SPREUKE 31

Die moeder van koning Lémuël onderrig haar seun.

1 DIE woorde vanLémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:

2 Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes,sal ek sê?

3 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgangaan die wat konings uitroei nie.

4 Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;

5 anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

6 Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

7 Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

10 Alef.Wie sal’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

11 Bet.Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

12 Gimel.Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

13 Dalet.Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

14 He.Sy is soos die skepe van ’n handelaar — van ver af bring sy haar brood in.

15 Wau.En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.

16 Sajin.Sy dink na oor ’n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd.

17 Get.Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

18 Tet.Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.

19 Jod.Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.

20 Kaf.Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.

21 Lamed.Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.

22 Mem.Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.

23 Noen.Haar man is bekendin die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.

24 Samek.Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.

25 Ajin.Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.

26 Pe.Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

27 Sade.Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.

28 Kof.Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar manook,en hy prys haar:

29 Resj.Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.

30 Sjin.Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ’n vrou wat dieHerevrees, sy moet geprys word.

31 Tau.Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.

PSALMS 1

Die twee weë.

1 WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van diespotters nie;

2 maar sy behae is in die wet van dieHere, en hy oordinksy wet dag en nag.

3 En hy sal weessoos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen,voer hy voorspoedig uit.

4 So is die goddelose mense nie, maarsoos kaf wat die wind verstrooi.

5 Daarom sal die goddelose niebestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

6 WantdieHereken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

PSALMS 2

Stryd en oorwinning van die Messías.

1 WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?

2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen dieHereen teen sy Gesalfdeen sê:

3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

4 Hy wat in die hemel woon,lag; dieHerespot met hulle.

5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

6 Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.

7 Ek wil vertel van die besluit: DieHerehet aan My gesê:U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

9 U sal hulle verplettermet ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaansoos ’n erdepot.

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

11 Dien dieHeremet vrees, en juig met bewing.

12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.Welgeluksalig isalmal wat by Hom skuil!

PSALMS 3

’n Môrelied.

1 ’nPSALM van Dawidtoe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2 oHere,hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

3 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4 Maar U,Here, is’n skild wat my beskut, my eer endie Een wat my hoof ophef.

5 Luid roep ek dieHereaan, en Hy verhoor my vansy heilige berg. Sela.

6 Ekhet gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want dieHereondersteun my.

7 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8 Staan op,Here; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

9 Die heil behoort aan dieHere; laat u seën wees oor u volk! Sela.

PSALMS 4

’n Aandlied.

1 VIR die musiekleier;met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.

2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!

3 oManne, hoe lank sal my eer tot skande wees?Hoe lanksal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.

4 Weet tog dat dieHerevir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; dieHerehoor as ek Hom aanroep.

5 Sidder, en moenie sondig nie;spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op dieHere.

7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien?Verhef oor onsdie lig van u aangesig, oHere!

8 Grotervreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, oHere, alleen laat my in veiligheid woon.

PSALMS 5

Gebed by die môre-offer.

1 VIR die musiekleier; met fluite. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, luister na my woorde, let op my versugting.

3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep,my Koning en my God, want tot U bid ek.

4 In die môre,Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

5 Want U is nie ’n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

7 U sal dieleuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het dieHere’n afsku.

8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

9 Here, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil;hulle keel is ’n oop graf; hulle maak hul tong glad.

11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

12 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

13 Want U seën die regverdige, oHere, U omring hom met welbehaesoos met ’n skild.

PSALMS 6

’n Boetpsalm in groot benoudheid.

1 VIR die musiekleier;met snaarinstrumente; met basstem. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, straf my nie in u toorn nie, enkasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Wees my genadig,Here, want ek is verswak;maak my gesond,Here, want my gebeente is verskrik.

4 Ja, my siel is baie verskrik; en U,Here, tot hoe lank?

5 Keer terug,Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want dieHerehet die stem van my geween gehoor.

10 DieHerehet my smeking gehoor; dieHereneem my gebed aan.

11 Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ’n oomblik beskaamd omdraai.

PSALMS 7

Doen aan my reg!

1 SJIGGAJŌN van Dawid wat hy tot eer van dieHeregesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.

2 Here, my God,by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;

3 sodat hy nie soos ’n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.

4 Here, my God, as ek dit gedoen het, as daaronreg in my hande is,

5 as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja,ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),

6 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.

7 Staan op,Here, in u toorn,verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders enontwaak vir my, U wat die reg beveel het!

8 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!

9 DieHereoordeel die volke. Doen aan my reg,Here, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.

10 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ’n einde neem, maar bevestig U die regverdige,ja, U watharte en niere toets, o regverdige God!

11 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.

12 God is ’n regverdige regter, en ’n God wat elke dag toornig is.

13 As hy hom nie bekeer nie,maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee

14 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.

15 Kyk, hy is in barensweë vanonreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.

16 Hy het ’n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hyhet geval in die vangkuil wat hy gemaak het.

17 Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.

18 Ek wil dieHereloof na sy geregtigheid en die Naam van dieHere, die Allerhoogste, psalmsing.

PSALMS 8

Wat is die mens?

1 VIR die musiekleier;op die Gittiet. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, onse Here, hoeheerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —

5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

6 U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7 U laat hom heers oor die werke van u hande;U het alles onder sy voete gestel:

8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,

9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

10 oHere, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

PSALMS 9

Danksegging vir ’n groot verlossing.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Sterf vir die Seun.” ’n Psalm van Dawid.

2 Ek wil dieHereloof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom,hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

7 Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

8 Maar dieHeresit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

10 So is dieHeredan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van benoudheid.

11 En hulle watu Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, oHere!

12 Psalmsing tot eer van dieHerewat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

13 WantHy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

14 Wees my genadig,Here, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uitdie poorte van die dood;

15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, indie poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.

16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in dienet wat hulle gespan het.

17 DieHerehet Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajōn. Sela.

18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidenewat God vergeet.

19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting vandie ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

20 Staan op,Here, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!

21 oHere, jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.