LUKAS 2

Geboorte van Jesus Christus.

1 EN in daardie dae het daar’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2 Hierdieeerste inskrywing het plaasgevind toe Ciréniusgoewerneur van Sírië was.

3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4 En Josef het ook opgegaan vanGaliléa, uit die stad Násaret, na Judéa, nadie stad van Dawid, wat Betlehem genoem word,omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5 om hom te laat inskrywe saam met Maria,die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6 Enterwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7 en sy hethaar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die herders van Betlehem.

8 EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9 En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn engroot vrees het hulle oorweldig.

10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11 dat vir julle vandagin die stad van Dawid gebore isdie Saligmaker watChristus,die Here, is.

12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13 En skielik was daar saam met die engel ’nmenigte van die hemelse leërskarewat God prys en sê:

14 Eer aan God in die hoogste hemele envrede op aarde,in die mense ’n welbehae!

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan naBetlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;

19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

Besnydenis en voorstelling van Jesus.

21 EN toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle HomJesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.

22 En nadatdie dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was,het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,

23 soos geskrywe is in die wet van die Here:Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;

24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here:’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.

Símeon en Anna.

25 EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig envroom en het dievertroosting van Israelverwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hydie dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy hetdeur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbringom met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

29 Nou laat U,Here, u dienskneg gaan in vredevolgens u woord,

30 omdat my oëu heil gesien het,

31 wat U berei het voor die oë van al die volke —

32 ’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.

34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kindis bestemd tot’n val en ’n opstanding van baie in Israel en tot ’n tekenwat weerspreek sal word —

35 ja, ’nswaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

36 En daar was Anna, ’n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam vanAser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;

37 en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, enmet vaste en gebede God gedien,nag en dag.

38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat dieverlossingverwag het.

39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan naGaliléa, nahulle stad Násaret.

40 Endie Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Die Kind Jesus tussen die leraars.

41 EN sy ouers was gewoond omelke jaar met diepaasfees na Jerusalem te gaan.

42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.

43 En nadatdie feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.

44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ’n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

46 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde vandie leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ekin die dinge vanmy Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en inNásaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moederhet al hierdie dinge in haar hart bewaar.

52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte enin genade by God en die mense.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 3 =