GÉNESIS 2

1 SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulleganse leërmag.

2 En God hetop die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.

3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Skepping van die man en die vrou. Eden.

4 DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe dieHereGod die aarde en die hemel gemaak het,

5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want dieHereGod het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

6 Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.

7 En dieHereGod het die mens geformeer uit diestof van die aarde en in sy neusdie asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.

8 Ook het dieHereGod ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee.

9 En dieHereGod het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ookdie boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

10 En daar het ’n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.

11 Die naam van die eerste is diePison. Dit is hy wat om die hele landHáwila loop waar die goud is.

12 En die goud van dié land is goed. Daar isookbalsemgom enonikssteen.

13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.

14 En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.

15 Toe het dieHereGod die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.

16 En dieHereGod het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,

17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

18 Ook het dieHereGod gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.

19 En dieHereGod het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.

21 Toe het dieHereGod ’ndiepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

22 En dieHereGod bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.

23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

GÉNESIS 3

Sonde en veroordeling van die mens. Die eerste belofte.

1 MAAR dieslang waslistiger as al die diere van die veld wat dieHereGod gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,

3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.

4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte eneet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

7 Toe gaan altwee se oëoop, en hulle word gewaar dat hulle naak is;en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

8 En hulle het die stem van dieHereGod gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van dieHereGod tussen die bome van die tuin.

9 Toe roep dieHereGod na die mens en sê vir hom: Waar is jy?

10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?

12 En die mens antwoord:Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.

13 Daarop sê dieHereGod aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.

14 Toe sê dieHereGod aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, enstof moet jy eet al die dae van jou lewe.

15 EnEk sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad.Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.

16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hý sal oor jouheers.

17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet hetwaarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie —vervloek is die aarde om jou ontwil;met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

18 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.

19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem.Want stof is jy,en tot stof sal jy terugkeer.

20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.

21 En dieHereGod het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

22 Toe sê dieHereGod: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteeken ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

23 Toe stuur dieHereGod hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

GÉNESIS 4

Kain en Abel. Die afstammelinge van Kain. Set.

1 EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ’n man verkry met die hulp van dieHere.

2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer.

3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan dieHere’n offer gebring.

4 En Abel het ook van dieeersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En dieHerehet Abel en sy offer genadigaangesien,

5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

6 En dieHeresê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en homdoodgeslaan.

9 Toe sê dieHerevir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord:Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

12 As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.

13 Daarop sê Kain vir dieHere: My skuld is te groot om dit te dra.

14 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit,en ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees,en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.

15 Maar dieHeresê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En dieHerehet ’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16 Toe gaan Kain weg van die aangesig van dieHere, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.

19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.

20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.

21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.

22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.

23 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan ’n man dood wat my wond en ’n seun wat my kwes.

24 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewen-en-sewentig maal.

25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom Set genoem. Want,het sy gesê,God het my ’n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.

26 En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van dieHerebegin aanroep.

GÉNESIS 5

Nakomelinge van Adam deur Set tot op Noag.

1 DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het,het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

3 Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy’n seunverwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.

4 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.

5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe.

6 Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.

7 En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

8 So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.

9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.

10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

11 So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.

12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.

13 En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14 So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.

15 Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.

16 En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

17 So was dan al die dae van Mahalálel agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.

18 Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was, het hy die vader vanHenog geword.

19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20 So was dan al die dae van Jered negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.

21 Toe Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.

22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met Godgewandel. En hy het seuns en dogters gehad.

23 So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar.

24 EnHenog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

25 Toe Metúsalag honderd-sewen-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.

26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

27 So was dan al die dae van Metúsalag negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.

28 Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was, het hy ’n seun verwek

29 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevollearbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat dieHerevervloek het.

30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

31 So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.

32 En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword vanSem, Gam en Jafet.

GÉNESIS 6

Toenemende bederf van die mense. Die sondvloed.

1 TOE die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,

2 sien dieseuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle asvroue geneem almal wat hulle verkies het.

3 Toe sê dieHere: MyGees sal nie vir ewig in die mens heers nie,omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.

4 In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

5 Toe dieHeresien dat die boosheid van die mens op die aarde groot wasen al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

6 hetdit dieHereberou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar wassmart in sy hart.

7 En dieHeresê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

8 Maar Noaghet genade gevind in die oë van dieHere.

9 Dit is die geskiedenis van Noag.Noag was ’n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag hetmet God gewandel.

10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.

