JOHANNES 20

Die opstanding.

1 EN opdie eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en siendat die steen van die graf weggeneem was.

2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel virwie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.

3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.

4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.

5 En terwyl hy neerbuk, sien hydie doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.

6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;

7 en die doek wat op sy hoof was,sien hynie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.

8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.

9 Want hulle het nog niedie Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.

10 En die dissipels het weer huis toe gegaan.

Jesus verskyn aan Maria Magdaléna.

11 MAARMaria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe

12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.

13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.

14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan,en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.

15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.

16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.

17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan namy broeders en sê vir hulle: Ek vaar opna my Vader en julle Vader, enmy God en julle God.

18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.

Jesus verskyn aan die elf. Ongelowigheid van Thomas.

19 EN toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê:Vrede vir julle!

20 En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy.En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.

21 Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle!Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.

22 En nadat Hy dit gesê het,blaas Hyop hulleen sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

23 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

24 En Thomaswat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.

25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek niein sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyldie deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!

27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.

28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!

29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo;salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;

31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glodie lewe kan hêin sy Naam.

JOHANNES 21

Verskyning van Jesus by die see van Tibérias.

1 NA hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:

2 Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, enNatánael vanKana in Galiléa endie seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels.

3 Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.

4 En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipelshet nie geweet dat dit Jesus was nie.

5 En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.

6 EnHy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.

7 Daarop sê die dissipel —die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.

8 Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el.

9 En toe hulle geland het, sien hulle ’n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.

10 Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.

11 Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

12 Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.

13 En Jesus het gekom endie brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.

14 Dit was aldie derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.

15 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy Mywaarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.

16 Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom:Pas my skape op.

17 Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy homdie derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

18 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ’n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.

19 En dit het Hy gesê om aan te duideur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom:Volg My.

20 En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg virwie Jesus liefgehad het,die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?

21 Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?

22 Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hyblytotdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.

23 Hierdie woord het toe onderdie broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?

24 Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, enons weet dat sy getuienis waar is.

25 En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

LUKAS 1

Voorrede.

1 AANGESIEN baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,

2 sooshulle watvan die begin afooggetuies endienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,

3 het ek ook dit goedgedink,hooggeagteTheófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,

4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.

Geboorte van Johannes aangekondig.

5 DAAR wasin die dae van Herodes, koning van Judéa, ’n sekere priester met die naam van Sagaría,uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.

6 En hulle was altweeregverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Hereonberispelik gewandel.

7 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.

8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedienin die beurt van sy afdeling,

9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here enreukwerk te brand.

10 Endie hele menigte van die volkwas buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.

11 Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van diereukofferaltaar staan.

12 En toe Sagaríahomsien,was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.

13 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, enjy moet hom Johannes noem.

14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie saloor sy geboorte bly wees;

15 want hy sal groot wees voor die Here.En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.

17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía,om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges,om vir die Here ’n toegeruste volk te berei.

18 Toe sê Sagaría vir die engel:Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.

19 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek isGabriëlwat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.

20 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.

21 En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.

22 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ’n gesig in die tempel gesien het. En hy hetaanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

23 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.

24 En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:

25 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien hetom my smaad onder die mense weg te neem.

Die geboorte van Jesus aangekondig.

26 ENin die sesde maand is die engelGabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret,

27 na ’n maagdwat verloof was aan ’n man met die naam van Josef,uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.

28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde!Die Here is met jou;geseënd is jy onder die vroue.

29 En toe sy hom sien,was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.

30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

31 En kyk,jy sal swanger word en ’n Seun baar, enjy moet Hom Jesus noem.

32 Hy sal groot wees en die Seun van dieAllerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Homdie troon van sy vader Dawid gee,

33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakobtot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?

35 En die engel antwoord en sê vir haar:Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van dieAllerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word,Seun van God genoem word.

36 En kyk, Elisabet,jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.

37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.

Maria besoek Elisabet.

39 EN in daardie dae het Maria opgestaan en haastig nadie bergstreek gegaan, na ’n stad van Juda;

40 en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.

41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabetis vervul met die Heilige Gees

42 en het met ’n groot stem uitgeroep en gesê:Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!

43 En wat het my oorgekom dat die moeder vanmy Here na my toe kom?

44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.

45 Ensalig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.

Lofsang van Maria.

46 EN Maria het gesê:My sielmaak die Here groot,

47 en my gees is verheug inGod, my Saligmaker;

48 omdatHy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagtemy salig noem.

49 Want Hy wat magtig is,het groot dinge aan my gedoen, enheilig is sy Naam.

50 Ensy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.

52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.

53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

54 Hy het sy kneg Israel bygestaan,sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —

55 soos Hy tot ons vaders gespreek het — aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

56 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.

