EXODUS 32

Die goue kalf.

1 TOE die volk sien dat Mosesvertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek;want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

2 En Aäron sê vir hulle: Rukdie goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.

3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.

4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

5 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäronhet uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van dieHere.

6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop hetdie volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.

7 Toe sê dieHerevir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het,het verderflik gehandel.

8 En hulle het gou van die weg afgewyk watEk hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

9 Verder het dieHerevir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.

10 Laat My dan nou begaan, datmy toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan salEk jou tot ’n groot nasie maak.

11 Maar Moses het dieHeresy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, oHere, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met ’n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?

12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, enlaat dit U berou oor die onheil van u volk.

13 Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uselfgesweer en aan wie U gesê het:Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.

14 Toe het dit dieHereberou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

15 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.

16 Endie tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.

17 En toeJosua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.

18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.

19 En toe hy naby die laer kom endie kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.

20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.

21 En Moses het vir Aäron gesê:Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?

22 Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie.U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.

23 Hulle het dan aan my gesê:Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.

25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was — want Aäronhet hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —

26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír dieHereis, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.

27 En hy het vir hulle gesê: So spreek dieHere, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, enlaat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval.

29 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle handom te offeraan dieHere— want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.

Moses bid vir die volk.

30 EN die volgende dag het Moses aan die volk gesê:Júlle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na dieHereopklim:miskien kan ek vir jullesonde versoening doen.

31 En Moses het na dieHereteruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.

32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie,delg my dan maaruit u boek wat U geskryf het!

33 Toe het dieHereMoses geantwoord:Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek.

34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het.Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.

35 So het dieHeredan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.

EXODUS 33

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde:Aan jou nageslag sal Ek dit gee;

2 en Ek sal’n engel voor jou uit stuur —en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe —

3 na ’n land wat oorloop van melk en heuning;want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.

4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor,het hulle getreur;en niemand het sy versiersels aangesit nie.

5 DieHerehet naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.

6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.

7 En Moses het elke keer ’n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af;en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat dieHerewou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeenaan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.

9 En as Moses in die tent ingaan, komdie wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.

11 Dan spreek dieHeremet Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaarJosua, ’n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.

12 Toe het Moses met dieHeregespreek:U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.

13 As ek dan nou genade in u oë gevind het,maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasieu volk is.

14 En Hy antwoord:Moet Ek self meegaan om jou dierusplek te verskaf?

15 Toe sê hy vir Hom:As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.

16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? Sosal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.

17 Toe sê dieHereaan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; wantjy het genade gevind in my oë, enEk ken jou by die naam.

18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.

19 Maar Hy antwoord: Ek sal almy majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van dieHereuitroep; maarEk salgenadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, wantgeen mens kan My sien en bly lewe nie.

21 Ook het dieHeregesê: Kyk, hier is ’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kannie gesien word nie.

EXODUS 34

Moses klim weer op die berg.

1 TOE het dieHereaan Moses gesê:Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was,wat jy verbrysel het.

2 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staanby My op die top van die berg.

3 Maar niemand magsaam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.

4 Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos dieHerehom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.

5 En dieHerehet neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hyhet die Naam van dieHereuitgeroep.

6 En toe dieHereby hom verbygaan, het Hy geroep:Here,Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe,maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

8 Toehet Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval

9 en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan togdieHerein ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as’n erfdeel.

10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ’n verbond; voor jou hele volk sal Ekwonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van dieHerekan sien. Wantverskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.

11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk,Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.

12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.

13 Maar hulle altaremoet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel enhulle heilige boomstamme afkap.

14 Want jy mag jou nie neerbuig voor’n ander god nie; want dieHereseNaam is Jaloers —’n jaloerse God is Hy.

15 Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van die land nie! As hulleagter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hyjou uitnooi, en jysal van sy offer eet;

16 en jy sal vansy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.

17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.

18 Die fees van dieongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in diemaand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.

19 Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.

20 Maar die eersteling van ’n esel moet jy met ’n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag metleë hande voor my aangesig verskyn nie.

21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.

22 Die fees van die weke moet jy ook hou,die feesvan die eerstelinge van die koringoes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.

23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die HereHere, die God van Israel, verskyn.

24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei,sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van dieHerejou God, drie maal in die jaar.

25 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie,en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.

