SPREUKE 11

1 ’nVALSE weegskaal is vir dieHere’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae.

2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

3 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ’n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

4 Goed bring geen voordeelop die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

5 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

6 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontrouesgevang.

7 By die dood van ’n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.

8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.

9 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,maar deur kennis word die regverdiges gered.

10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel ’n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

11 Deur die seën van die opregtes kom’n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

12 Die verstandelose verag sy naaste, maar ’n verstandige man bly stil.

13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ’n saak.

14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir ’n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

16 ’n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

17 ’n Man wat ’n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ’n wreedaard pynig sy eie vlees.

18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maarhy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.

19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maarhy wat die kwaad najaag,jaagna sy dood.

20 Die wat verkeerd van hart is, is vir dieHere’n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

21 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

22 ’n Goue ring in ’n vark se snuit, so is ’n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

23 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede,maardie hoop van die goddelose is ’n strafgerig van toorn.

24 Daar is een watruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

25 Die siel wat seën, word versadig; enhy wat laaf, word self ook gelaaf.

26 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom watkoring verkoop.

27 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

28 Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

29 Wie sy huis in beroering bring,sal wind erwe, en ’n dwaas word ’n slaaf van hom wat wys van hart is.

30 Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe, enhy wat siele win, is wys.

31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

SPREUKE 12

1 EEN wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

2 Die goeie verkry ’n welbehae van dieHere, maar Hy veroordeel ’n slinkse man.

3 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maardie wortel van die regverdiges wankel nie.

4 ’n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos’n verrotting in sy gebeente.

5 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

6 Die woorde van die goddelose is om teloer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.

7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

8 Ooreenkomstig sy insig word ’n man geprys; maar ’n verkeerde van hart sal verag word.

9 Wie gering geag word en ’n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

10 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

11 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12 Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewervrugteop.

13 In die oortreding van die lippe lê daar ’n gevaarlike strik; maardie regverdige ontkom aan die benoudheid.

14 Uit die vrug van iemand se mondword hy versadig met die goeie, en die daad van ’n mens se hande kom op hom terug.

15 Die weg van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

16 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

17 Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ’n valse getuie bedrog.

18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreeksoos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.

19 ’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar’n valse tong vir ’n oomblik.

20 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

21 Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.

22 Valse lippe is vir dieHere’n gruwel, maar Hy het ’n welbehae in die wat getrou handel.

23 ’n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roephullesotheid uit.

24 Die hand van dievlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

25 Bekommernis in die hart van ’n mens druk dit neer, maar ’n vriendelike woord vrolik dit op.

26 Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.

27 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is ’n kosbare skat vir ’n mens.

28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.

SPREUKE 13

1 ’nWYSE seunluisterna die tug van die vader, maar ’n spotter hoor nie na berisping nie.

2 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is ’n daad van geweld.

3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.

5 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.

6 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot ’n val.

7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie;een wat hom arm hou, en hy het baie goed.

8 Die losprys vir die lewe van ’n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.

9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.

10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

12 ’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom.

13 Wie die Woordverag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.

14 Die onderrig van die wyse is ’nfontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

15 ’n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

16 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

17 ’n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ’n betroubare boodskapper is ’n gerusstelling.

18 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

19 ’n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ’n gruwel vir die dwase.

20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.

21 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

22 ’n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maardie vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23 Die braakland van die armesleweroorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.

24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.

SPREUKE 14

1 DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees dieHere; maarhy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

3 In die mond van die sot is ’n roede virsytrots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

5 ’n Betroubare getuie lieg nie, maar ’n valse getuie strooi leuens uit.

6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maarvir die verstandige is kennis maklik.

7 Gaan weg voor ’n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

9 Die skuldoffer spot metdie dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ’n ander hom nie meng nie.

11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

12 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maardie einde daarvan is weë van die dood.

13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, endie einde van so ’n blydskap is bekommernis.

14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ’n slinkse man word gehaat.

18 Die eenvoudiges verkry sotheid as ’n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges,hy is gelukkig.

22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

25 ’n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.

26 In die vrees van dieHerelê ’n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ’n sodanige sal daar ’n toevlug wees.

27 Die vrees van dieHereis’n fontein van die lewe,om van die strikke van die dood af te wyk.

28 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

30 ’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maarhartstog ’n verrotting vir die gebeente.

31 Wie die geringe verdruk,versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maardie regverdige vind ’n toevlug by sy dood.

33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

34 Geregtigheid verhoog ’n volk, maar die sonde is ’n skandvlek vir die nasies.

35 Die welbehae van die koning is vir ’n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ’n voorwerp van sy grimmigheid.