Geboorte van Johannes die Doper.

57 EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar.

58 En toe haar bure enbloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het,was hulle saam met haar bly.

59 Enop die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.

60 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maarhy moet Johannes genoem word.

61 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.

62 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63 Hy vra toe ’n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.

64 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tonglosgeraak,en hy het gepraat en God geloof.

65 Endaar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge indie hele bergstreek van Judéa.

66 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? Endie hand van die Here was met hom.

Lofsang van Sagaría.

67 EN Sagaría, sy vader,is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volkbesoek het en vir hulleverlossing teweeggebring het,

69 en’n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg —

70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profetevan ouds af —

71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,

72 om barmhartigheid te bewysaan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,

73 aandie eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee

74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,

75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.

76 En jy, kindjie, sal’n profeet vandie Allerhoogste genoem word, wantjy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

77 omkennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,

79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad vanvrede te rig.

80 Endie kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy wasin die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

LUKAS 2

Geboorte van Jesus Christus.

1 EN in daardie dae het daar’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2 Hierdieeerste inskrywing het plaasgevind toe Ciréniusgoewerneur van Sírië was.

3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4 En Josef het ook opgegaan vanGaliléa, uit die stad Násaret, na Judéa, nadie stad van Dawid, wat Betlehem genoem word,omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5 om hom te laat inskrywe saam met Maria,die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6 Enterwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7 en sy hethaar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die herders van Betlehem.

8 EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9 En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn engroot vrees het hulle oorweldig.

10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11 dat vir julle vandagin die stad van Dawid gebore isdie Saligmaker watChristus,die Here, is.

12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13 En skielik was daar saam met die engel ’nmenigte van die hemelse leërskarewat God prys en sê:

14 Eer aan God in die hoogste hemele envrede op aarde,in die mense ’n welbehae!

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan naBetlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;

19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

Besnydenis en voorstelling van Jesus.

21 EN toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle HomJesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.

22 En nadatdie dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was,het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,

23 soos geskrywe is in die wet van die Here:Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;

24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here:’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.

Símeon en Anna.

25 EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig envroom en het dievertroosting van Israelverwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hydie dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy hetdeur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbringom met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

29 Nou laat U,Here, u dienskneg gaan in vredevolgens u woord,

30 omdat my oëu heil gesien het,

31 wat U berei het voor die oë van al die volke —

32 ’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.

34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kindis bestemd tot’n val en ’n opstanding van baie in Israel en tot ’n tekenwat weerspreek sal word —

35 ja, ’nswaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

36 En daar was Anna, ’n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam vanAser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;

37 en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, enmet vaste en gebede God gedien,nag en dag.

38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat dieverlossingverwag het.

39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan naGaliléa, nahulle stad Násaret.

40 Endie Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Die Kind Jesus tussen die leraars.

41 EN sy ouers was gewoond omelke jaar met diepaasfees na Jerusalem te gaan.

42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.

43 En nadatdie feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.

44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ’n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

46 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde vandie leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ekin die dinge vanmy Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en inNásaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moederhet al hierdie dinge in haar hart bewaar.

52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte enin genade by God en die mense.

LUKAS 3

Prediking van Johannes die Doper.

1 EN in die vyftiende jaar van die regering vankeiser Tibérius, toe Pontius Pilatusgoewerneur was van Judéa enHerodes viervors van Galiléa, enFilippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,

2 tydens die hoëpriesterskap vanAnnas enKájafas, het die woord van God gekom totJohannes, die seun van Sagaría,in die woestyn.

3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering totvergifnis van sondes verkondig;

4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê:Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal ’n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6 En alle vlees sal die heil van God sien.

7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

9 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10 En die skare het hom gevra en gesê:Wat moet ons dan doen?

11 En hy antwoord en sê vir hulle:Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12 Entollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13 En hy antwoord hulle:Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannesof hy nie miskien die Christus was nie,

16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie seskoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

19 Maar toeHerodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

20 het hy by alles nog dít gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.

Jesus gedoop.

21 EN toe die hele volk gedoop enJesus ook gedoop is, en Hy besig wasom te bid, het die hemel oopgegaan;

22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ’n welbehae.

Die geslagsregister van Jesus.

23 EN Hy, Jesus, was omtrentdertig jaar oud toe Hy beginleerhet; en Hy was, soos hulle gemeen het,die seun van Josef,die seun van Eli,

24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,

25 die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,

26 die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,

27 die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun vanSerubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,

28 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,

29 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30 die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,

31 die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun vanNatan, die seun vanDawid,

32 die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,

33 die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,

34 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham,die seun van Tera, die seun van Nahor,

35 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,

36 die seun van Kainan, die seun van Arpágsad,die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,

37 die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,

38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam,die seun van God.

