GÉNESIS 6

Toenemende bederf van die mense. Die sondvloed.

1 TOE die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,

2 sien dieseuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle asvroue geneem almal wat hulle verkies het.

3 Toe sê dieHere: MyGees sal nie vir ewig in die mens heers nie,omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.

4 In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

5 Toe dieHeresien dat die boosheid van die mens op die aarde groot wasen al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

6 hetdit dieHereberou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar wassmart in sy hart.

7 En dieHeresê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

8 Maar Noaghet genade gevind in die oë van dieHere.

9 Dit is die geskiedenis van Noag.Noag was ’n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag hetmet God gewandel.

10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.

11 Maar die aarde was verdorwevoor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.

12 Toe sien God die aarde aan, en — dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.

13 En God sê vir Noag:Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.

14 Maak vir jou ’n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.

15 Só moet jy dit maak: driehonderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.

16 ’n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van ’n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ’n onderste, tweede en derdeverdiepingmaak.

17 Want kyk, Ék bring ’n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ’n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.

18 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elkesoortin die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.

20 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elkesoort,moet na jou kom om in die lewe te bly.

21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.

22 EnNoag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × three =