I KRONIEKE 22

Dawid maak toebereidsels vir die tempelbou.

1 EN Dawid het gesê:Dit is die huis van dieHereGod, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.

2 En Dawid het bevel gegee omdie vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.

3 En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;

4 verder sederblokke, ontelbaar; wantdie Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.

5 Want Dawid het gesê: My seun Salomois jonk en teer, en die huis wat vir dieHeregebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot ’n roem en ’n sieraad van al die lande; laat my dan vir homdie bouvoorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.

6 Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om ’n huis vir dieHere, die God van Israel, te bou.

7 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun,ek self het my voorgeneem om ’n huis te bou vir die Naam van dieHeremy God.

8 Maar die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:Jy het bloed in menigte vergiet engroot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam ’n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.

9 Kyk, ’n seun sal vir jou gebore word; hý sal ’n man van rus wees, en Ek sal homrus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.

10 Hý sal vir my Naam ’n huis bou, enhý sal vir My ’n seun wees, en Ek vir hom ’n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.

11 Nou, my seun, mag dieHeremet jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van dieHerejou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.

12 Mag dieHerejou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van dieHerejou God te onderhou.

13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat dieHereaan Moses oor Israel beveel het;wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.

14 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van dieHerehonderdduisend talente goud en ’n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.

15 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.

16 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag dieHeremet jou wees!

17 En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help,en gesê:

18 Was dieHerejulle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van dieHereen voor sy volk onderwerp.

19 Rig nou julle hart en julle siel daarop om dieHerejulle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van dieHereGod, dat julledie verbondsark van dieHereen die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van dieHeregebou sal word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × two =