggekom en in die huis een keer heen en weer geloop, om danopnuutop te klim en oor hom neer te buig; en die seun het sewe maal genies; en die seun het sy oë oopgemaak.

36 Toe roep hy Gehási en sê: Roep hierdie Sunamitiese vrou. Nadat hy haar dan geroep en sy by hom gekom het, sê hy: Tel jou seun op.

37 En sy het ingekom en voor sy voete geval en na die aarde gebuig;en sy het haar seun opgetel en uitgegaan.

38 Weer het Elísa inGilgal gekom, en daar washongersnood in die land; en terwyl dieprofete-seunsvoor hom sit, sê hy aan sy dienaar: Sit die groot pot op en maak ’n kooksel klaar vir die profete-seuns.

39 Toe gaan een uit in die veld om groente te versamel; en hy het wilde ranke gekry en daarvan sy kleed vol karkoere gepluk en gekom en dit in die kookpot stukkend gesny; want hulle het dit nie geken nie.

40 Daarna het hulle vir die manne opgeskep om te eet; maar net toe hulle van die kooksel eet, skreeu hulle en roep: Man van God, die dood is in die pot! En hulle kon dit nie eet nie.

41 Maar hy sê: Gaan haal dan meel. Enhy gooi dit in die pot en sê: Skep uit vir die mense, dat hulle eet. En daar was niks verkeerds in die pot nie.

42 En daar het ’n man van Baäl-Salísa gekomen vir die man van God eerstelingsbrode, twintig garsbrode, envars graan in sy mandjie gebring. En hy het gesê:Gee vir die mense, dat hulle eet.

43 En sydienaar antwoord: Hoe kan ek dit aan honderd man voorsit? Maar hy sê: Gee vir die mense, dat hulle eet, want so spreek dieHere: Hulle sal eet en oorhou.

44 En hy sit dit hulle voor, en hulle het geëet en oorgehou volgens die woord van dieHere.

II KONINGS 5

Naäman, die Arameër, word genees van sy melaatsheid. Gehási word melaats.

1 EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het dieHereaan die Arameërs ’n oorwinning gegee; en die man was ’n dapper held,maarmelaats.

2 En die Arameërs hetin bendes uitgetrek en uit die land van Israel ’n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het.

3 En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.

4 Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom.

5 En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil ’n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaanen tien talente silwer en sesduisendsikkelsgoud en tienstel klere saam met hom geneem,

6 enaan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.

7 Sodra die koning van Israel die brief gelees het,skeur hy sy klere en sê:Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van ’n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sientog net hoedat hy ’n geleentheid teen my soek.

8 Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ’n profeet in Israel is.

9 So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van Elísa se huis stilgehou.

10 Toe stuur Elísa ’n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen,was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.

11 Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van dieHeresy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.

12 Is Abána en Farpar, die riviere vanDamaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.

13 Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê:My vader, as die profeet u ’n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?

14 Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, ensy vlees het teruggekeer soos die vlees van ’n jong seun, enhy het rein geword.

15 Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daargeen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog’n geskenk aan van u dienaar.

16 Maar hy sê:So waar as dieHereleef voor wie se aangesig ek staan,ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.

17 En Naäman het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar ’n vrag grond gegee word, soveel as ’n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan dieHere.

18 Mag dieHerein hierdie saak u dienaar vergewe: as my heer in die huis van Rimmon ingaan om hom daar neer te buig,terwyl hy op my hand leun, sodat ek my ook in die huis van Rimmon neerbuig — as ek my neerbuig in die huis vanRimmon, mag dieHeredan tog in hierdie saak u dienaar vergewe.

19 En hy sê vir hom:Gaan in vrede! Nadat hy ’n ent pad van hom weggetrek het,

20 sêGehási, die dienaar van Elísa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Naäman verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie.So waar as dieHereleef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem.

21 So het Gehási dan Naäman haastig gevolg. En toe Naäman een agter hom aan sien hardloop, het hyvan die wa afgespring hom tegemoet en gesê: Gaan dit goed?

22 En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne,profete-seuns, vandie gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog ’n talent silwer en twee stel klere.

23 En Naäman sê: Neemasseblief twee talente! En hy het by hom aangehou en twee talente silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met twee stel klere aan twee van sy dienaars gegee, wat dit voor hom uit gedra het.

24 En toe hy by die heuwel aankom, het hy dit uit hulle hand geneem en in die huis in bewaring gegee en die manne laat gaan; en hulle het weggegaan.

25 Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê Elísa vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.

26 Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ’n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?