LUKAS 4

Die versoeking.

1 ENJesus het vol van die Heilige Geesteruggekeer van die Jordaan af, en isdeur die Gees in die woestyn gelei,

2 waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.

3 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.

4 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe:Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.

5 Toe bring die duiwel Hom op ’n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oomblik se tyd.

6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdiemag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

7 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.

8 En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe:Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

9 Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer.

10 Want daar is geskrywe:Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,

11 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.

12 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê:Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

13 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy’n tyd lank van Hom gewyk.

Jesus word uit Násaret verdrywe.

14 EN Jesus hetin die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer,en daar het ’n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;

15 enHy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.

16 Toe kom Hy in Násaretwaar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge enstaan op om te lees.

17 En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:

18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

20 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

22 En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor dieaangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê:Is Hy nie die seun van Josef nie?

23 En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg:Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat inKapérnaüm gebeur het, doen dit hier inu vaderstad ook.

24 En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle,geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie.

25 Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar wasbaie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit wasdrie jaar en ses maande lank, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land,

26 en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na ’n weduwee.

27 En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.

28 En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;

29 en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

30 Maar Hyhet tussen hulle deur geloop en weggegaan.

31 EnHy het afgekom na Kapérnaüm, ’n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.

32 Enhulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.

Genesing van die besetene in Kapérnaüm.

33 EN in die sinagoge was daar ’n man met die gees van ’n onreine duiwel, en hy het met ’n groot stem uitgeskreeu

34 en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg?Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

35 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36 Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ’n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!

37 En daar het ’n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing.

Genesing van Simon se skoonmoeder.

38 EN Hy het opgestaanuit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur ’n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.

39 Toe gaan Hy oor haar staan enbestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.

41 En duiwels het ook uit baie uitgegaan engeskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hullebestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.

42 En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na ’n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.

43 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.

44 En Hy het verderin die sinagoges van Galiléa gepreek.

LUKAS 5

Die wonderlike visvangs. Eerste dissipels.

1 ENtoe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan

2 en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.

3 Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om ’n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare vandie skuit uit geleer.

4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon:Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.

5 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester,ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.

6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle ’n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.

7 Daarop wink hulle vir hul maats indie ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.

8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê:Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man!

9 Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;

10 en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.

11 En nadat hulle die skuite aan land gebring het,het hulle alles verlaat en Hom gevolg.

Die gesondmaking van ’n melaatse.

12 EN terwyl Hy in een van die stede was, kom daar ’n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.

13 Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.

14 Toe gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie;maar, sê Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot ’n getuienis.

15 Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.

16 Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.

Genesing van ’n verlamde man.

17 EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs enwetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.

18 En daar het manne ’n mens wat verlam was, op ’n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.

19 En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle opdie dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.

20 En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

21 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat?Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

22 Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

23 Wat is makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?

24 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed opwaar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hyGod verheerlik.

26 En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik enis met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.

Roeping van Levi.

27 EN ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en ’n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.

28 En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.

29 En Levi het ’n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was ’n groot menigte vantollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.

30 En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?

31 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

32 Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Wat dit beteken om te vas.

33 TOEsê hulle vir Hom: Waaromvas die dissipels van Johannes dikwels en doengebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?

34 En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?

35 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.

36 En Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel: Niemand sit ’n lap van ’n nuwe kleed op ’n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.

37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.

38 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.

39 En niemand wat ouwyngedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.

LUKAS 6

Jesus is Here van die sabbat.

1 ENop die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.

2 Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle:Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?

3 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was —

4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?

5 Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.

Genesing van die man met die verdorde hand.

6 EN op ’n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was ’n man, en sy regterhand wasuitgedor.

7 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Homin die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle ’n aanklag teen Hom kon vind.

8 Maar Hyhet hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.

9 Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle ’n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat — om goed te doen of kwaad te doen; om ’n lewe te red of óm te bring?

10 Ennadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

11 En hulle is met uitsinnigheid vervul en hetmet mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.

Kiesing van die twaalf.

12 EN Hy het in daardie dae uitgegaanna die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.

13 En toe dit dag geword het,het Hy sy dissipels na Hom geroepen twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:

14 Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;

15 Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon watYweraar genoem word;

16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.

Die bergrede.

17 EN Hy het met hulle afgeklim en op’n gelyk plek gaan staan, en daar was ’n skare van sy dissipels en’n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek vanTirus en Sidon af,

18 wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.

19 En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdatkrag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.

20 Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê:Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.

21 Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.

22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julleverstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.

23 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.

