ROMEINE 8

Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.

1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir diewat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

2 Want die wet vandie Gees van die lewe in Christus Jesushet my vrygemaakvan die wet van die sonde en die dood.

3 Want God het —wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deursy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

4 sodatdie reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5 Want die wat vleeslik is,bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is,geestelike dinge.

6 Want wat die vlees bedink, is diedood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

7 omdat wat die vlees bedink,vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand dieGees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maardie gees is lewe vanweë die geregtigheid.

11 En as die Gees vanHom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het,ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaamdoodmaak, sal julle lewe.

14 Want almalwat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

15 Wantjulle het nie ontvang ’ngees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees vanaanneming tot kinders, deur wie ons roep:Abba, Vader!

16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17 en as ons kinders is, dan ook erfgename,erfgename van God en mede-erfgename van Christus,as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Die eerstelinge van die Gees.

18 WANT ek reken datdie lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teendie heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op dieopenbaarmaking van die kinders van God.

20 Want die skepping is aandie nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maarter wille van Hom wat dit onderwerp het —

21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny vandie verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook watdie eerstelinge van die Gees het,ons sug ook in onsself in afwagting vandie aanneming tot kinders,naamlikdie verlossing van ons liggaam.

24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?

25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, wantons weet nie reg wat ons moet bid nie, maardie Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hyooreenkomstig die wil van Godvir die heiliges intree.

28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,vir hulle wat na syvoorneme geroep is.

29 Want die wat Hyvantevore geken het, dié het Hy ookvantevore verordineer omgelykvormig te wees aandie beeld van sy Seun, sodat Hy dieeersgeborene kan wees onder baie broeders;

30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ookgeroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ookgeregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ookverheerlik.

Oorwinningslied: God vír ons — wie sal teen ons wees?

31 WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

32 Hy watselfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

33 Wie sal beskuldiging inbring teendie uitverkorenes van God?God is dit wat regverdig maak.

34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is,wat ook aan die regterhand van God is,wat ook vir ons intree.

35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

36 Soos geskrywe is:Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

37 Maar in al hierdie dingeis ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele ofowerhede ofmagte ofteenwoordige of toekomende dinge

39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei vandie liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × five =