SPREUKE 15

1 ’nSAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.

2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

3 Op elke plek is die oë van dieHere, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.

4 Sagtheid van tong is’n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

6 In die huis van die regverdige is ’n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.

7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

8 Die offer van die goddelose is vir dieHere’n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

9 Die wandel van die goddelose is vir dieHere’n gruwel, maarhom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.

10 ’n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy watdie teregwysing haat, sal sterwe.

11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor dieHere, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!

12 Die spotterhou nie daarvan dat ’n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.

13 ’n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.

15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

16 Liewer ’n bietjie in die vrees van dieHere, as ’n groot skat en onrus daarby.

17 Liewer ’n porsie groente waar liefde by is, as ’n vetgevoerde bees en haat daarby.

18 ’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.

19 Die weg van die luiaard is soos ’n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

20 ’n Wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase mens verag sy moeder.

21 Sotheid is ’n vreugde vir die verstandelose, maar ’n man van verstand wandel reguit.

22 Planne misluksonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

23 ’n Man het blydskap in dieregteantwoord van sy mond, en hoe goed is’n woord op sy tyd!

24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandigena bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

25 DieHereruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn vandie weduwee stel Hy vas.

26 Die planne van die slegte is vir dieHere’n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.

28 Die hart van die regverdigedink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.

29 DieHereisver van die goddelose, maardie gebed van die regverdiges hoor Hy.

30 Stralende oë verbly die hart; ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

33 Die vrees van dieHereis die tug van die wysheid, ennederigheid gaan aan die eer vooraf.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − six =