27 Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaanmelaats, soos sneeu.

II KONINGS 6

Elísa laat die yster drywe. Die Arameërs word verblind.

1 EN dieprofete-seuns het vir Elísa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.

2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan ’n balk gaan haal, dat ons daar vir ons ’n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.

3 Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.

4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.

5 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!

6 En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy ’n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.

7 En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.

8 Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op dié en dié plek sal my laer staan.

9 Maar die man van God het die koning van Israel laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af.

10 Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie.

11 Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?

12 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar Elísa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.

13 En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar inDotan.

14 So het hy dan daarheen perde en strydwaens en ’n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.

15 En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ’n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?

16 Maar hy antwoord: Vrees nie; wantdie wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

17 En Elísa het gebid en gesê:Here, open tog sy oë, dat hy kan sien. En dieHerehet die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg volperde en waens van vuur rondom Elísa.

18 En toe hulle na hom afkom, het Elísa tot dieHeregebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van Elísa met blindheid geslaan.

19 Daarop sê Elísa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samaría gelei.

20 En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa:Here, open hulle oë, dat hulle kan sien. En dieHerehet hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría!

21 En die koning van Israel sê vir Elísa toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader?

22 Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het?Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.

23 En hy het hulle ’n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En diebendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie.

Beleg en wonderbare verlossing van Samaría.

24 EN daarna hetBénhadad, die koning van Aram, sy hele leër versamel en opgetrek en Samaría beleër.

25 En daar was ’n groot hongersnood in Samaría, want hulle het dit beleër totdat ’n eselskop tagtigsikkelssilwer en ’n kwart-kab duiwemis vyfsikkelssilwer werd was.

26 En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep ’n vrou na hom en sê: Help, heer koning!

27 Maar hy antwoord: As dieHerejou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip?

28 Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet.

29 Sohet ons dan my seun gekook en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun, dat ons hom eet — het sy haar seun weggesteek.

30 En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop — die mense het gesien hoe daar ’n roukleed onder op sy liggaam was —

31 en hy sê:Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van Elísa, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan.

32 En terwyl Elísa in sy huis sit endie oudstes by hom sit, hetdie koning’n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdiemoordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg.Is die geruis van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?

33 Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. Endie koningsê: Kyk, hierdie onheil kom van dieHere; wat sou ek langer op dieHerewag?

II KONINGS 7

1 TOE sê Elísa: Hoor die woord van dieHere! So spreek dieHere:Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría.

2 Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê:Al maak dieHereook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.

3 En daar was vier melaatse manneby die ingang van die poort; hulle het die een vir die ander gesê: Wat bly ons hier totdat ons sterwe?

4 As ons sê: Laat ons in die stad ingaan — aangesien daar hongersnood in die stad is — sal ons daar sterwe; en as ons hier bly, sal ons sterwe; kom dan nou en laat ons oorloop na die laer van die Arameërs. As hulle ons laat lewe, dan bly ons lewe; en as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons.

5 En hulle het klaargemaak indie aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was daar niemand nie.

6 Want dieHerehet die leër van die Arameërs ’ngedruis van waens en ’n gedruis van perde, ’n gedruis van ’n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel hetdie konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.

7 Daarom het hulle in die skemer klaargemaak en gevlug, maar hulle tente en perde en esels, die laer soos dit was, in die steek gelaat; en hulle het vir hul lewe gevlug.

8 En toe daardie melaatse manne by die kant van die laer kom, het hulle een tent binnegegaan en geëet en gedrink en daar silwer en goud en klere uit weggeneem en dit gaan begrawe. Daarna het hulle teruggekom en ’n ander tent binnegegaan en ook daaruit weggeneem en dit gaan begrawe.

9 Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is ’n dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die koning vertel.

10 En hulle het gekom en na die poortwagters van die stad geroep en aan hulle berig gebring en gesê: Ons het by die laer van die Arameërs gekom, maar kyk, daar was niemand en geen mens se stem nie, maar net vasgemaakte perde en vasgemaakte esels en tente net soos dit was.

11 En die poortwagters het geroep en dit binne-in die huis van die koning vertel.

12 Toe staan die koning in die nag op en sê aan sy dienaars: Laat ek julle vertel wat die Arameërs aan ons gedoen het. Hulle weet dat ons honger ly; daarom het hulle uit die laer getrek om hulle in die veld weg te steek, en gesê: As hulle uit die stad uittrek, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom.

