EXODUS 35

Gifte vir die tabernakel.

1 TOE het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat dieHerebeveel het, om dit te doen:

2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ’n heiligheid, ’n dag van volkome rus wees tot eer van dieHere. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê:Dít is die saak wat dieHerebeveel het:

5 Neem van julle besittings ’n offergawe aan dieHere. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van dieHere: goud en silwer en koper;

6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.

10 Enalmal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat dieHerebeveel het:

11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en dievoorhangsel tot bedekking;

13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en dietoonbrode;

14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, endie olie vir die kandelaar;

15 en die reukaltaar met sy draaghoute,en die salfolie en die reukwerk van speserye, en diebedekking vir die ingang van die tabernakel;

16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

21 En elkeen wie se hart homopgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van dieHeregebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle hetgespes en ringe en vingerringe enhalssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan dieHeregewy het,

23 en elkeen wat in besit was vanpers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

24 Elkeen wat ’n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van dieHeregebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

25 En elke vrou watkunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat dieHeredeur die diens van Moses beveel het om te verrig — as vrywillige offergawe aan dieHerehet die kinders van Israel dit gebring.

30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk,dieHerehet Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk — om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

34 Hy het dit ook in sy hart gegee omanderte onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ’n wewer — hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 + 5 =