I KRONIEKE 19

Dawid verslaan die Ammoniete en hulle bondgenote as gevolg van die belediging van sy gesante.

1 DAARNA het Nahas, die koning van die kinders van Ammon, gesterwe, en sy seun het in sy plek koning geword.

2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, want sy vader het aan my guns bewys. Daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Toe dan die dienaars van Dawid in die land van die kinders van Ammon by Hanun aankom om hom te troos,

3 het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die land te deursoek en dit om te keer en te verken nie?

4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer hulle en sny hulle klere in die helfte af tot by die sitplek, en hy het hulle laat gaan.

5 En toe hulle heengegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hybodesom hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uitMesopotámië en uitAram-Máäga en uit Soba te huur.

7 En hulle het vir hulle twee-en-dertigduisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voorMedéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.

8 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.

9 En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was.

10 Toe Joab sien dat ’n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.

11 Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.

12 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.

13 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag dieHeredan doen wat goed is in sy oë!

14 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.

15 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.

16 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.

17 Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.

18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs seweduisend trekperde en veertigduisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.

19 En toe die dienaars van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.

I KRONIEKE 20

1 EN ná verloop van ’n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. EnJoab het Rabba verslaan en dit afgebreek.

2 En Dawidhet die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan ’n talent goud was; en daarin was ’n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het ’n baie groot buit van die stad uitgebring.

3 Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring enhullemet die saag laat saag, en met ysterpenne en met bylelaat werk;en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

Ander oorwinnings oor die Filistyne.

4 EN daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïete verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.

5 En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.

6 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was ’n baie lang man met ses vingers aan elkehand en voet,vier-en-twintig; en hy was ook ’n afstammeling van die Refaïete.

7 En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

8 Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

I KRONIEKE 21

Telling van die volk. Pes in Israel.

1 TOE hetSatan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.

2 En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.

3 En Joab sê: Mag dieHereby sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?

4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.

5 En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel waselfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en Juda vierhonderd-en-sewentigduisend man wat die swaard uittrek.

6 Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab ’n gruwel.

7 En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

8 Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.

9 En dieHerehet met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:

10 Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek dieHere: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.

11 Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek dieHere: Kies vir jou

12 òfdrie jaar lank hongersnood, òf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyandejouinhaal, òf drie dae lank die swaard van dieHere, naamlik pes in die land deurdat die engel van dieHereverderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.

13 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van dieHereval, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

14 En dieHerehet ’n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentigduisend man geval.

15 En God het ’n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het dieHeredit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van dieHerehet by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.

16 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van dieHerestaan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.

17 En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen?Here, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as ’n plaag teen u volk nie.

18 Daarop gee die engel van dieHerebevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir dieHere’n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van dieHeregespreek het.

20 Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.

21 Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die aarde gebuig.

22 Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir dieHere’n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.

23 Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en diekoring as ’n spysoffer; ek gee dit alles.

24 Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir dieHereneem, dat ek verniet ’n brandoffer sou bring nie.

25 En Dawid het vir die plekseshonderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.

26 En Dawid het daar vir dieHere’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy dieHereaanroep,het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.

27 En dieHerehet die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.

28 In dié tyd, toe Dawid sien dat dieHerehom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;

29 want die tabernakel van dieHerewat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.

30 En Dawid het nie daarvoor durf verskynom God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van dieHere.

I KRONIEKE 22

Dawid maak toebereidsels vir die tempelbou.

1 EN Dawid het gesê:Dit is die huis van dieHereGod, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.

2 En Dawid het bevel gegee omdie vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.

3 En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;

4 verder sederblokke, ontelbaar; wantdie Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.

5 Want Dawid het gesê: My seun Salomois jonk en teer, en die huis wat vir dieHeregebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot ’n roem en ’n sieraad van al die lande; laat my dan vir homdie bouvoorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.

6 Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om ’n huis vir dieHere, die God van Israel, te bou.

7 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun,ek self het my voorgeneem om ’n huis te bou vir die Naam van dieHeremy God.

8 Maar die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:Jy het bloed in menigte vergiet engroot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam ’n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.

9 Kyk, ’n seun sal vir jou gebore word; hý sal ’n man van rus wees, en Ek sal homrus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.

10 Hý sal vir my Naam ’n huis bou, enhý sal vir My ’n seun wees, en Ek vir hom ’n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.

11 Nou, my seun, mag dieHeremet jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van dieHerejou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.

12 Mag dieHerejou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van dieHerejou God te onderhou.

13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat dieHereaan Moses oor Israel beveel het;wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.