26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van dieHerejou God bring.Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

27 Verder het dieHerevir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek ’n verbond gesluit met jou en met Israel.

28 En hy was daar by dieHereveertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.

29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal —die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesigblink omdat hy met Hom gespreek het nie.

30 En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.

31 Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.

32 En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, enhy het hulle alles beveel wat dieHeremet hom gespreek het op die berg Sinai.

33 Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy’n sluier oor sy gesig getrek.

34 Maaras Moses voor die aangesig van dieHerekom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,

35 sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.

EXODUS 35

Gifte vir die tabernakel.

1 TOE het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat dieHerebeveel het, om dit te doen:

2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ’n heiligheid, ’n dag van volkome rus wees tot eer van dieHere. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê:Dít is die saak wat dieHerebeveel het:

5 Neem van julle besittings ’n offergawe aan dieHere. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van dieHere: goud en silwer en koper;

6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.

10 Enalmal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat dieHerebeveel het:

11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en dievoorhangsel tot bedekking;

13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en dietoonbrode;

14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, endie olie vir die kandelaar;

15 en die reukaltaar met sy draaghoute,en die salfolie en die reukwerk van speserye, en diebedekking vir die ingang van die tabernakel;

16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

21 En elkeen wie se hart homopgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van dieHeregebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle hetgespes en ringe en vingerringe enhalssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan dieHeregewy het,

23 en elkeen wat in besit was vanpers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

24 Elkeen wat ’n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van dieHeregebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

25 En elke vrou watkunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat dieHeredeur die diens van Moses beveel het om te verrig — as vrywillige offergawe aan dieHerehet die kinders van Israel dit gebring.

30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk,dieHerehet Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk — om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

34 Hy het dit ook in sy hart gegee omanderte onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ’n wewer — hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

EXODUS 36

1 SO moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie dieHerewysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos dieHerebeveel het.

2 En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart dieHerewysheid gegee het; elkeenwie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.

3 En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring.

4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,

5 en hulle het met Moses gespreek en gesê:Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan dieHeredie vervaardiging beveel het.

6 Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het ’n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;

7 want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.

Samestelling van die tabernakel.

8 SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.

9 Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.

10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.

11 En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.

13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.

14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.

15 Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.

16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.

17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van dielaastetentdoek van die tweede stel.

18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.

19 Ook het hy vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van robbevelle.

20 Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.

21 Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.

22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.

23 En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak

26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

27 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.

28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.

29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.

30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.

31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.

34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.

35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.

36 En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.

37 Hy het ook vir die ingang van die tent ’n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;

38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulletoppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.

EXODUS 37

Samestelling van die ark, die tafel, die kandelaar en die reukofferaltaar.

1 EN Besáleël hetdie ark van akasiahout gemaak; twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

2 En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ’n goue krans gemaak rondom.

3 En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.

4 En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;

5 en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.

6 Hy het ook ’n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.

7 Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.

8 Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent.Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.

9 En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.

10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

11 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.

12 Hy het ook daarvoor ’n lys van ’n handbreed gemaak rondom; en hy het ’n goue krans vir die lys gemaak rondom.

13 Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.

16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.

17 Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.

18 En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

19 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

20 Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:

21 daar was ’n knop onder dieeerstepaar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder dietweedepaar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder diederdepaar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat daaruit uitgaan.

22 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

23 En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.

24 Van ’n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.

25 En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ’n el was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.

26 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.

27 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.

28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.

29 Hy het ookdie heilige salfolie gemaak endie suiwer reukwerk van speserye, soos ’n salfmenger dit maak.

EXODUS 38

Samestelling van die brandofferaltaar, die koperwaskom en die voorhof.

1 HY het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.

2 En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.

3 Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.

4 Ook het hy vir die altaar ’n traliewerk gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helftevan die altaar.

5 En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.

6 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.

7 En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.

8 Hy het ookdie koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.

9 Hy het ook dievoorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;

10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;

11 en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

12 En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

13 En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;

14 vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;

15 en vir die ander kant — aan weerskante van die poort van die voorhof — vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.

16 Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;

17 en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.

18 En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte — tewens die breedtevan die stof— vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.

19 Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.

20 En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.

Hoeveel metaal daar gebruik is.

