PSALMS 8

Wat is die mens?

1 VIR die musiekleier;op die Gittiet. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, onse Here, hoeheerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —

5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

6 U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7 U laat hom heers oor die werke van u hande;U het alles onder sy voete gestel:

8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,

9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

10 oHere, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 + 6 =