14 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van dieHerehonderdduisend talente goud en ’n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.

15 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.

16 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag dieHeremet jou wees!

17 En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help,en gesê:

18 Was dieHerejulle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van dieHereen voor sy volk onderwerp.

19 Rig nou julle hart en julle siel daarop om dieHerejulle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van dieHereGod, dat julledie verbondsark van dieHereen die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van dieHeregebou sal word.

I KRONIEKE 23

Telling van die Leviete en hulle diens in die tabernakel.

1 TOE Dawid oud en afgeleef was, hethy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.

2 En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.

3 En die Leviete is getel, vandertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was,hoof vir hoof,agt-en-dertigduisend man.

4 Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die huis van dieHereen sesduisendopsigters en regters wees;

5 en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van dieHeremet die instrumente wat ek,het Dawid gesê,gemaak het om lof te sing.

6 EnDawid het hulle verdeel in afdelings volgensdie seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

7 Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.

8 Die seuns van Láedan was: die hoof Jéhiël en Setam en Joël, drie;

9 die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.

10 En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.

11 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam ’n familie, een klas gevorm het.

12 Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ússiël, vier.

13 Die seuns vanAmram was Aäron en Moses. EnAäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van dieHere, om Hom te dien enom in sy Naam tot in ewigheid te seën.

14 En wat Moses,die man van God, betref,sy seuns is by die stam van Levi gereken.

15 Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;

16 die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.

17 En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;

18 die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;

19 die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;

20 die seuns van Ússiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;

21 die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.

22 En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23 Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.

24 Dit wasdie seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, sooshulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van dieHeregedoen het,van twintig jaar oud en daarbo.

25 Want Dawid het gesê: DieHere, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

26 so hoef die Leviete dan ook nie meerdie tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

27 (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)

28 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van dieHere, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

29 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerdespysofferen vir al die inhoudsmate en lengtemate;

30 en om môre vir môre te staan om dieHerete loof en te prys, en net so saans;

31 en vir al die offerwerk van die brandoffers aan dieHereop die sabbatte, op die nuwemane enop die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van dieHere.

32 So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom endie dienstot hulpvan die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van dieHere.

I KRONIEKE 24

Dawid verdeel die priesters in vier-en-twintig klasse.

1 OOK die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad.Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

2 MaarNadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Ítamar die priesteramp bedien het.

3 En Dawid saam metSadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Ítamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.

4 Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Ítamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestienfamiliehoofde en vir die seuns van Ítamar volgens hulle families agt.

5 En hulle het hul deur dielot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Ítamar.

6 En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Ítamar.

7 En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,

8 die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,

9 die vyfde vir Malkía, die sesde vir Míjamin,

10 die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,

11 die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,

12 die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,

13 die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,

14 die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,

15 die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,

16 die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,

17 die een-en-twintigste vir Jagin, die twee-en-twintigste vir Gamul,

18 die drie-en-twintigste vir Delája, die vier-en-twintigste vir Maäsja.

19 Dit was hulle ampsorde vir hul diens,om in die huis van dieHerete gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos dieHere, die God van Israel, hom beveel het.

Hoofde van die kinders van Levi.

20 WAT die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.

21 Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.

22 Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.

23 En die seunsvanHebron:Jería,die eerste;Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.

24 Die seuns van Ússiël:Miga; van die seuns van Miga: Samir.

25 Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.

26 Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.

27 Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.

28 Van Magli: Eleásar;dié het geen seuns gehad nie.

29 Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.

30 En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

31 Enhulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

I KRONIEKE 25

Telling en verdeling van die heilige sangers.

1 EN Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns vanAsaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was —

2 van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.

3 Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van dieHere;

4 van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ússiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.

5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van dieHere, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.

7 En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van dieHere, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig.

8 En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.

9 Endie eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik virJosef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;

10 die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;

11 die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;

12 die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

13 die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;

14 die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;

15 die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;

16 die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

17 die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;

18 die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;

19 die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;

20 die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;

21 die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;

22 die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;

23 die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

24 die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;

25 die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;

26 die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;

27 die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;

28 die een-en-twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;

29 die twee-en-twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;

30 die drie-en-twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;

31 die vier-en-twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.

I KRONIEKE 26

Verdeling van die tempelwagters.

1 WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf.

2 EnMeselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,

3 Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

4 Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,

5 Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

6 Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

7 Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

8 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom.

9 Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.

10 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11 Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.

12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van dieHere.