24 Maar wee julle,rykes, want jullehet jul troos weg.

25 Wee julle wat vol is, wantjulle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.

26 Wee jullewanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

27 Maar Ek sê vir julle wat luister:Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.

28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

29 Aanhom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied;en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.

30 Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

31 Ensoos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.

32 En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Wantdie sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

33 En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

34 En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.

35 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; enjulle sal kinders van dieAllerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

38 Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in julskoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

39 En Hy het vir hulle ’n gelykenis uitgespreek:’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?

40 ’n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.

41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?

42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.

43 Want dit is nie ’n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ’n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.

44 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ’n mens tog nie vye nie, en ’n mens sny ook nie druiwe van ’n doringbos nie.

45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is;want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

47 Elkeen wat na My toe kom enna my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is.

48 Hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

49 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ’n man wat ’n huissonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.

LUKAS 7

Die hoofman van Kapérnaüm.

1 EN nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beëindig het, hetHy in Kapérnaüm ingegaan.

2 En die dienskneg van ’n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.

3 Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.

4 En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;

5 want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.

6 En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.

7 Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met ’n woord, en my kneg sal gesond word.

8 Want ek is ook ’n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

9 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ekso ’n groot geloof nie gevind nie.

10 En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.

Die seun van die weduwee van Nain.

11 EN die dag daarna was Hy op weg na ’n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en ’n groot menigte het saam met Hom gegaan.

12 En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net ’n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was ’n weduwee; en ’n groot menigte van die stad was by haar.

13 En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie!

14 En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou,staan op!

15 En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.

16 En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: ’n Grootprofeet het onder ons opgestaan; en:God het sy volk besoek.

17 En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Judéa en in die hele omtrek.

Johannes die Doper stuur twee dissipels na Jesus.

18 EN die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.

19 En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

20 En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

21 En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.

22 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

23 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.

24 En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ’n Riet wat deur die wind beweeg word?

25 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.

26 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet!

27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk,Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

28 Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.

29 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor,het hulle Godgeregverdig deur hullete laat doop metdie doop van Johannes.

30 Maar die Fariseërs en diewetgeleerdes het dieraad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.

31 Toe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?

32 Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.

33 Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ’n duiwel.

34 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars.

35 Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.

Die sondares wat die voete van Jesus gesalf het.

36 EN een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan.

37 En toe ’n vrou in die stad, wat ’n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy ’nalbaste fles met salf gebring

38 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.

39 Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy’n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ’n sondares.

40 En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek.

41 Hy sê toe:’n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyfhonderdpennings geskuld en die ander een vyftig;

42 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?

43 En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.

44 Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom —water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.

45 ’n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.

46 Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.

47 Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.

48 En Hy sê vir haar:Jou sondes is vergewe.

49 Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê:Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?

50 En Hy sê vir die vrou:Jou geloof het jou gered;gaan in vrede.

LUKAS 8

Die vroue wat Jesus met hulle goed gedien het.

1 EN daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,

2 ooksekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria watMagdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,

3 enJohanna, die vrou van Gusa,’n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.

Gelykenis van die saaier.

4 EN toe daar ’n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ’n gelykenis:

5 ’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ’n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.

6 En ’n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

7 En ’n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.

8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?

10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse,sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

11 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.

12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ’n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

14 En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

15 En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n edele en goeie hart hou enmet volharding vrug dra.

Gelykenis van die lamp.

16 EN niemand steek ’n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ’n bed nie; maar hy sit dit op ’n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.

18 Pas dan op hoe julle hoor;want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.

Die familie van Jesus.

19 EN sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.

20 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.

21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is diewat die woord van God hoor en dit doen.

Jesus maak die storm stil.

22 EN op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in ’n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant vandie see. En hulle het weggevaar

23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar ’n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.

24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom.

25 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!

Die besetene van Gádara.

26 EN hulle het geseil na die land van dieGadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.

27 En toe Hy aan wal uitklim, kom ’nsekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ’n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ’n huis gewoon nie, maar in die grafte.

28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ’n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie —

29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.

30 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio — want baie duiwels het in hom ingevaar.

31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in dieonderwêreld af te vaar nie.

32 En daar het ’n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in diévarkein te vaar. En Hy het hulle toegelaat.

33 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.

34 En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.

35 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hyaan die voete van Jesus sit,gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.

36 En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.

37 En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur ’n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.

38 Endie man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:

39 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan endeur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.

Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.

40 EN toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.

41 En daar kom ’n man wie se naam Jaïrus was, en hy was ’n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;

42 want syenigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring.

43 En ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.

45 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?

46 Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.

47 En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloofhet jou gered.Gaan in vrede.

49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagogese huisen sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.

50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

51 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.

52 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.

53 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.

54 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!

55 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.

56 En haar ouers was verbaas, maarHy het hulle bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.