I KRONIEKE 28

Dawid se laaste bevele aan Salomo omtrent die bou van die tempel.

1 TOE het Dawidal die owerstes van Israel,die stamowerstes endie owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd endie owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars endie helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.

2 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk!Ek self het my voorgeneem om ’n huis van rus vir die verbondsark van dieHerete bou en virdie voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.

3 Maar God het aan my gesê:Jy mag vir my Naam nie ’n huis bou nie, want jy is ’n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.

4 Maar dieHere, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie omvir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, enin die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

5 En uit al my seuns — want dieHerehet my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van dieHereoor Israel.

6 En Hy het aan my gesê:Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as ’n seun verkies, en Ék sal vir hom ’n Vader wees.

7 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.

8 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van dieHere, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van dieHerejulle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.

9 En jy, my seun Salomo,ken die God van jou vader en dien Hom met’n volkome hart en met ’n gewillige siel,want dieHeredeursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maaras jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

10 Kyk nou, dieHerehet jou verkies om ’n huis vir ’n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.

11 En Dawid het aan sy seun Salomo’n voorbeeld gegee vandie voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sybovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek vandie versoendeksel;

12 en ’n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van dieHereen van aldie kamers rondom endie skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;

13 en vandie afdelings van die priesters en dieLeviete, en van al die dienswerk in die huis van dieHereen al die gereedskappe vir die diens in die huis van dieHere;

14 aan goud,het hy gegee,volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;

15 en die gewig aan goud vir diegoue kandelaars en hullelampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van ’n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;

16 en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;

17 en virdie vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;

18 en vir diereukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa,die gérubs, wathul vlerkemoet uitsprei en die verbondsark van dieHeremoet beskut.

19 Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hymygeleer volgens ’n beskrywinguit die hand van dieHerewat oor my was.

20 En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want dieHereGod, my God,sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van dieHerevoltooi het.

21 En daar isdie afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhandekunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − eight =