EXODUS 33

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde:Aan jou nageslag sal Ek dit gee;

2 en Ek sal’n engel voor jou uit stuur —en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe —

3 na ’n land wat oorloop van melk en heuning;want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.

4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor,het hulle getreur;en niemand het sy versiersels aangesit nie.

5 DieHerehet naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.

6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.

7 En Moses het elke keer ’n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af;en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat dieHerewou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeenaan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.

9 En as Moses in die tent ingaan, komdie wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.

11 Dan spreek dieHeremet Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaarJosua, ’n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.

12 Toe het Moses met dieHeregespreek:U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.

13 As ek dan nou genade in u oë gevind het,maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasieu volk is.

14 En Hy antwoord:Moet Ek self meegaan om jou dierusplek te verskaf?

15 Toe sê hy vir Hom:As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.

16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? Sosal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.

17 Toe sê dieHereaan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; wantjy het genade gevind in my oë, enEk ken jou by die naam.

18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.

19 Maar Hy antwoord: Ek sal almy majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van dieHereuitroep; maarEk salgenadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, wantgeen mens kan My sien en bly lewe nie.

21 Ook het dieHeregesê: Kyk, hier is ’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kannie gesien word nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − eight =