SPREUKE 11

1 ’nVALSE weegskaal is vir dieHere’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae.

2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

3 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ’n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

4 Goed bring geen voordeelop die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

5 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

6 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontrouesgevang.

7 By die dood van ’n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.

8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.

9 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,maar deur kennis word die regverdiges gered.

10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel ’n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

11 Deur die seën van die opregtes kom’n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

12 Die verstandelose verag sy naaste, maar ’n verstandige man bly stil.

13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ’n saak.

14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir ’n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

16 ’n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

17 ’n Man wat ’n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ’n wreedaard pynig sy eie vlees.

18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maarhy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.

19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maarhy wat die kwaad najaag,jaagna sy dood.

20 Die wat verkeerd van hart is, is vir dieHere’n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

21 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

22 ’n Goue ring in ’n vark se snuit, so is ’n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

23 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede,maardie hoop van die goddelose is ’n strafgerig van toorn.

24 Daar is een watruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

25 Die siel wat seën, word versadig; enhy wat laaf, word self ook gelaaf.

26 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom watkoring verkoop.

27 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

28 Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

29 Wie sy huis in beroering bring,sal wind erwe, en ’n dwaas word ’n slaaf van hom wat wys van hart is.

30 Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe, enhy wat siele win, is wys.

31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − twelve =