GÉNESIS 46

Jakob trek af na Egipte.

1 EN Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en inBerséba gekom; en hy het offerandes gebringaan die God van sy vader Isak.

2 En God het tot Israel gespreekin naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!

3 Toe sê Hy: Ek is God,die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Eksal jou daar ’n groot nasie maak.

4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewisook weer laat optrek; enJosef sal jou oë toedruk.

5 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaaiwat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom;sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8 Endit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het — Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob wasRuben.

9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.

11 En die seuns vanLevi: Gerson, Kehat en Merári.

12 En die seuns vanJuda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. MaarEr en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13 En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15 Dit is die seuns van Leawat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

16 En die seuns van Gad:Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli.

17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

18 Dit is die seuns van Silpawat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20 En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23 En die seuns van Dan: Husim.

24 En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.

25 Dit is die seuns van Bilhawat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.

26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses-en-sestig siele.

27 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele.Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.

28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle hetin die land Gosen aangekom.

29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon,het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.

30 En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!

31 Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek:Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.

32 En die manne is herders van kleinvee — want hulle was veeboere — en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.

33 En as Farao julle laat roep en sê:Wat is julle nering?

34 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboerevan ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders — sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars’n gruwel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × 4 =