LEVÍTIKUS 9

Eerste offerandes van Aäron.

1 ENop die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep

2 en aan Aäron gesê:Neem vir jou ’n bulkalf as sondoffer en’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van dieHere.

3 En spreek met die kinders van Israel en sê:Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,

4 ook’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van dieHerete offer; enspysoffer met olie gemeng; wantvandag verskyn dieHereaan julle.

5 Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van dieHere.

6 En Moses het gesê: Dit is die saak wat dieHerejulle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van dieHereaan julle kan verskyn.

7 En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en bereijou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, enberei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos dieHerebeveel het.

8 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.

9 En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek endit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.

10 Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos dieHereMoses beveel het.

11 En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.

12 Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee,en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.

13 Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.

14 En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.

15 Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.

16 Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.

17 En hy het diespysoffer gebring en ’n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar,behalwe die môrebrandoffer.

18 Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee — wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het —

19 en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;

20 en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

21 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäronas beweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg soos Moses beveel het.

22 Daarnahet Aäron sy hande na die volk toe opgehef enhulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.

23 Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën.En die heerlikheid van dieHerehet aan die hele volk verskyn —

24 vuur het van die aangesig van dieHereuitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien,het hulle gejuig enop hulle aangesig geval.

LEVÍTIKUS 10

Nadab en Abíhu word deur vuur van die Here verteer.

1 EN die seuns van Aäron,Nadab en Abíhu,het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit envreemde vuur voor die aangesig van dieHeregebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

2 Daarophet daar vuur van die aangesig van dieHereuitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van dieHere.

3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat dieHeregespreek het deur te sê: In diewat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek Myverheerlik.Maar Aäron het stilgebly.

4 En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns vanUssiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.

5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.

6 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Ítamar:Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hyin toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat dieHereaangesteek het.

7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie;want die salfolie van dieHereis op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.

8 En dieHerehet met Aäron gespreek en gesê:

9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ’n ewige insetting is dit vir julle geslagte;

10 en julle moetonderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;

11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat dieHeredeur die diens van Moses aan hulle verkondig het.

12 En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Ítamar wat oorgebly het: Neemdie spysoffer wat van die vuuroffers van dieHereoorgebly het, en eet dit as ongesuurde koekelangs die altaar; want dit is hoogheilig.

13 Daarom moet julle dit op ’n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van dieHere; wantso is aan my bevel gegee.

14 Ookdie beweegbors en die hefboud moet julle op ’n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

15 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van dieHerete beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou ’n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos dieHerebeveel het.

16 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:

17 Waarom het julle die sondoffer nie op ’n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van dieHere.

18 Kyk,die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet hetsoos ek beveel het.

19 Toe sê Aäron vir Moses: Kyk,hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van dieHeregebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van dieHere?

20 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.

LEVÍTIKUS 11

Wette oor die onderskeid tussen rein en onrein diere.

1 EN dieHerehet met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê:Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.

3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue,enherkou — dit mag julle eet.

4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

5 endie das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie —onrein is hy vir julle;

7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle.

8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.

9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.

10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is —’n gruwel is dit vir julle.

11 Ja, ’n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ’n gruwel hou.

12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — ’n gruwel is dit vir julle.

13 En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

14 en die kuikendief en die valk volgens sy soorte;

15 elke kraai volgens sy soorte;

16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;

17 en die steenuil en die visvanger en die steunuil;

18 en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;

19 en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

20 Al die insekte met vlerke wat op vierpoteloop — ’n gruwel is hulle vir julle.

21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vierpoteloop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.

22 Van hulle mag julle die volgende eet:die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.

23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — ’n gruwel is hulle vir julle.

24 En deur hierdiediereword julle verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;

25 en elkeen wat van hulle aas dra,moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —

26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.

27 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.

28 Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.

29 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol endie muis en die akkedis volgens sy soorte,

30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.

31 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.

32 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word;dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, enjulle moet die voorwerp self stukkend breek;

34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, saldaarinonrein wees; en enige drank wat in so ’n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.

35 En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.

36 Maar ’n fontein of put, ’n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.

37 En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word — dit sal rein wees.

38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.

39 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;

40 enhy wat van dié aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.

41 Enal die ongediertes wat op die aarde wemel, is ’n gruwel — dit mag nie geëet word nie.

42 Alles wat opdie buik seil en alles wat op vierpoteloop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.

43 Moenie julle self ’n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.

44 Want Ek is dieHerejulle God; toon dan dat julle heilig isen wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.

45 Want Ek is dieHerewat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.

46 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,

47 om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.

LEVÍTIKUS 12

Wette oor die reiniging van ’n vrou.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees;soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.

3 En op dieagtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

4 Dan moet sy drie-en-dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

5 Maar as sy ’n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haarmaandelikseonreinheid. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die reinigingsbloed bly.