11 Maar die aarde was verdorwevoor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.

12 Toe sien God die aarde aan, en — dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.

13 En God sê vir Noag:Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.

14 Maak vir jou ’n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.

15 Só moet jy dit maak: driehonderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.

16 ’n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van ’n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ’n onderste, tweede en derdeverdiepingmaak.

17 Want kyk, Ék bring ’n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ’n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.

18 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elkesoortin die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.

20 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elkesoort,moet na jou kom om in die lewe te bly.

21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.

22 EnNoag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.

GÉNESIS 7

1 DAARNA het dieHereaan Noag gesê:Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.

2 Van al dierein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.

3 Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.

4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

5 En Noag het gedoen net soos dieHerehom beveel het.

6 En Noag was seshonderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.

7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.

8 Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,

9 het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God Noag beveel het.

10 Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.

11 In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is aldie fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.

14 Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere —

15 van al die vlees waar ’n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.

16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En dieHerehet agter hom toegesluit.

17 En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.

18 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.

19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.

20 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.

21 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.

22 Alles wat die asem van die lewensgees in syneusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.

23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En netNoag het oorgebly en wat by hom in die ark was.

24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd-en-vyftig dae lank.

GÉNESIS 8

Noag gaan uit die ark.

1 EN God hetgedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.

2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.

3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.

4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.

5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiendemaand,op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.

6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,

7 en ’n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.

8 Daarop laat hy ’n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.

9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.

10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.

11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ’n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.

12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.

13 In dieseshonderd-en-eerste jaar, in die eerstemaand,op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog —

14 in die tweede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.

15 En God het met Noag gespreek en gesê:

16 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde envrugbaar wees en vermeerder op die aarde.

18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.

19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.

20 En Noag het vir dieHere’n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

21 En dieHerehet die lieflike geur geruik, en dieHerehet in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meervervloek ter wille van die mens nie, want dieversinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af.En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.

22 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter,dag en nag nie ophou nie.

GÉNESIS 9

Verbond van God met Noag.

1 EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê:Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.

3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos diegroen plante, gee Ek dit alles aan julle.

4 Net die vleismet sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.

5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis:van al die diere sal Ek dit eis. Ookvan die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.

6 Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; wantGod het die mens na sy beeld gemaak.

7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.

8 Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:

9 Maar Ek,kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag ná julle,

10 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle — al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.

11 EnEk rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

12 En God het gesê:Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:

13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

14 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,

15 dan salEk dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

17 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.

Die seuns van Noag.

18 EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. EnGam was die vader van Kanaän.

19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.

20 En Noag het as landbouer ’n wingerd begin plant.

21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.

22 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.

23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.

24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,

25 sê hy: Vervloek is Kanaän! ’nKneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.

26 Verder het hy gesê: Geseënd is dieHere, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

28 En Noag het ná die vloed driehonderd-en-vyftig jaar gelewe.

29 So was dan al die dae van Noag negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe.

GÉNESIS 10

Afstammelinge van Jafet, Gam en Sem.

1 EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

2 Die seuns van Jafet was:Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3 En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat enTogárma.

4 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete —

5 uit hulle het verdeeld geraakdie kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6 En die seuns van Gam was: Kus en Misráim en Put en Kanaän.

7 En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.

8 Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om ’n geweldenaar op aarde te wees.

9 Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van dieHere. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van dieHere.

10 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

11 Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag

12 en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.

13 En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete

14 en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit dieFilistyne voortgekom het — en Kaftoriete.

15 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

16 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

17 en die Hewiete en Arkiete en Siniete

18 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.

19 En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.

20 Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.

21 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, isseunsgebore.

22 Dieseuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram.

23 En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.

24 En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

25 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.

26 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag

27 en Hadóram en Usal en Dikla

28 en Obal en Abímael en Skeba

29 enOfir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

30 En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.

31 Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.

32 Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.

GÉNESIS 11

Die toring van Babel.

1 EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.

2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die landSínear; en daar het hulle gaan woon.

3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en dielymgrond vir klei.

4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toringwaarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

5 Toe daal dieHereneer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

6 En dieHeresê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

7 Kom,laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

8 So het dieHerehulle dan daarvandaanoor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het dieHeredie taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het dieHerehulle oor die hele aarde verstrooi.

Afstammelinge van Sem.

10 DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.

11 En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

12 Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was,het hy die vader van Selag geword.

13 En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.

15 En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

16 Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.

19 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20 Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.

21 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.

23 En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

24 Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.

25 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou wasMilka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31 En Terahet sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uitUr van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.