13 Enhulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.

14 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat ’n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;

15 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;

16 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpadwat opdraand loop, wag naas wag.

17 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.

18 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.

19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

Skatbewaarders.

20 EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:

21 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;

22 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van dieHere.

23 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,

24 Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.

25 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.

26 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde,endie owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes,geheilig het —

27 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van dieHeredaarmee uit te rus —

28 ook alles wat die sienerSamuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, enAbner, die seun van Ner, enJoab, die seun van Serúja — wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.

Leviete wat benoem is as opsigters en regters.

29 VAN die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israelvir die uitwendige sake;

30 van die Hebroniete hetHasábja en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van dieHereen vir die diens van die koning.

31 Van die Hebroniete wasJería die hoof — daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, ’n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind inJaéser in Gílead —

32 en sy broers, dapper manne, tweeduisend-sewehonderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassietevir enige saak van God en enige saak van die koning.

I KRONIEKE 27

Die leër en sy hoofde.

1 EN dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend:

2 oor die eerste afdeling vir die eerste maand wasJasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.

3 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.

4 En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; enoorsy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

5 Die derde leërowerste vir die derde maand wasBenája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.

6 Hierdie Benája was’n held van die dertig en oor die dertig, enoorsy afdeling was sy seun, Ammísabad.

7 Die vierde vir die vierde maand wasÁsahel, die broer van Joab, enná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

8 Die vyfde vir die vyfde maand was die owersteSamhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

9 Die sesde vir die sesde maand wasIra, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

10 Die sewende vir die sewende maand wasHeles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

11 Die agtste vir die agtste maand wasSíbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

12 Die negende vir die negende maand wasAbiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

13 Die tiende vir die tiende maand wasMáharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

14 Die elfde vir die elfde maand wasBenája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

15 Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

Die hoofde van die twaalf stamme.

16 EN oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;

17 oor die Leviete wasHasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete,Sadok;

18 oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;

19 oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Ásriël;

20 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;

21 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;

22 oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.

23 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want dieHerehet gesê dat Hy Israel sou vermeerdersoos die sterre aan die hemel.

24 Joab, die seun van Serúja, het begin tel,maar nie voleindig nie,omdat hieroor ’n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.

Ander beamptes van Dawid.

25 EN oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Ádiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.

26 En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.

27 En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.

28 En oor die olyfbome en diewildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hánan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.

29 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Ádlai.

30 En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.

31 En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.

32 En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was ’n man van deursig en ’n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.

33 EnAgitófel was raadgewer van die koning; enHúsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.

34 En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Ábjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

I KRONIEKE 28

Dawid se laaste bevele aan Salomo omtrent die bou van die tempel.

1 TOE het Dawidal die owerstes van Israel,die stamowerstes endie owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd endie owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars endie helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.

2 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk!Ek self het my voorgeneem om ’n huis van rus vir die verbondsark van dieHerete bou en virdie voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.

3 Maar God het aan my gesê:Jy mag vir my Naam nie ’n huis bou nie, want jy is ’n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.

4 Maar dieHere, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie omvir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, enin die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

5 En uit al my seuns — want dieHerehet my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van dieHereoor Israel.

6 En Hy het aan my gesê:Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as ’n seun verkies, en Ék sal vir hom ’n Vader wees.

7 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.

8 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van dieHere, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van dieHerejulle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.

9 En jy, my seun Salomo,ken die God van jou vader en dien Hom met’n volkome hart en met ’n gewillige siel,want dieHeredeursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maaras jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

10 Kyk nou, dieHerehet jou verkies om ’n huis vir ’n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.

11 En Dawid het aan sy seun Salomo’n voorbeeld gegee vandie voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sybovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek vandie versoendeksel;

12 en ’n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van dieHereen van aldie kamers rondom endie skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;

13 en vandie afdelings van die priesters en dieLeviete, en van al die dienswerk in die huis van dieHereen al die gereedskappe vir die diens in die huis van dieHere;

14 aan goud,het hy gegee,volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;

15 en die gewig aan goud vir diegoue kandelaars en hullelampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van ’n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;

16 en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;

17 en virdie vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;

18 en vir diereukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa,die gérubs, wathul vlerkemoet uitsprei en die verbondsark van dieHeremoet beskut.

19 Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hymygeleer volgens ’n beskrywinguit die hand van dieHerewat oor my was.

20 En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want dieHereGod, my God,sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van dieHerevoltooi het.

21 En daar isdie afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhandekunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.