LUKAS 1

Voorrede.

1 AANGESIEN baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,

2 sooshulle watvan die begin afooggetuies endienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,

3 het ek ook dit goedgedink,hooggeagteTheófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,

4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.

Geboorte van Johannes aangekondig.

5 DAAR wasin die dae van Herodes, koning van Judéa, ’n sekere priester met die naam van Sagaría,uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.

6 En hulle was altweeregverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Hereonberispelik gewandel.

7 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.

8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedienin die beurt van sy afdeling,

9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here enreukwerk te brand.

10 Endie hele menigte van die volkwas buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.

11 Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van diereukofferaltaar staan.

12 En toe Sagaríahomsien,was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.

13 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, enjy moet hom Johannes noem.

14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie saloor sy geboorte bly wees;

15 want hy sal groot wees voor die Here.En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.

17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía,om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges,om vir die Here ’n toegeruste volk te berei.

18 Toe sê Sagaría vir die engel:Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.

19 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek isGabriëlwat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.

20 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.

21 En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.

22 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ’n gesig in die tempel gesien het. En hy hetaanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

23 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.

24 En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:

25 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien hetom my smaad onder die mense weg te neem.

Die geboorte van Jesus aangekondig.

26 ENin die sesde maand is die engelGabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret,

27 na ’n maagdwat verloof was aan ’n man met die naam van Josef,uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.

28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde!Die Here is met jou;geseënd is jy onder die vroue.

29 En toe sy hom sien,was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.

30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

31 En kyk,jy sal swanger word en ’n Seun baar, enjy moet Hom Jesus noem.

32 Hy sal groot wees en die Seun van dieAllerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Homdie troon van sy vader Dawid gee,

33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakobtot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?

35 En die engel antwoord en sê vir haar:Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van dieAllerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word,Seun van God genoem word.

36 En kyk, Elisabet,jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.

37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.

Maria besoek Elisabet.

39 EN in daardie dae het Maria opgestaan en haastig nadie bergstreek gegaan, na ’n stad van Juda;

40 en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.

41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabetis vervul met die Heilige Gees

42 en het met ’n groot stem uitgeroep en gesê:Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!

43 En wat het my oorgekom dat die moeder vanmy Here na my toe kom?

44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.

45 Ensalig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.

Lofsang van Maria.

46 EN Maria het gesê:My sielmaak die Here groot,

47 en my gees is verheug inGod, my Saligmaker;

48 omdatHy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagtemy salig noem.

49 Want Hy wat magtig is,het groot dinge aan my gedoen, enheilig is sy Naam.

50 Ensy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.

52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.

53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

54 Hy het sy kneg Israel bygestaan,sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —

55 soos Hy tot ons vaders gespreek het — aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

56 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.

Geboorte van Johannes die Doper.

57 EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar.

58 En toe haar bure enbloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het,was hulle saam met haar bly.

59 Enop die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.

60 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maarhy moet Johannes genoem word.

61 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.

62 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63 Hy vra toe ’n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.

64 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tonglosgeraak,en hy het gepraat en God geloof.

65 Endaar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge indie hele bergstreek van Judéa.

66 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? Endie hand van die Here was met hom.

Lofsang van Sagaría.

67 EN Sagaría, sy vader,is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volkbesoek het en vir hulleverlossing teweeggebring het,

69 en’n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg —

70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profetevan ouds af —

71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,

72 om barmhartigheid te bewysaan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,

73 aandie eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee

74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,

75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.

76 En jy, kindjie, sal’n profeet vandie Allerhoogste genoem word, wantjy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

77 omkennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,

79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad vanvrede te rig.

80 Endie kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy wasin die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four − 3 =