PSALMS 9

Danksegging vir ’n groot verlossing.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Sterf vir die Seun.” ’n Psalm van Dawid.

2 Ek wil dieHereloof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom,hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

7 Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

8 Maar dieHeresit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

10 So is dieHeredan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van benoudheid.

11 En hulle watu Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, oHere!

12 Psalmsing tot eer van dieHerewat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

13 WantHy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

14 Wees my genadig,Here, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uitdie poorte van die dood;

15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, indie poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.

16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in dienet wat hulle gespan het.

17 DieHerehet Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajōn. Sela.

18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidenewat God vergeet.

19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting vandie ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

20 Staan op,Here, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!

21 oHere, jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 + twenty =