ROMEINE 4

Abraham is geregverdig deur die geloof.

1 WAT sal ons dan sê, het Abraham,ons vader na die vlees, verkry?

2 Want as Abrahamuit die werke geregverdig is,het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.

3 Want wat sê die Skrif?Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;

5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, wordsy geloof tot geregtigheid gereken.

6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toerekensonder werke:

7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.

10 Hoe is dit dan toegereken — toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.

11 En hy hetdie teken van die besnydenis ontvang as’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie;dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;

12 en ook ’n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.

13 Want die belofte dat hyerfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.

14 Wantas hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.

15 Wantdie wet werk toorn; maarwaar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.

16 Daarom is dit uit die geloof, sodat ditvolgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is,die vader van ons almal —

17 soos geskrywe is:Ek het jou ’n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het,wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roepasof hulle bestaan.

18 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was:So sal jou nageslag wees.

19 En sonder om te verswak in die geloof het hy,al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.

20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee

21 en was ten volle oortuigdat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.

22 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

23 Maardit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,

24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word,ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,

25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van onsregverdigmaking.

ROMEINE 5

Versoening met God en vrede deur die geloof.

1 OMDATons dan uit die geloof geregverdig is, het onsvrede by God deur onse Here Jesus Christus;

2 deur wie onsook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; enons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

3 En nie alleen dit nie,maar ons roem ook in die verdrukkinge,omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,

4 en die lydsaamheidbeproefdheid en die beproefdheid hoop;

5 endie hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

6 Want toe ons nog swak was,het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

7 Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe — vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe —

8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf hettoe ons nog sondaars was.

9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig isin sy bloed,deur Hom gered word van die toorn.

10 Want as ons,terwyl ons nog vyande was,met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deursy lewe gered word nou dat ons versoen is.

11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom, deur een mens ook die geregtigheid en die lewe.

12 DAAROM,soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het endeur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —

13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maarsonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie,wat ’n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

16 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid viralle mense totregverdigmaking van die lewe.

19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

20 Maardie wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het,het die genade nog meer oorvloedig geword;

21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ookdie genade kan heers deur die geregtigheid totdie ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

ROMEINE 6

Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.

1 WAT sal ons dan sê?Sal ons in die sonde bly, datdie genade meer kan word?

2 Nee, stellig nie! Ons watdie sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

3 Of weet julle nie datons almal watin Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

4 Ons is dus saam met Hombegrawe deur die doop in die dood, sodat net soosChristus uit die dode opgewek is deurdie heerlikheid van die Vader,ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.

5 Wantas ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

6 aangesien ons dit weetdat ons oue mens saamgekruisig is, sodatdie liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

7 Wanthy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

8 Asons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.

10 Want die dood wat Hy gesterf het,het Hy vir die sondeeens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is virGod in Christus Jesus, onse Here.

12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; wantjulle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

15 Wat dan?Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

16 Weet julle nie dataan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword hetaan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,

18 en,vrygemaak van die sonde,het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

19 Ek spreek menslikerwyster wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.

20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.

21 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Wantdie uiteinde daarvan is die dood.

22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

23 Want die loon van die sonde isdie dood, maar die genadegawe van God isdie ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

ROMEINE 7

Vrygemaak van die wet, dien ons God in ’n nuwe gees. Die wet het ons geleer om die sonde te ken. Die stryd van die vlees teen die Gees.

1 OF weet julle nie, broeders — want ek spreek met mense wat die wet ken — dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?

2 Wantdie getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.

3 Daarom dan,as sy ’n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ’n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie.

4 So, my broeders,is julle dan ook ten opsigte van die wet dooddeur die liggaam van Christus, om aan ’n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom,in ons lede gewerk omvir die dood vrugte te dra.

6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien indie nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel,ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het:Jy mag nie begeer nie.

8 Maar die sonde hetaanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; wantsonder die wet is die sonde dood.

9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.

10 En die gebodwat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.

11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod enmy verlei en daardeur gedood.

12 Dusis die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.

14 Want ons weet dat die wetgeestelik is, maar ek is vleeslik,verkoop onder die sonde.

15 Want wat ek doen, weet ek nie; wantwat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.

17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

18 Want ek weet datin my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.

19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.