6 Enas die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;

7 dié moet dit offer voor die aangesig van dieHereen vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ’n seun of ’n dogter.

8 Maar as sy ’n lam nie kan bekostig nie, moet sytwee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer;en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.

LEVÍTIKUS 13

Wette aangaande melaatsheid van mense en klere.

1 VERDER het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 As ’n mens in die vel van sy vlees ’n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees ’n plaag van melaatsheid word,moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;

3 en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.

4 Maar as dit ’n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester die aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.

5 As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog ’n keer sewe dae lank opsluit.

6 Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ’n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is ’n uitslag; en hymoet sy klere was, dan is hy rein.

7 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ’n keer aan die priester vertoon.

8 En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.

9 As die plaag van melaatsheid aan ’n mens is, moet hy na die priester gebring word.

10 En as die priester sien dat daar’n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar wilde vlees in die swelsel groei,

11 dan is dit ’n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar.Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.

12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;

13 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.

14 Maar so gou as wilde vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;

15 en as die priester die wilde vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein, dit is melaatsheid.

16 Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.

17 As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.

18 Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel,’n sweer is en gesond word,

19 maar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.

20 As die priester sien dat dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.

21 Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.

22 En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n plaagvan melaatsheid.

23 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.

24 Of as in die vlees, in sy vel ’n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek ’n rooierige wit of wit vlek is;

25 en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.

26 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.

27 Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.

28 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.

29 Verder, as daar by ’n man of vrou ’n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,

30 en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.

31 Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.

32 Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,

33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog ’n keer sewe dae lank opsluit.

34 Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.

35 Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,

36 en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.

37 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.

38 Verder, as ’n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,

39 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.

40 En as ’n man se hoof kaal word, is hy ’n kaalkop; hy is rein.

41 En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy ’n bles; hy is rein.

42 Maar as daar in die kaalte of in die bles ’n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.

43 As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,

44 dan is hy ’n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag.

45 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang;ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!

46 Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon;buitekant die laer moet sy woning wees.

47 Verder, as daar in ’n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in ’n kledingstuk van wol of linne;

48 of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in ’n vel of enige leerwerk;

49 en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerpliggroen of rooierig is, dan is dit ’n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien.

50 Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit.

51 Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag’n kwaadaardige melaatsheid; so iets is onrein.

52 Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is ’n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.

53 Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie,

54 dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog ’n keer sewe dae lank opsluit.

55 As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is ’n invreting aan die agter- of aan die voorkant.

56 Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.

57 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit’n melaatsheidwat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.

58 Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was — as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word, en dit sal rein wees.

59 Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.

LEVÍTIKUS 14

Wette oor die reiniging van ’n melaatse.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hymoet na die priester gebring word,

3 en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,

4 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls ensederhout enskarlakendraad enhisop moet bring.

5 Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ’n erdepot oor vars water slag.

6 Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.

7 En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word,sewe maalsprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.

8 Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ’n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hymoet sewe dae lank buitekant sy tent bly.

9 En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue — al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.

10 En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie-tiendesvan ’n efafynmeel asspysoffer, met olie gemeng, en een log olie.

11 En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en diégawesvoor die aangesig van dieHereby die ingang van die tent van samekoms stel.

12 En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg.

13 Dan moet hy die lam slagop die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; wantdie skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.

14 En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit strykaan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

15 Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet in die priester se linkerhand.

16 Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van dieHere.

17 En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.

18 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word.So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van dieHere.

19 Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.

20 En die priester moet die brandoffer endie spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.

21 Maaras hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiendevan ’n efafynmeel met olie gemeng as spysoffer, en ’n log olie;

22 ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe — wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer.

23 Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van dieHere.

24 En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg.

25 Dan moet hy die skuldofferlam slag,en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

26 Ook moet die priester van die olie in die priester se linkerhand giet.

27 Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van dieHere.

28 En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.

29 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van dieHere.

30 Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —

31 die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van dieHere.

32 Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was,wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.

Melaatsheid van huise.

33 VERDER het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

34 As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julleas besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,

35 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar’n plaag in die huis is.

36 En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.

37 As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,

38 dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.

39 Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,

40 dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi.

41 En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op ’n onrein plek weggooi.

42 Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.

43 Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en dit gepleister is,

44 moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit’n kwaadaardige melaatsheid in die huis; dit is onrein.

45 Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op ’n onrein plek uitbring.

46 En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.

47 En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.

48 Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.

49 Dan moet hyom die huis te ontsondigtwee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

50 en die een voël in ’n erdepot oor vars water slag.

51 Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

52 So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

53 Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.

54 Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oorskurfte

55 en oormelaatsheid van klereen huise

56 en oorswelsels en uitslag en ligte vlekke,

57 om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.

LEVÍTIKUS 15

Wette aangaande onrein mans en vroue.

1 VERDER het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:As enige man ’n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.

