I KRONIEKE 29

Vrywillige offers vir die tempel.

1 VERDER het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het,is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir ’n mens is die paleis nie, maar vir dieHereGod.

2 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer- en koper vir die koper-, yster vir die yster- en hout vir die houtwerke;oniksstene ensteneom in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.

3 Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:

4 drieduisend talente goud, uit goud vanOfir, en seweduisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;

5 goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpeen vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vulvir ’n offeraan dieHere?

6 Toe het vrywillig gegee: diefamilie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ookdie owerstes oor die diens van die koning.

7 En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyfduisend talente en tienduisenddarieke; en aan silwer tienduisend talente; en aan koper agttienduisend talente; en aan yster honderdduisend talente.

8 En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van dieHereonder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.

9 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met ’n volkome hart het hullevrywillig aan dieHeregegee, en ook koning Dawid was baie bly.

Gebed van Dawid. Sy dood.

10 EN Dawid het dieHeregeloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê:U sy geloofd,Here, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.

11 Aan U,Here, kom toe diegrootheid en diemag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U,Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; enin u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

13 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.

14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

15 Want ons isvreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders;ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.

16 Hereonse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ’n huis te bou — dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.

17 En ek weet, my God, dat Udie hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.

18 Here, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so ’ngesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;

19 en gee aan my seun Salomo ’nvolkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om diepaleis te bou watek voorberei het.

20 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou dieHerejulle God. Toe het die hele vergaderingdieHere, die God van hulle vaders, geloof; enhulle het gebuig en voor dieHereen voor die koning neergeval.

21 En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan dieHeregeoffer enbrandoffers aan dieHeregebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.

22 En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van dieHeremet groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid,vir die tweede maal koning gemaak enas vors gesalf vir dieHereen Sadok as priestergesalf.

23 So het Salomo dan op die troon van dieHeregaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.

24 En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.

25 En dieHerehet Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, enHy het ’n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.

26 So was dan Dawid, die seun van Ísai, koning oor die hele Israel;

27 en die dae wat hy oor Israel geregeer het, wasveertig jaar;in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig geregeer.

28 En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword.

29 En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis vandie siener Samuel en in die Geskiedenis vandie profeet Natan en in die Geskiedenis vandie siener Gad,

30 saam met sy hele koningskap en sy heldedade endie tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 + five =