21 DIT is die berekening van die koste vandie tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete,onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

22 EnBesáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat dieHereMoses beveel het.

23 En saam met homOhóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, ’n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.

24 Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom — die goud wat asoffer aangebied was, het bedra negen-en-twintig talente en sewehonderd-en-dertig sikkels volgensdie sikkel van die heiligdom.

25 En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;

26 ’n beka vir elke persoon, dit is ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlikseshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftigman.

27 En die honderd talente silwer het gedien omdie voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk.

28 Maar van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentigsikkelshet hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.

29 En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels.

30 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak endie koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;

31 endie voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.

EXODUS 39

Hoe die heilige klere gemaak is.

1 HULLE het ook kunstige klere vanpers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos dieHereMoses beveel het.

2 En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

3 En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne — ’n kunstige werk.

4 Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die tweebo-ente was dit saamgevoeg.

5 En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos dieHereMoses beveel het.

6 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ’n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.

7 En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos dieHereMoses beveel het.

8 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was dit.

10 En hulle het daarin vier rye stene ingevul: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.

11 En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.

12 En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

13 En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.

14 En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.

15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;

16 en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die tweebo-ente van die borstas bevestig,

17 en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.

18 Maar die tweeanderente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.

19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die tweeonder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

20 En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.

21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie,soos dieHereMoses beveel het.

22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.

23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ’n pantser; die opening het ’n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.

24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowween fyndubbeldraad-linne.

25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:

26 ’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos dieHereMoses beveel het.

27 Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;

28 en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;

29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos dieHereMoses beveel het.

30 Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word:Heilig aan die Here.

31 En hulle het ’n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos dieHereMoses beveel het.

32 So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaaknet soos dieHereMoses beveel het; so het hulle dit gemaak.

33 En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,

34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en dievoorhangsel tot bedekking;

35 die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;

36 die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;

37 die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;

38 verderdie goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;

39 die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;

40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;

41 die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.

42 Net soos dieHereMoses beveel het, so hetdie kinders van Israel die hele werk gemaak.

43 En Moses het die hele werk bekyk — en hulle het dit gemaak soos dieHerebeveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hullegeseën.

EXODUS 40

Moses rig die tabernakel op.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Op die dag vandie eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekomsoprig.

3 En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangselbedek.

4 Danmoet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.

5 En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.

6 Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.

7 Enjy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.

8 En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.

9 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakelsalf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.

10 Jy moet ookdie brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.

11 Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.

12 Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.

13 Trek Aäron dan die heilige klere aan; ensalf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.

15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle’n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.

16 En Moses het gedoen net soos dieHerehom beveel het; so het hy gedoen.

17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, isdie tabernakel opgerig.

18 En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.

19 En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos dieHereMoses beveel het.

20 Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.

21 Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienisbedek, soos dieHereMoses beveel het.

22 Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.

23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van dieHere, soos dieHereMoses beveel het.

24 Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.

25 En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van dieHere, soos dieHereMoses beveel het.

26 En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,

27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos dieHereMoses beveel het.

28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.

29 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandofferen die spysoffer gebring, soos dieHereMoses beveel het.

30 Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.

31 En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.

32 As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soosdieHereMoses beveel het.

33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.

34 Toe hetdie wolk die tent van samekoms oordek, en dieheerlikheid van dieHerehet die tabernakel vervul,

35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van dieHeredie tabernakel vervul het.

36 En asdie wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;

37 maaras die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.

38 Want die wolk van dieHerewas bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

GÉNESIS 1

Die skepping. Die werk van die ses dae. Die rus van die sewende dag.

1 IN diebegin het God die hemel en die aarde geskape.

2 En die aarde waswoes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

3 En God het gesê:Laat daar lig wees! En daar was lig.

4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

6 En God het gesê: Laat daar ’n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

7 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.

8 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

9 En God het gesê:Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad geeenbome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.

12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

13 En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

14 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.

16 God het toedie twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.

17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde

18 en om teheers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.

19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

20 En God het gesê: Laat die waters wemel met ’n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.

21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

22 En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.

23 En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

24 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.

25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

26 En God het gesê:Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, enlaat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;man en vrou het Hy hulle geskape.

28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê:Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal jullevoedsel wees.

30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is,gee Ekal die groen plante as voedsel. En dit was so.

31 Toe sienGod alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.