3 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog — dit is ’n onreinheid in hom.

4 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.

5 En elkeen wat aan sy bed raak,moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

8 En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

12 Ookdie erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word,moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.

14 En op die agtste dag moet hy vir hom tweetortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van dieHerekom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;

15 en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer;so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van dieHere.

16 Enas daar van ’n man ’n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

18 En wat die vrou aangaan met wie ’n man vleeslike gemeenskap het — altwee moet ’n bad neem ensal tot die aand toe onrein wees.

19 En as ’n vrou ’n vloeiing het,endie vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20 En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24 Enas ’n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

25 Enas ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloeioor die tyd vanhaar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haarmaandelikseonreinheid; sy is onrein.

26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haarmaandelikseonreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haarmaandelikseonreinheid verontreinig is.

27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

28 Maaras sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.

29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.

30 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van dieHere.

31 So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie — deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is,verontreinig.

32 Dit is die wet vir hom wat ’n vloeiing het en vir hom van wie ’n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;

33 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan ’n vloeiing ly, man of vrou, en vir ’n man wat met ’n onreinvrougemeenskap het.

LEVÍTIKUS 16

Die groot versoendag.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek nádie dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van dieHerenader gekom het;

2 en dieHerehet aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hynie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; wantEk verskyn in die wolk op die versoendeksel.

3 Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan:met ’n jong bul as sondoffer en ’n ram as brandoffer.

4 Hy moet’n heilige linnerok aantrek en ’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en ’n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; enhy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.

5 Envan die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.

6 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring envir hom en sy huis versoening doen.

7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van dieHerestel by die ingang van die tent van samekoms.

8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir dieHereen een lot vir Asásel.

9 Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir dieHereop gekom het en hom as sondoffer berei;

10 maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van dieHeregestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

11 Aäron moet dandie sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,

12 en dievuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van dieHerewegneem; daarby twee handevolfyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.

13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van dieHere, dat die wolk van die reukwerkdie versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.

14 Enhy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.

15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloedbinnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

16 Somoet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.

17 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.

18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van dieHereis en daarvoorversoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk

19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.

20 En as hy dieversoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;

21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; enhy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.

22 So moetdie bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.

23 Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.

24 En hy moet sy liggaam op ’n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sybrandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.

25 Ook moet hydie vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.

26 En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was ensy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.

28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

29 En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees:in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.

30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doenom julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van dieHererein word.

31 ’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ’n ewige insetting.

32 En die priesterwat gesalf en aangestel sal wordom in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; enhy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek

33 en versoening doen vir dieAllerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms endie altaar versoening doen, en virdie priesters endie hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.

34 En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondeseen maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos dieHereMoses beveel het.

LEVÍTIKUS 17

Net een offerplek.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat dieHerebeveel het:

3 Elkeen uit die huis van Israelwat ’n bees of ’n lam of ’n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,

4 en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan dieHere’n offer voor die tabernakel van dieHerete bring nie — as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié manuitgeroei word onder sy volk uit;

5 sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan dieHereby die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan dieHerekan slag.

6 Danmoet die priester die bloed teen die altaar van dieHereby die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir dieHere.

7 En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan dieveldduiwels agter wie hulle aanhoereer nie. Dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees vir hulle geslagte.

8 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef,wat ’n brandoffer of ’n slagoffer bring,

9 endit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir dieHerete berei nie — dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

Verbod om bloed te eet.

10 EN elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef,wat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesigrig en hom uitroei onder sy volk uit.

11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegeeom vir julle siele versoening te doen; wantdie bloed bewerk versoening deur die siel.

12 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.

13 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hymoet die bloed daarvan laat uitloop en ditmet grond toemaak;

14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.

15 En elkeen wat aas eet of ietswat verskeur is, ’n kind van die land sowel as ’n vreemdeling, moet sy klere was en’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.

16 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie,moet hy sy ongeregtigheid dra.

LEVÍTIKUS 18

Wette met betrekking tot huweliksake en kuisheid.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:Ek is dieHerejulle God.

3 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; envolgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.

4 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is dieHerejulle God.

5 Hou dan my insettinge en my verordeningewat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is dieHere.

6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is dieHere.

7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder — jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

8 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.

9 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.

11 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is — sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

12 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

13 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.

14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

15 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

16 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

17 Jy mag die skaamte van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

18 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie.

19 Ook mag jy nie naby ’n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.

20 Enjy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

21 En van jou kinders mag jy nie gee om virMologdeur die vuurte laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is dieHere.

22 Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.

23 En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ’n gruwelike vermenging.

24 Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie,want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

25 Sohet die land dan onrein geword; en Ekbesoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.

26 Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.

27 Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

28 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.

30 Daarom moet julle my ordening onderhouom niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is dieHerejulle God.