22 Wantek verlustig my in die wet van God nadie innerlike mens;

23 maar ek sien ’n ander wet inmy ledewat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos vandie liggaam van hierdie dood?

25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

26 So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

ROMEINE 8

Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.

1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir diewat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

2 Want die wet vandie Gees van die lewe in Christus Jesushet my vrygemaakvan die wet van die sonde en die dood.

3 Want God het —wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deursy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

4 sodatdie reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5 Want die wat vleeslik is,bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is,geestelike dinge.

6 Want wat die vlees bedink, is diedood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

7 omdat wat die vlees bedink,vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand dieGees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maardie gees is lewe vanweë die geregtigheid.

11 En as die Gees vanHom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het,ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaamdoodmaak, sal julle lewe.

14 Want almalwat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

15 Wantjulle het nie ontvang ’ngees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees vanaanneming tot kinders, deur wie ons roep:Abba, Vader!

16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17 en as ons kinders is, dan ook erfgename,erfgename van God en mede-erfgename van Christus,as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Die eerstelinge van die Gees.

18 WANT ek reken datdie lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teendie heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op dieopenbaarmaking van die kinders van God.

20 Want die skepping is aandie nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maarter wille van Hom wat dit onderwerp het —

21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny vandie verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook watdie eerstelinge van die Gees het,ons sug ook in onsself in afwagting vandie aanneming tot kinders,naamlikdie verlossing van ons liggaam.

24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?

25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, wantons weet nie reg wat ons moet bid nie, maardie Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hyooreenkomstig die wil van Godvir die heiliges intree.

28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,vir hulle wat na syvoorneme geroep is.

29 Want die wat Hyvantevore geken het, dié het Hy ookvantevore verordineer omgelykvormig te wees aandie beeld van sy Seun, sodat Hy dieeersgeborene kan wees onder baie broeders;

30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ookgeroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ookgeregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ookverheerlik.

Oorwinningslied: God vír ons — wie sal teen ons wees?

31 WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

32 Hy watselfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

33 Wie sal beskuldiging inbring teendie uitverkorenes van God?God is dit wat regverdig maak.

34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is,wat ook aan die regterhand van God is,wat ook vir ons intree.

35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

36 Soos geskrywe is:Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

37 Maar in al hierdie dingeis ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele ofowerhede ofmagte ofteenwoordige of toekomende dinge

39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei vandie liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

ROMEINE 9

Droefheid van Paulus oor die ongeloof van Israel.

1 EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie —my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees —

2 dat dit vir my ’n groot droefheid is en ’n onophoudelike smart vir my hart.

3 Wantek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenotena die vlees, ’n vervloeking te wees, wég van Christus af.

4 Hulle is Israeliete aan wiedie aanneming tot kinders behoort endie heerlikheid endie verbonde en die wetgewing en dieerediens endie beloftes;

5 aan wie die vaders behoort enuit wie die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is,God,lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

Volstrekte vrymag van die genade van God.

6 MAARek sêdit nie asof die woord van God verval het nie;want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar:in Isak sal jou nageslag genoem word.

8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maardie kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

9 Want dit is die woord van die belofte:Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ’n seun hê.

10 En nie alleen dit nie, maarook Rebekka was swanger uit een,naamlikIsak, ons vader.

11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie — datdie voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep —

12 is vir haar gesê:Die oudste sal die jongste dien.

13 Soos geskrywe is:Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

15 Want aan Moses sê Hy:Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

17 Want die Skrif sê aan Farao:Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.

18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?

20 Maar tog, omens, wie is jy wat teen God antwoord?Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klompdie een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met grootlankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,

23 juis om bekend te maakdie rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid watHy voorberei het tot heerlikheid,

24 ons naamlik watHy geroep het,nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

25 Soos Hy ook in Hoséa sê:Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;

26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! — daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

27 En Jesaja roep oor Israel uit:Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see,net die oorblyfsel sal gered word;

28 want Hy volbring ’n saak en verkort dit in geregtigheid,omdat die Here ’n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.

29 En soos Jesaja tevore gesê het:As die Here van die leërskare vir ons nie ’n nageslag oorgelaat het nie,soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.

30 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlikdie geregtigheid wat uit die geloof is;

31 terwyl Israel,wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.