SPREUKE 15

1 ’nSAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.

2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

3 Op elke plek is die oë van dieHere, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.

4 Sagtheid van tong is’n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

6 In die huis van die regverdige is ’n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.

7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

8 Die offer van die goddelose is vir dieHere’n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

9 Die wandel van die goddelose is vir dieHere’n gruwel, maarhom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.

10 ’n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy watdie teregwysing haat, sal sterwe.

11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor dieHere, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!

12 Die spotterhou nie daarvan dat ’n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.

13 ’n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.

15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

16 Liewer ’n bietjie in die vrees van dieHere, as ’n groot skat en onrus daarby.

17 Liewer ’n porsie groente waar liefde by is, as ’n vetgevoerde bees en haat daarby.

18 ’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.

19 Die weg van die luiaard is soos ’n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

20 ’n Wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase mens verag sy moeder.

21 Sotheid is ’n vreugde vir die verstandelose, maar ’n man van verstand wandel reguit.

22 Planne misluksonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

23 ’n Man het blydskap in dieregteantwoord van sy mond, en hoe goed is’n woord op sy tyd!

24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandigena bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

25 DieHereruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn vandie weduwee stel Hy vas.

26 Die planne van die slegte is vir dieHere’n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.

28 Die hart van die regverdigedink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.

29 DieHereisver van die goddelose, maardie gebed van die regverdiges hoor Hy.

30 Stralende oë verbly die hart; ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

33 Die vrees van dieHereis die tug van die wysheid, ennederigheid gaan aan die eer vooraf.

SPREUKE 16

1 DIE planne van die hart is van die mens, maardie antwoord van die tong kom van dieHere.

2 Al die weë van ’n man is suiwer in sy oë, maar dieHeretoets die geeste.

3 Laat jou werke aan dieHereoor, dan sal jou planne uitgevoer word.

4 Alles het dieHeregemaak vir sy doel, ja,ook die goddelose vir die dag van onheil.

5 Elke hoogmoedige van hart is vir dieHere’n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

6 Deur liefde en trouword die skuld versoen, en deur die vrees van dieHerewyk ’n mens af van die kwaad.

7 As dieHerebehae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

8 Liewer ’n bietjie met geregtigheid, as ’n menigte van inkomste met onreg.

9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar dieHererig sy voetstappe.

10 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.

11 ’n Regte weegtoestel en weegskaal kom van dieHere, al die weegstene in die sak is sy werk.

12 Dit is ’n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.

13 Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.

14 Die grimmigheid van die koning issoosboodskappers van die dood, maar ’n wyse man bring dit tot bedaring.

15 In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos ’n wolk vandie laat reëns.

16 Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

17 Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.

18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

19 Dit is beter omnederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.

20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op dieHerevertrou, is gelukkig.

21 ’n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.

22 ’n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.

23 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.

24 Vriendelike woorde issoos’n heuningkoek: soet vir die siel en ’n genesing vir die gebeente.

25 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

26 Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.

27 ’n Deugniet grawe’n kuil vanonheil, en op sy lippe is soos ’nbrandende vuur.

28 ’n Man van valse streke saai tweedrag, en’n kwaadstokerskei vriende van mekaar.

29 ’n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ’n weg wat nie goed is nie.

30 Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.

31 Grysheid is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

32 Die lankmoedige is beter as ’n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ’n stad inneem.

33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van dieHere.

SPREUKE 17

1 BETER is ’n stuk droë brood en rus daarby as ’n huis vol offermaaltye met getwis.

2 ’n Verstandige dienaar sal heers oor ’n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.

3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar dieHeretoets die harte.

4 Die kwaaddoener gee ag op ’n bedrieglike lip, ’n leuenaar luister na ’n tong wat onheil stig.

5 Hy wat die arme bespot,versmaad sy Maker;hy wat bly is oor ’n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

6 Kindskinders is ’n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader ’n eer.

7 Aanmatigende taal pas nie by ’n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by ’n edele!

8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

9 Wie ’n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ’n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

10 ’n Berisping gaan by ’n verstandige dieper in as om ’n dwaas honderd maal te slaan.

11 Die wederstrewige soek net onheil, maar ’n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

12 Laat ’n beer wat van kleintjies beroof is, ’n mens ontmoet, maar nie ’n dwaas in sy sotheid nie.

13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

14 Die begin van ’n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom,laat die twis vaar voordat dit losbreek.

15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir dieHere’n gruwel.

16 Waarom tog is daar geld in die hand van ’n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

18 Dit is ’n verstandelose mens wathandslag gee, wat borg staan vir sy naaste.

19 Wie twis liefhet, het oortreding lief;hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.

21 Hy wat ’n dwaas verwek, vir hom sal dit ’n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

22 ’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae geeslaat die gebeente uitdroog.

