ROMEINE 13

Onderwerping aan die owerheid.

1 LAAT elke mens homonderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, wantdaar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,

2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

3 Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, enjy sal lof van hom ontvang;

4 want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.

5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.

6 Want daarom betaal julle ookbelastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

7 Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting,tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Liefde vir die naaste, waaksaamheid, reinheid.

8 WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; wanthy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul.

9 Want dít:Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom isdie liefde die vervulling van die wet.

11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar isom uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.

12 Die nag het ver gevorder endit is amper dag. Laat ons dandie werke van die duisternis aflê endie wapens van die lig aangord.

13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, niein ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.

14 Maarbeklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

7 + 16 =