32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; wanthulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

33 Soos geskrywe is:Kyk, Ek lê in Sion ’n steen van aanstoot en ’n rots van struikeling; enelkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

ROMEINE 10

Die Jode het die geregtigheid van God verwerp.

1 BROEDERS,die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tothulleredding.

2 Want ek getuig van hulledat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis.

3 Want omdat hulledie geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.

4 WantChristus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

5 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is:Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.

6 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit:Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlikom Christus af te bring;

7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?

8 Maar wat sê dit?Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

9 As jymet jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

11 Want die Skrif sê:Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

12 Wantdaar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie;dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.

13 Want:Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

15 En hoe kan hulle preek ashulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is:Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here,wie het ons prediking geglo?

17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

18 Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker!Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.

19 Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses:Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ’nonverstandige volk.

20 En Jesaja durf selfs sê:Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.

21 Maar van Israel sê Hy:Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ’n ongehoorsame en teësprekende volk.

ROMEINE 11

Die toekoms van Israel.

1 EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Wantek is ook ’n Israeliet uit die nageslag van Abraham,van die stam van Benjamin.

2 God het sy volkwat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? — hoe hy by God optree teen Israel en sê:

3 Here,hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!

4 Maar wat sê die Godspraak aan hom?Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ’noorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

6 Enas dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

7 Wat dan?Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

8 Soos geskrywe is:God het hulle gegee ’n gees van diepe slaap,oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

9 En Dawid sê:Laat hulle tafel vir hulle wees ’n vangnet en ’n strik en ’n struikelblok en ’n vergelding.

10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie!Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekomom hulle jaloers te maak.

12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!

13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover asek ’n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening —

14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak ensommige uit hulle kan red!

15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

16 En asdie eerstelinge heilig is,dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

17 En assommige van die takke afgebreek is, en jy wat’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem — dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jystaan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

22 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anderssal jy ook afgekap word.

23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie,sodat julle nie eiewys mag wees nie:dat die verharding ten dele oor Israel gekom hettotdat die volheid van die heidene ingegaan het;

26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is:Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27 en dit is van my kant die verbond met hulleas Ek hulle sondes wegneem.

28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref,bemindes ter wille van die vaders.

29 Want die genadegawes en die roeping van God isonberoulik.

30 Want soos julleook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,

31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.

32 WantGod het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.

Lofsang.

33 o, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God!Hoe ondeurgrondelik is sy oordele enonnaspeurlik sy weë!

34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?

35 Ofwie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

36 Wantuit Hom endeur Hom en tot Hom is alle dinge.Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

ROMEINE 12

Toewyding aan God. Ootmoed en getrouheid in die gebruik van sy gawes.

1 EKvermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God,dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

2 En word nieaan hierdie wêreldgelykvormig nie, maar word verander deurdie vernuwing van julle gemoed, sodat julle kanbeproef wat die goeie en welgevallige en volmaaktewil van God is.

3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is,dat hy nie van homself meer moet dink as wat ’n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te weesna die maat van geloofsoos God dit aan elkeen toebedeel het.

4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

5 so is ons almal saameen liggaam in Christus en elkeen afsonderliklede van mekaar.

6 Enons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:

7 is ditprofesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;

8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

Liefde, vurigheid, nederigheid, weldadigheid.

9 LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;

10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;

12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking;volhard in die gebed.

13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

16 weeseensgesind onder mekaar;moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige;moenie eiewys wees nie;

17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie;bedink wat goed is voor alle mense;

18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang,leef in vrede met alle mense.

19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe:Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

ROMEINE 13

Onderwerping aan die owerheid.

1 LAAT elke mens homonderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, wantdaar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,

2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

3 Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, enjy sal lof van hom ontvang;

4 want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.

5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.

6 Want daarom betaal julle ookbelastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

7 Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting,tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Liefde vir die naaste, waaksaamheid, reinheid.

8 WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; wanthy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul.

9 Want dít:Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom isdie liefde die vervulling van die wet.

11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar isom uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.

12 Die nag het ver gevorder endit is amper dag. Laat ons dandie werke van die duisternis aflê endie wapens van die lig aangord.

13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, niein ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.

14 Maarbeklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.