23 Die goddelose neem ’n omkoopgeskenk aan wat uit dieboesem kom om die paaie van die reg te buig.

24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maardie oë van die dwaas is by die einde van die aarde.

25 ’n Dwase seun is ’n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie — om edeles te slaan is onbetaamlik.

27 Wie sywoorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ’n man van verstand.

28 Selfs ’n sot salas hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

SPREUKE 18

1 HY wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.

2 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarindat sy hart openbaar word.

3 As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.

4 Die woorde van ’n man se mond is diep waters, ’n stroom wat bruis, ’n fontein van wysheid.

5 Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.

6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.

7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe.

8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ’nbroer van ’n verwoester.

10 Die Naam van dieHereis’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

11 Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy verbeelding.

12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maarnederigheid gaan aan die eer vooraf.

13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ’n sotheid en ’n skande wees.

14 Die gees van ’n man ondersteun hom in sy krankheid; maar’n verslae gees — wie kan dit opbeur?

15 Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.

16 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

17 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.

18 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.

19 ’n Broer teen wie oortree is, is erger as ’n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ’n paleis.

20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.

21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

22 Wie ’n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ’n welgevalle van dieHereverkry.

23 Die arme spreek smekinge, maardie ryke antwoord harde dinge.

24 ’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.

SPREUKE 19

1 ’nARME wat in sy regskapenheid wandel, is beter as ’n verkeerde van lippe en daarby ’n dwaas.

2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.

3 ’n Mens se sotheid bederwe sy weg, maarsy hart is vertoorn op dieHere.

4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

5 ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

6 Baie soek die guns van die edele, endie man van geskenke het ’n hoop vriende.

7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agterhulle aanmet woorde — weg is hulle!

8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9 ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

10 Weelde pas nie vir ’n dwaas nie, hoeveel mindervir ’n kneg om oor vorste te heers!

11 Die verstand van ’n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ’n eer om die oortreding te vergewe.

12 Die grimmigheid van ’n koning is soos die gebrom van ’n jong leeu, maar sy welgevalle issoos dou op die plante.

13 ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy vader, endie gekyf van ’n vrou is ’naanhoudende gedrup.

14 Huis en goed is ’n erfenis van die vaders, maar ’n verstandige vrou isvan dieHere.

15 Luiheid laat in ’n diep slaap val, en een wat traag is,moet honger ly.

16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan dieHere; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

21 Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van dieHere, dié sal bestaan.

22 Die kostelike besit van ’n mens is sy weldadigheid; en liewer ’n arme as ’n leuenagtige man.

23 Die vrees van dieHereistot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te word.

24 Steekdie luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is ’n seun wat skande maak en skandelik handel.

27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jytogafdwaal van die woorde van kennis.

28 ’n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddeloseverslind onreg.

29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slaevir die rug van die dwase.

SPREUKE 20

1 DIE wyn is ’n spotter, en sterk drank ’n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

2 Die dreiging van die koning issoos die gebrom van ’n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

3 Dit is ’n eer vir ’n manom van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

4 In die herfs ploegdie luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, danis daar niks nie.

5 Die raad in die hart van ’n man magdiep waters wees, ’n man van verstand sal dit tog uitskep.

6 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ’n betroubare man?

7 Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige —gelukkig is sy kinders ná hom.

8 ’n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9 Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

10 Twee soorte gewig, twee soorte maat — hulle altwee is vir dieHere’n gruwel.

11 Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

12 ’n Oor wat hoor, en ’n oog wat sien — dieHerehet hulle altwee gemaak.

13 Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

14 Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

15 Daar is goud en ’n menigte korale, maar ’n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

16 Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

17 Soet is vir ’n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

18 Planne kom deur beraadslaging tot stand;voer dan oorlog met goeie oorleg.

19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lampgaan in pikdonker dood.

21 ’n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is —die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

22 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie!Wag op dieHere, dat Hy jou help.

23 Twee soorte gewig is vir dieHere’n gruwel, en ’n valse weegskaal is nie goed nie.

24 Die voetstappe van ’n man hang van dieHereaf: hoe sou ’n mens dan sy weg verstaan?

25 Dit is vir die mens ’n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om daneersná die geloftes te oorweeg.

26 ’n Wyse koning wan die goddelose uit en laatdie dorswiel oor hulle draai.

27 Die gees van die mens is ’n lamp van dieHere, dit deursoek al die kamers van die binneste.

28 Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.

29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, endie versiersel van grysaards is grys hare.

30 Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.