II KONINGS 9

Jehu word koning van Israel en begin met die uitroeiing van Agab se geslag.

1 TOE roep die profeet Elísa een vandie profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdiekruik met olie in jou hand en gaan naRamot in Gílead.

2 As jy daar kom, kyk dan waarJehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan ondersy broers uit en bring hom in ’n binnekamer;

3 neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek dieHere: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.

4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in Gílead.

5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het ’n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!

6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek dieHere, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van dieHere, oor Israel.

7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van dieHereop Isébel kan wreek;

8 en die hele huis van Agab sal omkom, enEk sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis vanJeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis vanBaésa, die seun van Ahía.

10 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wathaarbegrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.

11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom:Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.

12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek dieHere: Ek salf jou as koning oor Israel.

13 Toeneem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulleblaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!

14 Daarop het Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, ’n sameswering gesmee teen Joram.En Joram was besig om by Ramot in Gílead wag te hou, hy en die hele Israel, teenHásael, die koning van Aram.

15 Intussen hetkoning Joram teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in Jísreël te gaan vertel nie.

16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.

17 En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien ’n skare. Toe sê Joram: Neem ’n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?

18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.

19 Daarop stuur hy ’n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!

20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe issoos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos ’n kranksinnige.

21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; enJoram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.

22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as diehoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?

23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!

24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.

25 Daarop sê hy aansy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het endieHereoor hom hierdieuitspraak gegee het:

26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek dieHere, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek dieHere. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van dieHere.

27 Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê:Skiet hom ook!En hulle het hom geskietin die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.

28 En sy dienaarshet hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.

29 En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia koning oor Juda geword.

30 En Jehu het in Jísreël gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.

31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed,Simri, moordenaar van jou heer?

32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;

33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.

34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, wantsy is ’n koningsdogter.

35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.

36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van dieHerewat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik:Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet.

37 En die lyk van Isébel salsoos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten + eight =