13 Maar een van sy dienaars antwoord en sê: Laat hulle dan tog vyf van die perde wat hier oorgebly het, neem — kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat hier oor is; kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat omgekom het — laat ons dié dan stuur en sien.

14 Hulle neem toe twee strydwaens met perde; en die koning het agter die leër van die Arameërs aan gestuur en gesê: Gaan kyk.

15 En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee.

16 Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en ’n maat fynmeel het ’n sikkel gekos, en twee mate gars ’n sikkel,volgens die woord van dieHere.

17 En die koning hetdie adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreektoe die koning na hom afgekom het.

18 Want toe die man van God met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent sulke tyd sal twee mate gars ’n sikkel, en ’n maat fynmeel ’n sikkel werd wees in die poort van Samaría —

19 het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak dieHereook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.

20 En so het dit met hom gegaan — die mense het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het.

II KONINGS 8

Die sewe jaar hongersnood. Die eiendom van die Sunamitiese vrou.

1 EN Elísa het met die vrou gespreekwie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef,want dieHerehet ’n hongersnood geroep — wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.

2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.

3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om ’n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.

4 Die koning was juis besig om metGehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.

5 En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási sê: My heer die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Elísa lewendig gemaak het.

6 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar ’n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.

Hásael word koning van Aram.

7 EN Elísa het inDamaskus aangekom, terwylBénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.

8 Toe sê die koning virHásael: Neem’n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet enraadpleeg dieHeredeur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?

9 Daarop het Hásael hom tegemoetgegaan en ’n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, ’n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê:U seun Bénhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?

10 En Elísa antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want dieHerehet my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.

11 En hy het sy gesig strak na hom gerigtotdat hy verleë was; en die man van God het geween.

12 Toe sê Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weetwatter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring enhulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.

13 Maar Hásael sê: Watis u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord:DieHerehet my jou laat sien as koning oor Aram.

14 Daarop het hy van Elísa af weggegaan, en toe hy by sy heer kom, het dié hom gevra: Wat het Elísa vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê:U sal sekerlik gesond word.

15 Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en Hásael het in sy plek koning geword.

Jehóram en Ahásia konings van Juda.

16 EN in die vyfde jaar vanJoram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, hetJehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword.

17 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.

18 En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy hetdie dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

19 Maar dieHerewou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg,volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd ’n lamp vir sy seuns sou gee.

20 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en’n koning oor hulle aangestel.

21 Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe hetna hulle tente gevlug.

22 So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd hetLibna afvallig geword.

23 En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

24 En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawein die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

25 In dietwaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.

26 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.

27 En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.

28 En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek byRamot in Gílead teenHásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.

29 Enkoning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram;en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

II KONINGS 9

Jehu word koning van Israel en begin met die uitroeiing van Agab se geslag.

1 TOE roep die profeet Elísa een vandie profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdiekruik met olie in jou hand en gaan naRamot in Gílead.

2 As jy daar kom, kyk dan waarJehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan ondersy broers uit en bring hom in ’n binnekamer;

3 neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek dieHere: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.

4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in Gílead.

5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het ’n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!

6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek dieHere, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van dieHere, oor Israel.

7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van dieHereop Isébel kan wreek;

8 en die hele huis van Agab sal omkom, enEk sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis vanJeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis vanBaésa, die seun van Ahía.

10 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wathaarbegrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.

11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom:Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.

12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek dieHere: Ek salf jou as koning oor Israel.

13 Toeneem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulleblaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!

14 Daarop het Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, ’n sameswering gesmee teen Joram.En Joram was besig om by Ramot in Gílead wag te hou, hy en die hele Israel, teenHásael, die koning van Aram.

15 Intussen hetkoning Joram teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in Jísreël te gaan vertel nie.

16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.

17 En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien ’n skare. Toe sê Joram: Neem ’n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?

18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.

19 Daarop stuur hy ’n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!

20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe issoos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos ’n kranksinnige.

21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; enJoram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.

22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as diehoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?

23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!

24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.

25 Daarop sê hy aansy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het endieHereoor hom hierdieuitspraak gegee het:

26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek dieHere, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek dieHere. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van dieHere.

27 Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê:Skiet hom ook!En hulle het hom geskietin die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.

28 En sy dienaarshet hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.

29 En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia koning oor Juda geword.

30 En Jehu het in Jísreël gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.

31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed,Simri, moordenaar van jou heer?

32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;

33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.

34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, wantsy is ’n koningsdogter.

35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.

36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van dieHerewat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik:Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet.

37 En die lyk van Isébel salsoos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.