LEVÍTIKUS 12

Wette oor die reiniging van ’n vrou.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees;soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.

3 En op dieagtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

4 Dan moet sy drie-en-dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

5 Maar as sy ’n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haarmaandelikseonreinheid. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die reinigingsbloed bly.

6 Enas die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;

7 dié moet dit offer voor die aangesig van dieHereen vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ’n seun of ’n dogter.

8 Maar as sy ’n lam nie kan bekostig nie, moet sytwee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer;en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 + 17 =